1 ||2 ||3 | 4 ||5 | 6 | 7

8 |  9  |10 ||11 |12 |13

14  |15 | 16 |17 |18 |19

20 |21 |22 | 23 | 24 |25

26  |27 |28 |29 | 30 |31

1 Januarie

“Ek behoort net aan my liefling. Hy smag na my. Kom, my liefste, kom ons gaan uit na die veld, kom ons gaan slaap tussen die lelies” (Hooglied. 7:10NLV).  

“Jy is my liefling” fluister Hy saggies vroegoggend voor dagbreek.  “Kom, my liefste, kom ons gaan uit na die veld.”  Hy neem jou na die donker horison waar daar net ‘n tikkie lig verskyn. Maar soos jy stilstaan en “stil wees,” terwyl jy jou lewe Sela, verander die lig na kleur.

Jy staan verstom oor die sonsopkoms terwyl die hemel ontplof in oranje en pienk.  Hy het jou wakker gemaak uit jou slaap om Sy skilder doek te sien, wat Hy net vir jou geskep het.  Hy het Sy lug vir jou geverf om te aanskou.  Terwyl jy die skouspel aanskou, verander dit vinniger as wat jy dit kan inneem.  Dan is dit weg.  

Beminde, kom weg saam met Hom wanneer Hy jou naam in die donker fluister.  Soek Hom vroeg terwyl Hy nog te vinde is.

2 Januarie

“Maar Ă©k sal sing van u mag, elke mĂŽre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood” (Ps.59:16). 

Elke oggend is ‘n  nuwe dag. Wat gister gebeur het is verby. Selfs die nag van rondrol en ontwykende slaap is verby—’n nuwe dag!  God het vir jou nuwe genade voorberei wat so vars is soos die nuwe dag.

Tog sĂȘ jy jou gedagtes en jou gees sukkel met die pynlike en ontstellende gedagtes van gister? Bak in die nuutheid; los dit agter!  Omhels Hom, omhels Sy nuwe dag, verwag ‘n seĂ«ning.  Ek sou moedeloos geword het “as ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie.”  Wag vir die Here!    

3 Januarie

“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheid skyn op jou” (Jes. 60:1NLV).

Staan op met groot afwagting en verwagting. Skud die gevoelens van verdrukking, van ondergang, van voorgevoelens af.  Staan op en laat jou lig skyn.  Jou Lig sal verskyn soos wat die sonsopkoms oor die oostelike horison kom.  Is jy daar, met ywerige verwagting, om Hom in die ongestoorde stilte te ontmoet?  Gaan jou “plek van rus” binne, los al jou probleme buite die deur.  Hy wag vir jou.  Staan op en laat jou lig skyn, Beminde!    

4 Januarie

“Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde” (Ps. 46:11NLV).

Hoe ken jy die gedagtes van Christus?  Hoe voel jy die teenwoordigheid van jou hemelse Vader? Wees stil.  Dit is nie in die doen nie, maar in die stilte.  Om te wag in Sy teenwoordigheid.  Om te wag vir Hom om met jou hart te praat, “Wees stil en weet Ek is God!”

Jy sal Hom ken in die stilte van die oggend, in die kalmte van die stilte.  Daar is ‘n tyd om jou siel voor Hom uit te stort, ‘n tyd om Sy woorde aan jou in te neem.  ‘n Tyd van tranerige lof oor Sy goedheid.

Rus dan.

Wees stil.

En weet . . .

5 Januarie

“As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het, sou ek dit kon verdra; as dit 'n teĂ«stander was wat my wou verneder, sou ek hom kon probeer vermy. Maar nou is dit jy, 'n man soos ek, my maat en my goeie vriend. Ons was so nou aan mekaar verbonde; opgewonde het ons saam na die huis van God toe gegaan” (Ps. 55:13).  

Beminde, Hy ken jou hartseer.  Hy is vertroud met jou smart.

Het die Here die pyn gevoel toe dit jy en Hy was wat soete kameraadskap gehad het, maar jy was weg?  Het Hy so na jou gehunker dat Hy nou jou minnaar en vriend van jou af verwyder het?  Het jy jou eerste liefde verlaat?  Los jou pyn en hardloop na Hom toe.  Hy wag met ope arms om jou te verwelkom.  Geniet die soetheid van Sy kameraadskap.

6 Januarie

“Maar diĂ© wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en word nie afgemat nie” (Is. 40:31). 

Beminde, wag en wag jy?  Wag jy vir die Here om in jou situasie te beweeg?  Moenie dat jou hart besorg word nie, moet ook nie dat jou hart bang word nie. 

Beminde, Hy is slegs besig om jou krag te hernu om jou hoĂ«r te kan vat, sodat jy met arendsvlerke kan vlieg.  Het Hy jou verwyder van diĂ© wat voorheen saam met jou gevlieg het? Het jy gevind dat jy nou alleen vlieg en nie meer in ‘n swerm nie?

Beminde, Hy het jou vlerke ontwerp om soos die vlerke van ‘n arend te wees.  Arende vlieg alleen.  Daarom moet jy wag.  Wag vir jou krag om hernu te word sodat jy met arendsvlerke kan vlieg.

7  Januarie

“Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir diĂ© wat Hy liefhet, gee die Here dit  in hulle slaap” (Ps. 127:2).

Daar is ‘n algemene beginsel, ‘n algemene tema, ‘n begrip wat deurgaans in God se Woord gevind word:  Hy gee aan Sy Beminde, selfs wanneer hy slaap.

Dit is om te rus in Hom, om op te hou streef.  Ons sal vind dat wanneer ons bekommernis en rede laat vaar, ons Sy rus kan binnegaan, en, daar in die rus, gee Hy.

Beminde, laat vaar die gedagtes van hoe Hy gaan beweeg of hoekom Hy nog nie beweeg het nie, vervang dit met vertroue, om regtig te vertrou, om vandag op Hom te leun en van Hom afhanklik te wees.  Beminde, lĂȘ dit alles in Sy arms.

8 Januarie

“Hy sĂȘ toe:  Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos ‘n hemelwese!” (Dan. 3:25).

Maak die vlamme van jou beproewings jou angstig?  Bid jy ernstig dat God jou hieruit bevry?

Tog, soos die drie Hebreeuse kinders geforseer was om the bly te midde van die vlamme van vervolging,  gee hierdie woorde ons hoop
...Lyk soos!

Beminde, soos wat jy deur jou toetse, jou beproewings en versoekings loop, sal jy alleenlik daar die voorreg hĂȘ om saam met die Seun van die Mens te loop.  Hy sal verskyn as die smeltoond van jou lewe sewe keer warmer gestel word.  Wanneer dit ondraaglik word, soek Hom, Hy is daar.

9 Januarie  

“Vandag gee die Here jou oor in my mag. . . Almal sal weet dat die Here nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!” (1 Sam. 17:46-47NLV).

Beminde, is jy uitgeput as gevolg van die geveg?  Wankel jou gedagtes soos wat jy voorberei vir die vyand se volgende aanval?  Soek jy vir ‘n geleentheid om die lyn vorentoe te skuif om sodoende veld te wen?    

Daar word vir ons gesĂȘ “die oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God!” Oorwinning is verseker met die Bevelvoerder wat nog nooit verslaan is nie.  Hy het nog nooit ‘n oorlog teen die bose een en sonde verloor nie.  Nooit nie. 

Tog, wanneer ons ons eie strategieë beplan, in plaas daarvan om te luister en die Here se bevele te gehoorsaam, word ons voortdurend in die stryd beseer.  Bly vir altyd naby Sy deurboorde sy totdat jy die sekuriteit van Sy krag voel.

10 Januarie

“Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Mat. 11:29).

Ons kan baie van ons Here en Redder leer soos wat Hy kalm op die aarde geloop het, wetende wat Sy lot was, terwyl Hy die gewig van die wĂȘred op Sy skouers gedra het. Tog met al die gewig het Hy verklaar dat Sy juk sag was en dat Sy las lig was.

In plaas daarvan om Sy juk te neem, verkies ons om bekommer te wees, te knies en om angstig te wees.  Die sorge van hierdie wĂȘreld sal Sy Woord uiteindelik versmoor en ons snak na die lewe.  Dit is op hierdie plek waar ons uiteindelik ons laste laat gaan soos wat hulle langs ons val.   

Dit is hier waar ons rus vir ons siele vind.  O, Beminde, as ons net daagliks Sy juk op ons kon neem. As ons net by Hom sou leer, want Hy was sagmoedigheid en nederigheid in ‘n liggaamlike vorm . . .

Dit is daar waar ons rus sal vind.

11 Januarie 

“U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie. My oog is al dof van ellende; die hele dag deur roep ek na U, Here, ek steek my hande in gebed na U uit” (Ps. 88:9-10).

Hoe dikwels voel ons vasgevang?  Is jou beproewings en jou situasies of omstandighede besig om jou benoud te maak?  Voel jy ingehok?  Desperaat soek ons ontsnapping.  Bekommernis oorweldig ons.  Angstigheid bou op.

O, Beminde, dit is hier waar die Here jou gebring het.  Jy is nie in ‘n tronk nie, maar in ‘n paleis wanneer jy agterkom Wie hier saam met jou is.  Dit is in hierdie plek waar jy veilig is.  Hy het jou nie hier geplaas om jou te straf nie maar om aan jou bediening te gee, lief te wees vir jou, om jou te verwyder uit die oproering van die dreigende oorlog net buite die beskermende mure waarin Hy jou hou.  Moenie probeer om te ontsnap nie.  Rus hier. Verheug hier. 

Jy is in Hom weggesteek. Wees stil. 

12 Januarie

“Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek” (Rom. 7:15).

Hunker jou hart daarna om ontslae te raak van sonde in jou lewe, om die gewoontes en geleenthede te verander om verkeerd te doen?  Voel jou siel seer en angstig soos wat jy terugkyk en die foute agter jou sien wat jou huidige staat agtervolg?

Beminde, daar was net Een wat op die aarde geloop het wat sonder sonde was—Jesus alleen.

Dit is net in Hom wat ons moontlik vir altyd kan verander.  Dit is net om in  Sy teenwoordigheid te sit, met ‘n hunkering na Hom in ons gees, wat ons nuut gemaak kan word.  En sodra ons nuut is, kan ons terugkyk na ons sondes en bly wees dat Hy ons vergewe het en ons nou perfek maak.

13 Januarie

“Die slaaf het hom na sy ma toe gedra. Hy het op haar skoot gelĂȘ tot die middag, en toe is hy dood. Sy het hom boontoe gedra en hom neergelĂȘ op die bed van die man van God, en toe sy uitgaan, het sy die deur agter haar toegetrek. . . Toe die man van God haar op 'n afstand sien aankom, sĂȘ hy vir Gehasi sy slaaf: ‘Dis mos die Sunemmitiese vrou daardie. Hardloop haar tegemoet en vra vir haar: Gaan dit goed met jou? Gaan dit goed met jou man? En met jou seun?’ Vir Gehasi het sy gesĂȘ: ‘Dit gaan goed’” (2 Konings 4:20-26).  

Dink oor die woorde van hierdie moeder toe sy die profeet se boodskapper ontmoet het: “Dit gaan goed . . .”

Net oomblikke vantevore het sy haar enigste seun van haar oudag, in haar arms gehou.  Sy het gesien hoe hy sy laaste asem uitblaas.  Sy het die trappe opgeloop met sy lewelose liggaam:  Sy het haar seun, dood, op die bed neergelĂȘ.

Tog haar woorde . . . “Dit gaan goed . . .”

Die liedjie  “It Is Well with My Soul,”  was geskryf en gesing gedurende die diepste tragedie, toe ‘n man sy hele familie verloor het.

Beminde, gaan dit goed met jou?  Is jy in vrede met die Een wat nog steeds in beheer is, alhoewel omstandighede anders wys?  Is jy lief vir Hom en vertrou jy Sy goedheid, krag en soewereiniteit genoeg om te antwoord “dit gaan goed”?

 14 Januarie 

“Hoewel hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is” (Heb. 5:8). 

Hoekom moet lyding die gelowige se metgesel wees?

Het ons die lyding van Christus en die vervolmaking wat dit in selfs in ‘n perfekte lewe gebring het vergeet? “Hy het gehoorsaamheid geleer . . .” 

Ja, dit is baie nodig in die lewe van die gelowige.  Gehoorsaamheid.  Om in Sy perfekte wil te leef, nie te swig voor persoonlike impulse wat kan veroorsaak dat ons wegdwaal uit die perfekte wil van God nie.  En terwyl ons op die nou pad loop, verwyder Hy ons laste, wat ons vir te lank op ons rûe gedra het, laste wat deur die vurige beproewings verbrand word wanneer ons verkies om deur die lyding te loop, eerder as om ons rûe te draai op Sy wil vir ons lewens.

Lyding leer ons gehoorsaamheid.  Kom ons wees gehoorsaam.

15 Januarie

“Lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droĂ« wĂȘreld” (Jes. 35:6).

God mag jou dalk in die woestyn in gestuur het, nie sodat jy moet doodgaan nie, maar lewe!  Vir die Israeliete om die beloofde land te bereik het, was daar vereis dat hulle deur die woestyn moes trek.  DiĂ© wat gemompel en gekla het, diĂ© wat nie op God se goedheid vertrou het nie, maar Hom instede beskuldig het van “uit te bring om dood te gaan,” het nooit die goeie land geproe nie.

God het jou nie net uit Egipte (die wĂȘreld) en slawerny (sonde) verwyder nie, maar Hy lei jou na ‘n land waar daar geen “ behoefte” sal wees nie.  Op hierdie reistog, sal Hy jou strome in die woestyn wys, seĂ«ninge te midde van jou dorstige siel.

15 Januarie

“Lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droĂ« wĂȘreld” (Jes. 35:6).

God mag jou dalk in die woestyn in gestuur het, nie sodat jy moet doodgaan nie, maar lewe!  Vir die Israeliete om die beloofde land te bereik het, was daar vereis dat hulle deur die woestyn moes trek.  DiĂ© wat gemompel en gekla het, diĂ© wat nie op God se goedheid vertrou het nie, maar Hom instede beskuldig het van “uit te bring om dood te gaan,” het nooit die goeie land geproe nie.

God het jou nie net uit Egipte (die wĂȘreld) en slawerny (sonde) verwyder nie, maar Hy lei jou na ‘n land waar daar geen “ behoefte” sal wees nie.  Op hierdie reistog, sal Hy jou strome in die woestyn wys, seĂ«ninge te midde van jou dorstige siel.

16 Januarie

“U het vir hulle brood gegee uit die hemel toe hulle honger was, vir hulle water uit ‘n rots laat stroom toe hulle dors was. U het gesĂȘ hulle kan die land in besit kom neem wat U met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee” (Neh. 9:15).

Beminde, is jy dors? Veroorsaak jou situasie of jou omstandighede dat jy uitdroog?  Die Here kan vir jou water uit ‘n rots laat stroom.

Vertrou dat Hy in al jou behoeftes sal voorsien.  Moenie soos diĂ© wees wat toegelaat het dat teĂ«spoed hul geloof verswak nie.  In plaas daarvan, trek nader aan die tent van die Almagtige soos wat Josua gedoen het en laat toe dat jou tekort en jou woestynland jou geloof in Hom versterk.  Weet dat daar ‘n Jordaan sal wees wat oorgesteek moet word, ‘n muur van Jerigo wat moet val en dit sal geloof en geestelike durf verg om te oorwin.

Wanneer jy ‘n hindernis in jou pad sien, ‘n klip of ‘n rots, onthou God is in staat om lewende waters daaruit voort te bring.

17 Januarie  

“DiĂ© wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart” (Ps. 37:11).

Het jy gehunker, liewe heilige, na geestelike krag, na ‘n getuienis wat die koppe sal laat draai van diĂ© wat die Here nodig het?  Het jy al vir so lank in middelmatigheid gelewe en gesmag na die oorvloedige lewe?

Waarna jy al vir so lank smag en soek, kan jy nou verkry.  Laat die Here toe om die bodem van die vlak strome waarin jy geseil het, uit te grawe sodat jy in die dieper en vinniger riviere van jou lewe kan ingaan.  Gou, soos wat jy jou aan Hom oorgee en nie terugdeins van die pyn of vrees nie, sal jy jouself in die groot, oop waters van die see bevind.  Dit is hier waar jou lewe sal veroorsaak dat ander notisie neem, soos die groot seilskepe van die groot see. 

18 Januarie

“Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam” (Ps. 100:4).  

Daar is ‘n plek waarheen jy moet gaan en jy moet gereeld soontoe gaan—’n plek van rus, weg van die storms van die lewe, ‘n plek van stilte en afsondering.  Daar moet jy ingaan, om in Sy teenwoordigheid te sit en op Hom te wag.  Niks kan jou gees of siel so versterk soos afsondering en om op Hom te wag nie.

Ons soek Hom dikwels in die aand, wat te dikwels in die middel van die woel en werkskaf van die dag is.  Kry eerder ‘n plek, vroeg in die oggend, weg van al die onderbrekings en gaan Sy vrede en liefde binne, en wees vir altyd verander.

19 Januarie

“As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het met gejuig en lofsang – 'n skare wat feesvier” (Ps. 42:4).

Wanneer ons liggaam siek is, soek ons ‘n dokter.  Maar na wie soek ons vir ons siek en gewonde harte?  Die Bybel vra, “Is daar nie ‘n balsem in Gilead nie? Is daar nie ‘n dokter nie?” 

Beminde, daar is ‘n strelende balsem vir jou seerkry en gewonde hart.  Gaan na die groot en magtige Geneesheer, wat ons smart ken en goed bekend is met hartseer.  Wie anders as Jesus ken verraad eerstehands, wie het diĂ© naaste aan Hom gesien omdraai en wegloop gedurende Sy donkerste oomblikke.  Dit is daar, by die magtige Geneesheer, wat jy jou siek siel van pyn, teleurstellings en verraad kan uitstort—en genees word.  Kies geen ander.

20 Januarie

“[Werp] al julle bekommernisse op Hom, wan Hy sorg vir julle” (1 Pet. 5:7).

God weet dat ons nie geskep was om laste te dra nie.  Hy vergelyk ons met skape, nie met osse  wat lasdraers is nie.  Skape is bang wesens soos ons.

Baie keer is dit die vrees wat ons siele belas, ons gedagtes met bekommernisse belas, redenering, beplanning.

Beminde, werp al jou sorge op die Here, want Hy kan jou sorge vat, elke een.  Hou niks terug nie.  Kom op die plek waar jy bieg dat, sonder Hom wat hierdie sorge van jou vat, jy nie langer kan voortgaan nie.  Dan, los hulle daar—weier om hulle gewig weer te dra.  Jy het hulle afgewerp en hulle is nou Syne om daarmee te doen wat Hy dink reg is. 

21 Januarie

“Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug” (Matt. 13:22).

Die sorge en bekommernis van jou situasie het die vermoĂ« om die Woord uit jou hart uit te wurg. Beminde, het jy gevind dat hierdie dae gevul is met bekommernis?  Dat bekommernis ‘n bekende vriend geword het? Weier hulle. Weerstaan hulle. Hardloop na Hom toe vir vertroosting.  LĂȘ hulle  by die voete van jou Beminde.

Vervang die juk van bekommernis met Sy juk van vrede.  Neem Sy juk.  Leer hoe Hy, deur gebed, Sy bekommernis oorgegee het en Sy vertroue in die Vader en Sy wil geplaas het.  Met bekommernisse weg, sal die Woord vrylik vloei en jou siel verfris.

22 Januarie

“my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie” (Ps. 25:2).

Beminde, hou jy terug eerder as om jouself totaal aan jou Redder oor te gee omdat jy bang is dat die skande van mislukking gaan volg.  Die Psalmdigter het die menslike natuur alte goed geken, om skande te vrees.  Dit is hoekom hy keer op keer met God praat, “Laat my nie beskaamd staan nie,” en sy sorge aan Hom gee.

Glo jy dat deur God totaal en heeltemal te vertrou met die uitkoms van jou situasie, saam met elke detail, tot gevolg sal hĂȘ dat jy soos ‘n dwaas lyk?  Moenie bang wees nie.  Is Hy wat jou geskep het, wat toegelaat het dat die situasie ontstaan en wat jou gebring het na hierdie plek van totale afhanklikheid op Hom—is dit nie Hy wat die heelal geskep het nie, die seisoene beheer nie en die konings van die aarde regeer nie?  Vertrou op Hom, want Hy is meer as in staat om jou te beskerm.

23 Januarie 

“Hiskaia en al die mense was bly oor wat God vir die volk beskik het, want die hele saak is vinnig afgehandel” (2 Kron. 29:36).

Beminde, is jou hart in groot afwagting vir die Here se aankoms op die toneel van jou situasie? Het jy “alles gedoen,” en wag jy nou op Sy koms?  Wag jy alleenlik op Hom, op jou redding uit die omstandighede, waar Hy jou gehou het? Soek jy nou alleenlik na Hom? Is jou hart opgewonde oor ieder en elke gebeurtenis wanneer die Here wys dat Sy hand sekerlik op jou lewe is, dat Hy bekommerd en naby is?

Wag in groot afwagting op Sy koms.  En wanneer Hy op die toneel verskyn, sal alles en almal in ‘n oogwink verander . . . skielik!

24 Januarie

“Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei” (Ps. 31:4). 

Beminde, lyk die pad vorentoe onmoontlik?  Is jou toekoms vol van die onbekende?

Jy is nie alleen nie.

Die Here het jou nie “gestuur” nie maar het jou gevra om “saam” met Hom te loop.

Is jy angstig oor wat jy moet opgee, wat Hy jou vra om agter te laat?  Hunker jy na die vrugte van Egipte, maar het vergeet van die land wat Hy jou belowe het, die land van melk en heuning? Maar, o, die woestynland wat voor ons opdoem, soos wat ek en my Redder hand aan hand staan!

Beminde, moenie laat gaan nie.  Bly naby aan Sy sy, oĂ« op Hom.  Gee jouself oor aan Sy draaie selfs wanneer dit lyk asof jy op die verkeerde pad is.  Fluister vir Hom, “Lei my, Here . . .”

25 Januarie 

“Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle mîre tegemoet. Die Here sal by julle wees” (2 Kron. 20:17).

Beminde, word jy gedwing?  Staan jy met jou rug teen ‘n Rooi See in jou lewe? 

Moenie bang wees nie.

Maar draai om.

Staan en kyk na die oorwinning van die Here in hierdie besonderse situasie. Jou Jerigo lĂȘ vorentoe, jou finale en glorieryke oorwinning, wat totale herstel sal wees.  Maar voor dit, sal jy die skeiding van die see in jou omstandighede sien:  die Here sal jou met manna voer, kos uit Sy Woord wat jou daagliks in jou wildernis sal volhou.  Hy sal jou was, reinig en verfris met vars water in jou droĂ« plekke.

Dit alles as jy op Hom vertrou.  As jy bloot net staan en kyk . . .

26 Januarie

“Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het” (Ps. 121:1-2). 

Beminde, waar kom jou krag vandaan?

Is jy moeg, afgemat of dalk moedeloos?

Al die krag wat ons ooit sal nodig hĂȘ kom van ‘n enkele bron wat altyd gereed is.  “My hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.”  Is jou behoefte regtig te groot vir God, wie jou en alles wat jy sien, gemaak het?  Is Hy nie meer as in staat nie?

Al wat Hy van ons vra is dat ons op Hom leun en Sy naam aanroep.  En dan, met geloof— want as ‘n mens nie glo nie is dit onmoontlik om te doen wat God wil—met geloof wag ons, oĂ« gerig op die hemel, “waarvandaan sal daar vir my hulp kom?”

27 Januarie

“Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jak. 1:6-8).

Beminde, word jy deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf?  Voel jy onbestendig in jou besluite, in jou doen en late? 

Dan, Beminde, lewe jy met onbestendigheid.  God sĂȘ dat diĂ© wat onbestendig is, moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.  Onbestendigheid is wat jou laat wankel.  Stel hierdie ding in jou gedagtes reg.

Twyfel jy aan God se vermoë om hierdie ding vir jou te doen?  Is daar enigiets te moeilik vir Hom?  Of voel jy dat jy gefaal het om dit te verdien?  Gee Hy nie vir ons seëninge, genade en gratis geskenke selfs terwyl ons slaap nie? Dan, Beminde, moet dit jou tekort aan gehoorsaamheid wees wat jou laat twyfel.  Stel dit vandag reg.  Wees gehoorsaam en glo dan in die goedheid van die Here. 

28 Januarie

“As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes 
!” (Ps. 27:13).

Waarom sien sommige nooit die oorwinning nie?  Word ons nie gewaarsku om nie moeg te wees om goed te doen nie?  Word ons nie belowe dat diĂ© wat tot die einde volhard, ‘n beloning sal ontvang nie? 

Die antwoord lĂȘ in net twee woorde:  “Ek glo.”

Daar is geen twyfel in daardie twee woorde nie.  Die verklaring is beslis.  Geen weifeling nie.

Beminde, is jy vasbeslote om God te glo oor waar jy staan?  Om nie te weet hoe of waar nie, maar om te weet op een of ander manier en een of ander tyd?

Ja, soos wat die Psalmdigter proklameer het, sou ek ook moedeloos geword het as ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie.  Daarom sal ek wag. 

29 Januarie 

“Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne—en dit tevergeefs? Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde . . . Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle” (Ps. 2:1-4).

Sien jy dat jou vyand tevergeefs planne smee teen die Here en teen sy gesalfde?  God sit in die hemel en lag.  Want Hy weet dat die mens se begeertes en planne nutteloos is teen die weë van die Here en Sy wil.

Soos wat ons bo die marteling styg wat ons aanval, soos wat ons die sake van hierdie wĂȘreld los en klim tot by die hoogtes van lof, het ons die vermoĂ« om af te kyk na ons omstandighede wat ons altesaam geteister het.  Ons kan nou duidelik sien, soos wat God hulle uit Sy hemelse troon sien.  Hulle pogings is vergeefs wanneer daar Een so groot is dat Hy nie bekommerd is oor die pogings en planne van die vyand nie, maar Hy spot met hulle.

30 Januarie 

“Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word” (Lukas 6:38).

Beminde, wat word benodig vir God om om jou onthalwe te beweeg? Het jy tevergeefs gewag? Het jy ‘n wonderwerk nodig vir jou huidige situasie om reg gemaak te word?  Gee dan. 

Gee alles vir Hom, hou niks terug nie.  Jy het na Hom toe gekom in nood, maar jy doen nie afstand van alles nie.  Wat hou jou terug?

Die weduwee het alles wat sy gehad het gegee en die Here het haar uit die skare uitgesonder vir alles wat sy gegee het.

Die seun met die vis en die broodjies het alles gegee wat hy gehad het, wat meer as 5,000 in staat gestel het om te eet.

Die Here het vir jou Sy lewe gegee.  Wat sal jy vir Hom gee?

31 Januarie

“Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra” (Ps. 126:6 ). 

Beminde, saai jy alhoewel jy met trane saai?  Dra jy vir ewig jou sade saam met jou selfs al is droewigheid en swaarmoedigheid ook jou metgeselle?  Dan sal jy sonder twyfel gou weer juigend kom! 

Beminde, alhoewel droefheid en trane jou daaglikse vriende is, is dit nie die tyd om die grond wat wag af te skeep nie, dis waar jou sade van geloof, jou sade om ander te troos, jou sade van liefde, jou sade van diens, ‘n oorvloedige oes sal oplewer.

Moenie toelaat dat jou omstandighede jou aandag so hou dat jy hierdie geleentheid afskeep nie. Oestyd sal kom en dié wat in trane gesaai het, sal ongetwyfeld kom en hulle vrugte van hulle arbeid saam met hulle dra.