🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. Kosbare Bruide,
    Vir die wat wag vir ‘n gerestoreerde huwelik.
    Die belofte wat ek vandag wil deel :
    “Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou” (1 Kor 7:14)
    “Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Tog het Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie” (1 Kor 11:11)
    Dis ‘n belofte van God en niks kan dit breek nie!
    Moenie verder aan jou man en wat hy doen dink nie, moenie in jou man se pad staan nie, moenie slegte gedagtes koester nie en moenie hartseer en bekommerd wees nie.
    Begin sommer nòu die gelowige vrou wees wat God jou vra om te wees!
    Draai na Hom toe en Hom alleen! Luister na Hom sodat Hy jou kan vorm na die vrou van SY hart.
    Wees bly oor die belofte, wees bly dat satan dit nie kan steel nie, juig in die Here!
    Satan gaan jou probeer mislei, moenie vir hom luister nie, hy is ‘n leuenaar!
    Hou hierdie vers in jou hart en doen wat God van jou met hart en siel en GLO dit. Hoe kan ons nie glo nie? Dis ‘n belofte van God!

  2. Jy is geseend omdat jy vertrou het dat die Here sal doen wat Hy gese het Luk 1:45

    Wees bemoedig Jesus het als oorwin sodat jy in vreugde vrede en oorvloed kan leef Hy is jou geneeser Voorsiener en jou Verlosser daar is niks te moeilik om op te los nie jou toekoms is mooi Johannes 20:14

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui