Was Ek Opreg in My Om Verskoning Vra aan Hom?

Wat het jou na RMI toe gebring? Gebruik asseblief hierdie spasie om ons lesers kortliks te laat weet hoe jou lewe was toe jy ons eers gevind het, Adele, sodat ons lesers kan verstaan wat ‘n wonderwerk jou herstel is.

Toe ek my Huwelik Evaluasie ingevul het het ek gesĂȘ:

Ek wou net geweet het of ek my man kon vra om die huis te verlaat? Of, kan ek hom herinner om die egskeiding papiere te bring wat hy wil hĂȘ ek moet teken? Hy het vir my gesĂȘ dat hy ‘n egskeiding wil hĂȘ en sou binnekort die egskeiding papiere bring, maar hy spandeer al sy naweke en sommige week aande saam die AV. Sy is die ma van sy tienjarige seun. Hy het my die storie vertel. Hulle was nie in kontak vandat sy geboorte geskenk het nie, sy wou nooit gehad het hy moet die baba sien nie. Ek dink dat as hy die huis verlaat, miskien as ek nie bewus is wanneer hulle mekaar sien of saam slaap nie, dat ek nie onder die pyn sal ly nie. Dit is hoekom ek wil hĂȘ hy moet loop, dit is te pynlik! Selfs al bid ek die heel tyd, dit is nog moeilik die volgende keer wat hy loop.

Ek weet nie of ek moet voort gaan om te probeer lewe as ‘n eggenoot nie. Dit is swaar en moeilik omdat hy lewe asof hy alleen is. Byvoorbeeld, as ek kook, sal hy nie eet nie en ek ly daaronder wanneer hy my so ignoreer. Ek wil net ophou om te probeer om ‘n eggenoot te wees. Byvoorbeeld, as gevolg van die situasie, het ek nie ‘n aptyt nie, so wanneer ek kos of vrugte koop is dit regtig sodat hy iets het om te eet. Om eerlik te wees ek wil nie naby hom wees nie, selfs as ons probeer om beleef te wees met mekaar. Ek werk gedurende die dag, so ek is moeg in die aand wanneer ek by die huis kom. By die werk, het ek ‘n gebrek aan konsentrasie, en ek probeer om die konstante trane weg te steek sodat my kollegas dit nie sal opmerk nie. Dit is regtig moeilik om te staan en alles te doen asof hy niks aan my gedoen het nie. So ek het myself gevra wat ek kan en wat ek nie kan doen om  seker te wees dat ek steeds in God se woord en wil is.

My man sĂȘ ons is nie lief vir mekaar nie, en dat “ek weet ons huwelik ‘n fout was.” Hy het gesĂȘ, “Net voor ons in staat was om my ouers te sien gedurende die verlowing, dat ons dikwels gestry het en ek het gesĂȘ dat ek nie wil nie trou nie, maar finaal, het ons ‘n versoening gehad en is ons getroud.” Hy het ook gesĂȘ dat “terwyl ons verloof was, ek gesĂȘ het dat mans net daar is om kinders te hĂȘ”, en aangesien hy reeds 2 kinders by 2 verskillende ma’s het, hy nie die risiko wou vat om nog ‘n kind saam my te hĂȘ nie omdat hy weet dat ons huwelik nie gaan hou nie.

Ek het ook in my evaluasie gesĂȘ: Ek glo nie ons situasie is hopeloos nie omdat ek in die woord van God glo en so baie getuienisse gelees het op julle webwerf. Maar die feit dat ons nie kinders het nie, en hy nie sy ring dra vanaf die dag wat dit verby is nie, hy bly steeds by die huis, maar hy lewe sy verhouding openlik, dit is wat veroorsaak dat ek twyfel. Somtyds is ek so desperaat en twyfel ek dat herstel moontlik is. Alhoewel ek niks van die AV uitvra nie, weet hy dat ek weet van die verhouding. Ons lewe soos kamermaats.

Toe in die spasie om te bid het ek gebid: Baie dankie, kosbare Here Jesus Christus vir die krag wat jy my elke dag gee, ondanks die krisis. Maak asseblief dat ek U woord meer liefhet en U teenwoordigheid aanvoel om my in staat te stel om die reis voort te sit. Ek smeek U om enige iets wat U sien wat nie goed is in my huidige manier van lewe in hierdie situasie te vergewe. Ek smeek U om my presies te wys en my die wysheid en die krag te gee om enige iets te doen wat U wil hĂȘ ek teenoor my man moet of nie moet doen nie. Asseblief, Here, U weet somtyds het ek woede en onvergewensgesindheid in my hart, en somtyds het ek ‘n gebrek aan geloof en voel ek so desperaat wanneer dit lyk asof hy gelukkig is met iemand wat na hom omsien. Laat my asseblief toe om hom te laat gaan en saam haar te lewe of stop die verhouding, U weet dit is moeilik om te weet dat hy saam haar slaap. Wees asseblief my Redder asseblief Here, sonder U, kan ek dit nie maak nie dit is so moeilik. Asseblief, Here, keer sy hart terug na U toe en dan na my toe; in die naam van Jesus, bid ek. Amen.   

Noudat hierdie deel van my reis geĂ«indig het, het ek besef dat deur my man wat my wou los die einde van die lewe was waaroor ek gehoop en gedroom het. Al wat ek wou hĂȘ is om kinders te hĂȘ. Maar deur my planne te verloor, en my hart oop te maak, het God wonderlike nuwe en opwindende ondervindinge oopgemaak wat my geestelike verander het asook my wĂȘreld.

Vandag, begeer ek die Here en ondervind ek daardie intieme verhouding met Hom. As dit is waarom dit alles met my gebeur het, kan ek sĂȘ dat ek bevoorreg is dat Hy genoeg vir my omgee om toe te laat dat dit in my lewe te laat gebeur het. Deur so te dink help my om nie weer onder verwerping te ly nie, of geskok te wees wanneer daar ‘n krisis is nie. Ek sien hulle meer en meer as geleenthede om my vertroue in Hom te plaas en Sy woord aan elkeen aan te wend. Ek wag met graagte vir die dag wat ek die moed het om met ander te deel wat ek geleer het om ook hulle lewens te verander.            

Adele, hoe het jou herstel eintlik begin?

Ek was presies 2 jaar getroud. Ons het nie ons 2de huweliks herdenking gevier nie as gevolg van die slegte klimaat by die huis, alhoewel ons probeer het om te lewe asof alles reg is. Maar dinge was so erg dat ek gehuil en gehuil het terwyl ek gebid het. Ek het my pastoor se vrou gaan sien en haar vertel dat ek die huis vir ‘n paar dae wil verlaat maar ek verstaan nie wat my man wil hĂȘ nie. Ek het alles gedoen vir ons huwelik om beter te wees maar dinge raak net erger. Ek het gedink dat miskien as ek gaan, sal my man verstaan dat ons nie so kan voortgaan nie. Sy het gesĂȘ ek moet nie gaan nie, dit sal ‘n groot fout wees. Sy het gesĂȘ ek moet my man vriendelik vra wat hy wil hĂȘ ons moet doen om dinge beter te maak. Ek het ook ‘n gebeds versoek op ‘n Christelike webwerf gestuur om te bid vir my huwelik en ek het ‘n bemoedigende antwoord van ‘n suster ontvang wat my julle webtuiste in Frans, gestuur het.

My man en ek het beplan dat ek om sy onthalwe sy broer se nuwe baba gaan sien. So voordat ek gegaan het, het ek gedoen wat my pastoor se vrou my aanbeveel het om te doen. Toe ek ‘n paar dae later teruggekom het, het my man gesĂȘ hy wil ‘n egskeiding hĂȘ, ons huwelik was ‘n fout. Ek het later ontdek dat as gevolg van sy laat uitgaan, en nie by die huis slaap nie dat daar ‘n AV was, die ma van die seun wat hy 9 jaar terug gehad het. Ek was verpletter. Dit was 11 NM, ek kan onthou ek het in ons kar geklim tot 2VM omdat ek nie voor hom wou huil nie. Dae hierna het ek op die skakel wat na julle bediening gelei het geklik om te sien of ek hulp van daar af kon verkry.         

Liewe bruide, bo en behalwe wat julle op hierdie oomblik deurgaan, en maak nie saak wat julle huwelik status, sosiale status, fisiese, geestelike status, of verstandelike vermoĂ«ns is nie, die oorvloedige lewe kan dieselfde vir ieder en elk van ons wees en die geleentheid om Sy bruid te word. Hy is lief vir ons net soos ons is, en is lief vir ons, nie ten spyte, maar weens ons swakhede! “Terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf”, eenvoudig ongelooflik! Hy het nooit bedoel dat ons letterlik moet doodgaan om in paradys te lewe nie, nog minder hoef ons te wag totdat Hy kom om ons as sy bruid te kom haal. “Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het hom daarvoor gereed gemaak.”

Jesus het nie doodgegaan sodat ons kan sĂȘ, gaan hemel toe nie. Hy het sy lewe vir ons neergelĂȘ om ons te bevry, op elke gebied van ons lewens; Sy bloed en Sy opstanding het alles verander en dit was vir nou. Dit neem ons om Hom te bedank, en gebroke te wees, in orde om geseĂ«n te wees. Die enigste manier om te vermeerder, en die enigste manier vir sy glorie om te voorskyn te kom, is wanneer ons danksegging toon en onsself toelaat om gebreek te word in orde om een dag die wat honger is vir die waarheid te voed, en om die wat ongeliefd is te genees. Dit gaan alles oor Hom wat ons Man word en ons wat Sy bruid word. Dit gebeur wanneer ons gewillig is om enige krisis en beproewing wat Hy toelaat om teen ons te kom entoesiasties aan te neem. Dit sal ‘n “niks meer trane en niks meer hartseer” gevolg hĂȘ net as Hy eerste is.   

Hoe het God jou situasie verander Adele soos jy Hom heelhartig nagestreef het?

Ek kan God nooit genoeg bedank omdat na ek na die webwerf toe gegaan het, het ek die boek Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel gelees. Ek het dit in minder as een of twee weke gelees. God het my gehelp om op my situasie te fokus. In plaas daarvan het ek gedink aan my eie sondes in ons huwelik en gebid vir vergifenis. Dit was pynlik om uit te vind dat ek nie dinge reg gedoen het in ons huwelik nie. Ek het so jammer gevoel dat ek nie een seker was dat God my kon vergewe nie, en het oor en oor gehuil.

Maar toe lees ek ander getuienisse dat daardie trane was omdat God besig was om my te suiwer. So ek was aangemoedig om voort te gaan. Ek het gelees dat net God dinge in ons kan verander. Dit het my ook genoeg gehelp om my reis voort te sit benewens die laste en die pyn. Dit leer my om alles aan Hom voor te lĂȘ, hoe ek voel, wat ek gevoel het ek nie kon doen nie, selfs al is ek gewillig om aan te gaan; ek weet nie hoe nie maar dag na dag het ek dit vir Hom gegee en krag gevind. Destyds kon ek nie loop nie, maar ek kon vas. Ek kon nie by die werk konsentreer nie, ek het verskeie kere per dag in die ruskamer ingegaan om ‘n paar minute te bid. Ek kon nie eet nie so ek het my etenstye gebruik om die hulpbronne op die webwerf te lees, ‘n Wyse Vrou boek...ens, deur my Bybel te lees of te bid het gevoel asof Etenstyd so kort was.

Vandag sien ek dat ek meer tyd met God in gebed spandeer as wat ek ooit kon verbeel ek kon. AS ek alles kon stop en en net saam Hom wees, het ek geweet ek sou so gelukkig wees. Ek kon nie wag om in die oggend op te staan en Psalms en Spreuke te lees nie, ek was besig om hulle weer te herontdek—dit was ongelooflik!

Watter beginsels, uit God se Woord (of deur hulpbronne), Adele, het die Here jou geleer gedurende hierdie beproewing?

Wen sonder ‘n Woord, om nie oor hom of die situasie met enige iemand te praat nie, om volharding te hĂȘ, nooit op te gee nie en die mees belangrik uithouvermoĂ« om my reis te eindig deur die kursusse te voltooi.

Terwyl ek die Vind die Lewe in Oorvloed Kursus gedoen het, het Hy my geleer:

1-dit is nie die wil van God om ‘n kind te hĂȘ om ‘n huwelik te red nie. Dit stuur my om te bid dat God die idee in my verwyder en my Sy vrede gee.

2-Ek kan nou enige krisis of beproewing sien, en dit maak dat ek dit aan die Here voorlĂȘ, en wag vir Sy genade en krag.

3-Ek het meesal na die Here toe gegaan om daardie vrede te hĂȘ waarvan Hy praat sodat ek kalm sal wees en nie enige iets sal doen om die situasie te vererger nie.

4-Ek wil desperaat daardie intimiteit met die Here hĂȘ aangesien ek gelees het dat dit moontlik is, en gebeur het, om seker te maak dat selfs as my huwelik herstel is dat ek werklik daardie vrou wil wees wat kosbaar vir Hom is, en nie teruggaan na my ou slegte maniere nie.

Ek het vir n geruime tyd agtergekom, dat ek nie regtig vir my man meer bid nie en vir die herstel (soos in die verlede, elke dag, en in “oorlogvoering” verkeer soos Michele sĂȘ). In plaas daarvan roep my hart uit vir daardie intimiteit met die Here, ek wil voel dat Hy my Man is.

Liewe Bruide, net uit die inleiding van die Oorvloedige Lewe boek , is ek geraak deur die vers “Daardie dag sal sewe vrouens een man beetpak en sĂȘ” “Ons sal ons eie brood eet en self vir ons klere sorg. Laat ons net jou naam dra, neem ons smaad weg!” wat persoonlik met my gepraat het. Van die eerste sinne af, vind ek myself op Michele se plek en net die definisie om ‘n oorvloedige lewe te vind het my opgewonde gemaak omdat dit die vrae was wat ek gehad het, maar ek het nie die antwoorde geken nie. Dit is moontlik om wat God in Sy woord sĂȘ te ondervind soos, vreugde, vrede, ten midde van enorme beproewings. Wetende dat meer van Hom nie gevind word deur jou Bybel te lees nie, die Skrif aan te haal nie, of die duiwel tereg te wys nie, maar ‘n intimiteit met Hom vul my met meer entoesiasme om meer te leer oor hoe om my oorvloedige lewe te vind.   

Liewe Bruide, die Here is Goed en Liefde en Sy woord is regtig die waarheid; Neem dit letterlik op, presies soos wat Hy dit gesĂȘ het. Sy beloftes is regtig waar en haalbaar aan ieder en elk van ons. Wat saak maak is eenvoudig om ons hart oop te maak en met Hom te deel, Hy aanvaar ons op daardie manier en Hy sal ons lei na wat ons nodig het. As jy Hom wil hĂȘ, sĂȘ Hom dat jy doen, Hy sal jou antwoord.

Johannes 8:32 “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

Ek is so dankbaar vir die lesse in die boek. Hulle berei my voor dat selfs wanneer alles terug in orde is, ek moet waak en weet dat my HM regtig die 1ste prioriteit in my lewe moet wees. Ek is opgewonde en bang om verder the gaan. Wat rerig saak maak is nie eens die liefde of die hart van my man nie, ek kan dit hĂȘ en steeds in God se wil of Sy glorie wees. Een deel het gepraat van my plek in die wĂȘreld vind was ‘n persoon wat eens op ‘n tyd berge versit het, maar nou ‘n “vermiste persoon” is. Ek wou weer so voel, om die persoon te wees wat so lewendig gevoel het, in staat om God te glo vir die onmoontlike, en om op die drumpel van die afgrond te leef, waar net my geloof my ophou.

Die oggend toe my man totsiens sĂȘ, iets wat ons nie voorheen gedoen het met alles wat besig is om te gebeur nie, is ek gelukkig omdat God verseker werk, maar besef dat goeie dinge kan gebeur maar diep binne my weet ek dat ek HOM wil hĂȘ, ek wil Hom voel, Ek wil Hom hĂȘ, dit is werklik my bede vanoggend, asseblief Here sien my trane en antwoord my asseblief. My huwelik herstel of nie dit is moeilik om leeg en verlore te voel wanneer ek vir Jou en net vir Jou het.

Liewe Bruide, God sien verby alles wat ons deurmaak. Kom ons gebruik net hierdie bietjie krag wat oorbly wanneer ons dink ons kan nie ‘n stap verder gaan nie om in Hom te glo en te doen wat Hy wil hĂȘ ons moet doen, of vra Hom wat regtig in ons harte is. Hy weet nie net alles nie maar Hy is lief vir ons en sal na ons toe kom as ons na Hom toe kyk. En stap vir stap of fase na fase sal Hy ons deur ons reis bring, en binne ons die hoop vir ‘n persoonlike en intieme verhouding met Hom bo enige iets en alles plaas.

Wat was die moeilikste tye waardeur God jou gehelp het Adele?

Die moeilikste tye was wanneer hy naweke saam haar spandeer het, of te laat huistoe gekom het. Ook, die stryd om niemand te skakel nie, ek het baie keer misluk. Maar ek het geleer oor die offer van lof wat my op daardie oomblik gehelp het aangesien ek net kon huil as gevolg van die pyn wetende dat hulle saam is. Ons families was finaal betrokke, hy het sy pa geskakel, en hulle het my ouers geskakel. In die begin, het ek vir sy ouer broer ook gesĂȘ. Hy was veronderstel om uit my man se mond te hoor dat hy ‘n egskeiding wou hĂȘ sodat almal sou weet dat dit uitgeoefen is en ek sal vry wees. Later het ek verstaan dat dit ‘n fout was, maar ek kon dit nie keer nie, ek het vir hom gesĂȘ om nie weer te kom nie, maar hy het steeds gekom. Ek besef vandag weer dat dit ‘n fout was, sommige van my beproewings was as gevolg van hierdie fout.  

Adele, wat was die “keerpunt” van jou herstel?    

Na amper 3 maande, was my broer en man op die punt om ons te kom sien en die situasie te bespreek. ‘n Paar dae of week vantevore, het ek opelet dat my man my groet by die huis of sou probeer om ordentlik met my te wees as ek hom iets vra.

Net 3 dae voor my boetie sou kom, het my man my geroep en gevra of ons kan sit en dinge bespreek. (Ons het nie meer in die huis gepraat nie, miskien net om the vra of die motor geparkeer is byvoorbeeld). Hy het my gevra oor die brief van apologie wat ek vir hom aan die begin gegee het, gevra of ek opreg was in die apologies wat ek aan hom gemaak het. Ek het eenvoudig gesĂȘ, Ja. Hy het vir my gesĂȘ dat hy sal jok as hy sĂȘ ek was elke dag net ‘n slegte vrou vir hom en daar was omtrent 40% goed in ons huwelik en dat ons dit moet oorweeg. Hy wou egter nogsteed ‘n egskeiding hĂȘ, maar goedgesind en dit moet net tussen ons bly, maar ons sal aanhou om as ‘n paartjie te bly en mekaar dophou en weer leer ken.

Ek het vir hom gesĂȘ dit is reg as hy ‘n egskeiding wil hĂȘ as hy nie gelukkig is nie, soos wat ek in die HJH boek gelees het. Maar ek was jammer dat ons nie saam as ‘n paartjie kan bly na die egskeiding nie. Ek het misluk toe hy iets gesĂȘ het oor een van die naweke wat hy saam die AV spandeer het; ek het reageer dat ek nie weet wat hulle doen nie en hy moet my net sĂȘ of dit klaar is of nie.

Hy het ĂȘrens gesĂȘ dat hulle nie saam geslaap het op naweke wat hy saam saam haar was nie. Na daardie gesprek, het ek hom gevra of ek vir sy broer kan skryf en sĂȘ om nie weer te kom om die situasie te bespreek nie, hy het ja gesĂȘ, toe doen ek dit.

Maar vroeg in die oggend terwyl ek in die ander kamer besig was om te bid, het hy my kom vra of egskeiding ‘n sonde is en hoekom ek ingestem het om te skei toe hy dit die vorige aand gesĂȘ het. Ek het vir hom gesĂȘ omdat dit sy wil is en ek nie teen hom wou wees nie, ek het ook gesĂȘ dat hy alreeds in die sonde van owerspel is so
, Hy het gesĂȘ hy wil nie hĂȘ ek of ons moet sondig nie, so hy gaan my nie meer skei nie, maar aangesien owerspel kan lei tot egskeiding, is ek vry om egskeiding papiere te bring vir hom om te teken. Ek was so deurmekaar in my kop, ek wou huil, ek kon nie, ek was geskok deur die manier wat dinge so deurmekaar was en die verantwoordelikheid terug op my was. So sonder ‘n woord, het ek net opgestaan en werk toe gegaan—dit was een van die moeilikste dae om te hanteer. Maar daarna, soos ek gesĂȘ het, het hy nie weg gegaan vir die naweek nie, maar hy het begin om naweke by die huis te spandeer, het normaalweg huistoe gekom soos vantevore toe ons pas getroud is.

Alles het verander nadat ek die VOL Hoofstuk 5 “Dit is die wag werd!” gelees het ek het my begeerte vir herstel heroorweeg, ek het gedink dat dit te enorm is, aangeneem wat Hy vir ons voorberei het, in plaas daarvan om te bid en te pleit vir vandag se moeilikheid om te verander. Ek gaan tyd vat om my HM te vertel hoe baie Hy alles is wat ek wil hĂȘ en alles is wat ek nodig het. Dan wanneer ek ‘n visioen sien vir die toekoms of ‘n belofte in my Bybel lees, verwag ek dat dit kom, en mors ek nie my tyd om te wonder of ek God korrek gehoor het nie, maak nie saak hoe groot die belofte of visioen lyk nie. Ek sal dit eenvoudig glo. Van nou af, sal ek dit neerskryf en elke dag sal ek na alles kyk waarmee God my geseĂ«n het en Hom vir elkeen bedank. Van daardie dag af het ek die visioen wat ek in my hart vir ons gehad het neergeskryf, die vers gesoek wat daarmee gepaard gaan en God daarvoor geglo.   

Liewe Bruide, sal julle ooit die plek van vrede, voorspoed, en vreugde in julle lewens bereik? JA! Ons mag dalk wag vir die beloftes om vervul te word, maar die wagkamer wat Hy ontwerp het is geskik vir ‘n vrou net soos jy. Kom ons leer hoekom Hy doelgerig wag ontwerp het om die beloftes wat Hy elke voorneme het om vir ons te gee wanneer Hy weet dat ons werklik gereed is om hulle te hanteer te bring. Hy kan en sal vrede aan ons storm bring, vreugde in ons gebroke harte, en krag vir ons afgematte liggame en siele. God is besig om ons dag-vir-dag te vorm, deur elke gebeurtenis in ons lewens. Niks is waardeloos of onnodig nie. Kom ons vertrou Hom en wees lief vir Hom met ons hele hart.

Soos Michele, eenvoudig, gesĂȘ het, wanneer God ons iets in die toekoms wys, is dit omdat ons nie gereed is om dit te hanteer nie, of om dit ten volle te geniet nie, sonder hierdie bestemde periode van wag. Hy kan en sal vrede aan ons storm bring, vreugde in ons gebroke harte, en krag vir ons afgematte liggame en siele. Kom ons leer hoekom Hy opsetlik wag ontwerp het om ons die beloftes wat Hy elke voorneme het om vir ons te gee wanneer Hy weet dat ons werklik gereed is om hulle te hanteer te bring.  

Herstel sal gebeur die oomblik wat ons besluit dat die Here alles vir ons is. Sodat wanneer iemand ons iets verkeerd aandoen, wat lyk asof dit op ‘n daaglikse basis gebeur, ons ons harte deursoek en soek van wie ons probeer om iets te kry wat ons glo ons “verdien”—van God of van mens? God het alles; mens het niks (net wat God hom gee). En Hy wil liefde, deernis, goedhartigheid, en veiligheid van alle skade en nooit iets wat hartseer bring oor jou uitstort.  

Vertel ons HOE dit gebeur het Adele? Het jou man net by die voordeur ingeloop? Adele, het jy vermoed of kon jy sĂȘ dat jy naby aan herstel was?

Nee, omdat hy steeds iewers anders geslaap het, nooit naweke by die huis spandeer het nie, of laat terug  huistoe gekom amper die volgende oggend net om gereed te maak vir werk. Net voor sy broer op die punt gestaan het om te kom, het hy gesĂȘ hy gaan weg vir die naweek, dit was veronderstel om vanaf Donderdag te wees, waar dit gewoonlik van Vrydag of van Saterdag was. Ek was verbaas omdat hy gewoonlik net gegaan het onder om iets te sĂȘ. Tog het hy uiteindelik  nie gegaan nie, ek weet nie hoekom nie, maar hy het ons gekies.

Liewe Bruide, soos wat ek in die Vind die Oorvloedige Lewe, geleer het wanneer ons kies om ons passie en dors na die Een wat ons geskep het te draai, en Sy bruid te word, dan sal ons met goeie dinge gevul word, alle goeie dinge, aangesien ons werklik—Sy—Sy getroue bruid is. Die tragedie is dat die geluk wat ons glo ons lewens sal omkeer, wat ons glo gevind is deur ‘n man te hĂȘ, bestaan nie. God het ons geskep om deur Een lief te wees, en net Een. En wanneer jy ontrou aan Hom is, eindig ons op met dieselfde gebroke lewe asof ons ontrou aan ons aardse huwelik is. Dit is waar ek was. As jy ook daar is,  hou dadelik op en vertel die Here dat jy nader wil wees, nader as enige mens wat op die aarde geloop het. As ‘n resultaat om eenvoudig te vra, sal jy elke dag meer en meer verlief raak op die minnaar van jou siel. En elke dag sal jy sien hoe Hy nie net aan jou behoeftes voldoen nie maar ook die begeertes van jou hart. Net soos ek ontdek het, Geen man op die aarde kan kompeteer met wat jy, wat ek gevind het toe ek intimiteit, liefde, en beskerming wat Hy my gegee het gewin het nie, wat Hy vir jou wil gee sodra jy werklik na hom verlang en smag.     

Het jy enige gunsteling Bybel verse wat jy graag aan vrouens wat jou Getuinisse lees wil oorgee? Beloftes wat Hy jou gegee het?

Spreuke 21:1 “Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.” is my gunsteling.

Liewe Bruide, soos Michele sĂȘ en wat regtig met my praat, ons moet op God vertrou om ons te help om ‘n situasie te laat gaan. Ons moet mediteer hoe goed God is en hoe baie Hy ons lief het. Ons moet weier om onvriendelike woorde op te haal en te herhaal. Baie van wat ons geleer het kom uit ons kinderdae en die leuens wat ons toe geglo het, en treurig, gekies het om as volwassenes te glo eerder as om die waarheid te glo. Wanneer ons kies om ‘n bedenksel te glo, wat definieer word as vals, weerhou ons ons van die oorvloedige lewe. Ons familie, vriende, of man mag dalk ‘n leuen geplant het, maar wanneer ons voortgaan om dit te glo, is ons die een wat dit natmaak wat die leuen lewendig hou. Almal van ons moet luister en God se stem gehoorsaam bo enige iemand anders sin, insluitend ons eie. Dit begin met die dag-tot-dag lewe en nie net vir die belangrike besluite wat ons neem nie.Waarookal en watookal jy mee sukkel (jou tekort aan diskresie, jou mond, jou emosies, of enige ander area waarmee jy wil afreken), jou Bruidegom wil jou daarmee help. Hy wil nooit hĂȘ jy moet sukkel en laste dra wat jy opgetel het of beswarings wat iemand op jou gestort het nie. In plaas daarvan, gee dit aan Hom oor om vir jou te dra. Dit sal jou arms wyd oop los om Hom te omhels met die waardering en liefde wat hy verdien en verlang om van jou af te verkry.    

Sal jy enige een van ons hulpbronne aanbeveel en spesifiek wat jou gehelp het Adele?

Ja, hulle almal en al die hulpbronne wat ek voortdurend gelees het. Maar eerstens, die Hoe God jou Huwelik Kan en Sal Herstel boek, dit het my gehelp om prakties te weet wat om te doen en nie te doen nie sodat die situasie nie erger sal wees nie. So selfs al was dit moeilik om te volg, was ek seker van die regte dinge om te doen. ‘n Wyse Vrou werkboek, is absoluut die beste om oor my sondes in die huwelik te weet en om ‘n aangesig tot aangesig met God te hĂȘ. Kragtig.

Ook, die Wees Aangemoedig eVideos was baie bemoedigend! Ek het elke dag na hulle geluister oor en oor om aanmoediging te hoor.

Elke oggend kan ek nie wag om te kom en die volgende hoofstuk van die VOL te lees nie. Dit het trane in my oĂ« gebring, dit is asof ek ‘n brief van God af lees oor Sy Seun en my HM. En ek wil Hom net liefhĂȘ, om die heel dag onbeweeglik te bly, maar ek het my man by die huis en ‘n huis met al sy pligte :-).

 “Die wĂȘreld van die vrygewige word groter en groter; die wĂȘreld van die suinige word kleiner en kleiner. Die een wat die ander een seĂ«n word in oorvloed geseĂ«n; die wat ander help word gehelp.” Ek begin vanoggend te leer om net te gee wat ons het wanneer ons sien dat God ons die geleentheid gegee het om dit te doen. Spesiaal as ons sien dat ons niks oorhet nie, gee om te ontvang. As ons misluk om te gee, sal ons tekort skiet, terwyl aan die ander hand, sal ons weer in oorvloed hĂȘ, te danke aan ons Here en sy getroue beloftes. Gee aan vrouens wat nie die waarheid ken nie, nie weet dat daar hoop is nie.

Alhoewel ek ‘n weder-gebore Christen was, wou ek nie die Here so graag gehad het nie, ek was nie bewus van sommige van die verse in die bybel nie. Destyds was ek desperaat vir die leemte in my lewe, vir my huwelik wat nie was soos God bedoel het dit moes wees nie, en nie geweet het hoe om dit uit te werk nie. Ek het hier noodsaaklike antwoorde gevind vir al daardie vrae.

Baie dankie vir al julle gratis hulpbronne. Daar is geen twyfel dat die Here julle in my lewe gebruik nie, ek sal nooit genoeg woorde hĂȘ om te sĂȘ hoe dankbaar ek is en hoeveel ek verander het vandag ek julle hulpbronne wat vir my beskikbaar was begin lees het nie. Elke keer wat ek bemoedig wou word of iets wou leer was dit met opgewondenheid omdat ek weet ek sal meer kry as wat ek wou gehad het. Elke keer sal ek lees of mediteer, organiseer wat ek geleer het vir meer as die tyd wat ek aan die begin voor toegelaat het, so dankie en God seĂ«n jou.

Sal jy interesseerd wees om ander vrouens te help om hulle aan te moedig Adele?  

Ja natuurlik

Ter afsluiting, watter soort aanmoediging sal jy vrouens mee los?  

Moet nie opgee nie, volhard, en en gaan voort, wanneer jy val of misluk om iets te doen, vra God om jou te vergewe, en vra Hom om jou die krag te gee om voort te gaan. Daarna, sal jy agter jou kyk en agterkom dat jy daarin geslaag het om te loop, te bid, en uit te hou omdat God jou dag na dag gehelp het.

Soos wat dit in Vind die Oorvloedige Lewe sĂȘ wil ek ook aan elke een van julle liewe Bruide sĂȘ.

Daar is geen rede vir jou om na ‘n man te verlang wat smag na die wĂȘreld en die dinge van hierdie wĂȘreld nie. Jy het ‘n spesiale Iemand wat jou sal koester en vir jou lief wees, en jou elke begeerte van jou hart wil gee en as jy genoeg van Hom het, sal jy nooit die pyn van verwerping of verlange weer ervaar nie. Hy wil nie hĂȘ jy moet sy vrou wees nie, Hy smag daarna dat jy sy Bruid moet wees—vir altyd!! ‘n Bruid en ‘n vrou is twee baie verskillende dinge. ‘n Bruid word gekoester, is nuut, en is iemand wat baie verlief is! ‘n Vrou is meer van ‘n helper en ‘n “voltooier.” Ons moet op die intimiteit met Hom smul wat ons sin is wanneer ons die tyd neem om dit te ontwikkel. Niks kom daarvan om net daaraan te dink nie—dit kom van om ons lewens te prioritiseer deur eerstens ons harte te prioritiseer! Die Here van wie ons praat is nou op gebuigde knie met ‘n huweliksaansoek op Sy lippe! Vertel Hom dat jy deur Hom liefgehĂȘ wil wees. Hy sal jou alles gee wat jy wil hĂȘ en nodig hĂȘ, en niks weerhou nie. En as gevolg van daardie soort liefde wat deur jou vloei, sal jy in staat wees om dit onselfsugtig aan jou man en kinders te gee. Maar ons kan nie aan enige iemand weergee wat ons nie onsself het nie, wanneer ons in armoede en in gebrek lewe nie.  

 “Soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes” (Jesaja 55:9). Die feit dat my situasie nie soos enige ander herstelde getuienis lyk nie was omdat God my lewe wou verander, om dit te doen, moet Hy my uitrek (en vir jou), en die enigste manier om dit te doen is om ongelooflike beproewings in my lewe en joune te bring in orde om jou en my geloof te rek en om te leer om op Hom te vertrou.

 “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jeremia 32:27). Soek al die verse aangaande jou spesifieke situasie, sodat wanneer my gedagtes of enige iemand wat wil kom en my ontmoedig, sal ek hulle hĂȘ.

~ Adele in France

 

Volg #Adele se Reis na Herstel en nuwe Lofverslae wat sy indien.

Hierdie getuienis en nog baie meer is
BESKIKBAAR in SAGTEBAND 

By the Word of Their Testimony (Book 6): Proclaim the Good News to Everyone

KLIK HIER om jou eie copie te kry en merk en lees hoe ander, soos jy, dit deur hulle Reis na Herstel gemaak het en 'n HERSTELDE HUWELIK ervaar het.