AFR_Yvonne_RJN_Front

Inhoudsopgawe

 

1. Volslae Verwoesting

Hoofstuk 1
“Volslae Verwoesting”

Dis ’n tipiese somersoggend hier in Suid-Afrika. Miskien 'n bietjie warm, maar nie te veel nie. Ek is nog besig om in die huis rond te werk toe ek skielik die bekende getoeter van Ian se kar hoor. Selfs na al die jare laat dit my nog steeds skrik as ek dit hoor en my hart spring tot in my keel.

Vanoggend is so bietjie anders as al die ander kere, want gewoonlik het ek ‘n glimlag op my gesig en ek voel sommer vernuwe, maar die laaste paar dae was ek so emosioneel uitgeput, dat ek nie vernuwe of vriendelik voel nie, inteendeel ek voel nie eens ek kan dit “fake” nie. Ek het nog my skoonmaakklere aangehad, ‘n ou uitgerekte en jik-bevlekte donkerblou bloes met ‘n vreemde wit patroon op. Gewoonlik voor Ian, my eks, ons kinders huistoe bring, maak ek seker dat ek op my beste lyk sodat hy kan sien ek het aanbeweeg met my lewe. Vandag moet hy maar vat wat hy kry. Wat maak dit in elk geval saak?

Ek hoor die klap van die motordeur, eers 1, dan 2 en dan die laaste een. As ek mooi luister kan ek die kosbare stemme van my twee lieflike kinders, Mia, 9 en Owen haar broer wat 11 is, hoor. As hulle saam is verwar almal hulle steeds vir ‘n tweeling oor hul so baie na mekaar lyk, maar ek glo ook omdat hulle so goed oor die weg kom. Hulle is nie net boetie en sussie nie, maar ook beste vriende. Ek wonder soms of dit altyd so sou gewees het en of dit die noodlot was wat hulle so na aan mekaar gebring het nie.

“Hi, Ma” sĂȘ hulle amper terselfde tyd met ‘n vinnige drukkie. Hulle het reeds vir pappa gegroet met dieselfde drukkie voor ek die hek oopgesluit het. Hulle hardloop verby my klaar besig om te vergeet van ons twee terwyl hulle diep in gesprek oor iets huis se kant toe stap. Ek neem aan hulle praat seker maar oor wat hulle gaan doen met die res van hulle naweek.

“Hey, moenie julle tasse vergeet nie!” roep ek hulle terug. Ian kry hulle elke Vrydag by die skool, so die tasse is agter in sy kattebak. Ek kry maar solank die tasse by Ian, terwyl hulle laggend terugloop en dit by my vat. Terwyl ek besig is met die taak, sien ek Ian lyk so bietjie onrustig, asof daar iets op sy hart is. Ek steur my nie veel daaraan nie, want dit is deesdae niks ongewoons vir hom om te lyk asof iets hom jaag nie. 

Ek is gewoonlik die een wat rustig en vol vrede lyk, maar vandag is ek en Ian ewe veel in gedagte—my gedagtes maal rond in my kop en ek voel maar nogsteeds vreeslik jammer vir myself. Toe ek soos ouder gewoonte omdraai om die hek toe te maak en terselfde tyd vir Ian te sĂȘ: “Bye lekker naweek verder”, dwaal my gedagtes terug na wat gebeur het om my vir die eerste keer in jare so ongelukkig te laat voel. 

Dit was die somervakansie en soos gewoonlik het die kinders die meeste van hul vakansie by hul pa se huis deurgebring. Hierdie keer het hulle saam met hom op ‘n drie-week vakansie gegaan
 nog iets waaraan ek gewoond geraak het. 'n Vakansie is iets wat ek nie kan doen nie, want my motortjie kan nie baie ver ry nie en ek het ook nie geld om met die kinders per lug te reis nie. So dit beteken hul pa is die "lekker plek" terwyl ek die plek is waar hulle reĂ«ls het en skool toe gaan.

Nadat hulle van vakansie af teruggekom het, het die kinders, soos gewoonlik, nie veel vertel van wat hulle gedoen het nie en ek het geleer om nooit te vra nie. Hulle was slagoffers van die slegte besluite wat ek en Ian as ouers geneem het, so ek wil dit nie vir hulle erger maak deur hulle te laat voel hulle moet my inlig oor elke dingetjie wat daai kant gebeur nie. Al het hulle my gesĂȘ, wat sou ek tog met die inligting doen? Dit is baie makliker om net nie te weet nie. Die skool het begin en dinge sou na normaal terugkeer, maar daardie aand het Ian die kinders gebel om te vra hoe hulle eerste paar dae van die nuwe skooljaar verloop het.

Normaalweg sal hy vir my 'n boodskap stuur om my te laat weet hy gaan die kinders bel sodat ek kan seker maak ek is iewers anders en hulle met hulle pa kan praat sonder dat ek in die agtergrond rondhang. Normaalweg gaan sit ek op die stoep of raak besig in my kamer, maar vanaand was anders. Ek het geen boodskap gerky nie en ons was besig met aandete om die tafel. Ons het katte, so geen kos kan neergesit word nie, want hulle dink dadelik dit is hulle s’n. Die van julle met katte sal verstaan. Nou word ek gedwing om by die tafel te sit. Ek kan die kinders vra om uit te gaan, maar hoe doen ek dit terwyl hulle klaar besig is om met hom te praat. Hulle weet immers nie dat ek my altyd skaars maak as hulle pa bel nie. Ek dink nie hulle het ooit regtig eers daaraan gedink nie. So daar sit ek saam met hulle om die etenstafel terwyl hulle met hul pa gesels.

En natuurlik vanaand sal hulle die foon op luidspreker plaas en glo my ek het probeer om nie te luister nie, maar dit was amper onmoontlik. En om alles te kroon, het hulle vanaand nie net met hulle pa gepraat nie, maar ook met hulle stiefbroer, Chris, en sy ma, Elize.

Vir die eerste keer in so lang tyd het ek soos die derde wiel aan die wa gevoel. Die uitgeworpene. Die ongenooide toeskouer. Ek het van buite af ingekyk op die gelukkige gesin wat nie myne was nie. Toe kom ‘n gedagte by my op: “Miskien is ek die een wat nie veronderstel is om hier te wees nie. Miskien is ek net in die pad. Wat 'n perfekte gesin sou dit sonder my wees. As ek nie daar was nie, sou ek enigsins gemis word? Dalk sou ek net soos ‘n goeie herinnering wees wat stadig sou vervaag en in hul verlede sou verdwyn?” Daardie aand was my kussing vir die eerste keer in jare deurdrenk met my trane.

Ek het gedink die gevoel sal oor 'n dag of wat beter word, dat die donkerte wat weer dreig om my onder te kry soos in die verlede, sal verdwyn soos mis voor die son, maar maak nie saak wat ek probreer nie, ek kon nie hierdie ellendige gevoel van hopeloosheid afskud nie. My huwelik was nie net in die moeilikheid nie, dit was verby. Almal het vir my gesĂȘ dit is lankal hopeloos, voor en na die egskeiding, so hoekom het ek nog enige HOOP vir my huwelik gehad? Miskien ter wille van my kinders.

Skielik word ek uit my gedagtes geruk deur Ian se stem. Is hy nog hier? Ek het gedink hy is weg. Dit kan net een ding beteken, hy wil praat en dit beteken dat ek iets verkeerd gedoen het ... weer ... Ek het omgedraai en gevra: "Skuus het jy iets gesĂȘ?" "Ja, ek het gevra of ons kan praat," het Ian herhaal. "Wat is fout?" het ek hardop gevra, maar in my gedagtes het ek bygevoeg: “Ugh, wat het ek nou weer verkeerd gedoen?”

“Wel,” begin Ian, “ons sien dat jy nie die pennesakkies wat ons vir die kinders gegee het gebruik het nie en eerder vir hulle ander gekoop het?” Die “ons” hang in die lug en outomaties voeg ek my ma se woorde in my kop by: “Hoeveel onse is daar in jou pond?” terwyl ek nog nie heeltemal seker is waarvan hy praat nie... O ja, die pennesakkies, natuurlik, nie gedink dit sal ‘n probleem wees nie, maar nou ja, hier is ons.

Hulle het geweet ek koop vir die kinders pennesakkies, want hulle was by toe ek op die foon se luidspreker met die kinders gepraat het oor die pennesakkies. Ek wou net seker maak ek kry die regtes, want Mia was opsoek na ietsie spesifieks. Sy hou daarvan dat alles op hulle plek is, so haar sakkie moes iets wees wat sy al haar skryfbehoeftes in kon skei in verskillende kantsakkies. Ek het geen idee gehad hoekom hulle gedink het die kinders het nog sakkies nodig nie, of dalk het hulle gedink ek sal nie vir die kinders die regte sakkies koop nie, maar toe die kinders in elk geval met nog pennesakkies by die huis aankom het ek hulle gelos om self te besluit watter hulle wil gebruik. Hulle kon dit selfs uitruil met mekaar of een vir die skool en een vir die huis gebruik. Ek bedoel dit is net pennesakkies so wie gee nou regtig om, reg?

Op die ou end het die kinders die gekies wat ek vir hulle gekoop het. Miskien het hulle myne gekies om my te beĂŻndruk of omdat hulle nie my gevoelens wou seermaak nie, of dalk, net dalk hou hulle regtig meer van hulle, maar weereens, wie gee om, dit is net pennesakkies? In plaas daarvan om dit alles te sĂȘ, het ek maar net soos gewoonlik iets gesĂȘ soos “Ja, jammer dit is my skuld.”, maar dit het beter uit my mond gekom, dit was meer soos: "Ek kan hulle vra om die ander pennesakkie te gebruik, dit maak regtig nie saak nie."

Ian het gemompel dat dit oukei is en ek het gewonder hoekom dit vir hom saak maak. Dinge soos hierdie het hom nooit voorheen gepla nie, maar dan nou weer, hy het so baie verander, dit was ‘n ander Ian wat voor my gestaan het. Somtyds, net somtyds vir ‘n vlugtige oomblik sien ek die die jong man met wie ek al daai jare gelede getrou het
 

NĂĄ die pennesakkie debakel lyk Ian steeds ongemaklik en lyk nie regtig of hy pad se kant toe staan nie. Dit lyk asof hy nog meer het om te sĂȘ en my gedagtes kreun, maar my mond sĂȘ: "Was daar iets anders?" terwyl ek voel, "SĂȘ asseblief nee, asseblief nie vandag nie, ek het nie vandag die krag hiervoor nie!"

"Ja, daar is meer dinge wat ek veronderstel is om met jou te bespreek, maar wat ek gaan sĂȘ is dat ek 'n verskriklike fout gemaak het en ek het geen idee hoe om dit reg te stel nie."

Wag! Wat?

Eers het ek nie begryp waarvan die man nou praat nie. Binne daai split sekonde het al diĂš gedagtes en nog meer deur my kop gegaan: “Het iets met een van die kinders gebeur? Waarvan praat hy? En hoekom sĂȘ hy dit vir my?” Hy het seker die vrae in my oĂ« gesien en daarom het hy voortgegaan: “Ek wou jou verlede week vir koffie nooi, maar ek was nie seker hoe jy gaan reageer nie, so ek het maar gelos. Dink jy daar is enige manier waarop jy my sal kan vergewe? Ek het nie baie tyd vandag nie, maar kan ons volgende week Vrydag ontmoet vir koffie wanneer ek die kinders by die skool kry sodat ons kan praat?”

Ek was natuurlik verstom, want dit was nie wat ek verwag het nie. My gedagtes het gedraai, maar ek het ook my kinders gehad om aan te dink. Ek het grootgeword met net my ma, want my pa was ‘n alkoholis wat in en uit ons lewens geval het. So ek weet hoe dit voel om in 'n gebroke huis groot te word. Terwyl Ian volgens my in die perfekte huis grootgeword het, met 'n ma en pa, met stabiliteit. Hy het nie geweet hoe absoluut verwerp 'n kind voel wanneer jou gesin uitmekaar val en al die gevolge daarvan nie. Hy het grootgeword met die wit hortjies heining. Alhoewel ek nog aan my kinderdae dink as meestal gelukkig, was die donker dae regtig donker in vergelyking met wat Ian geken het as kind.

Ek het so bietjie oor my woorde gestruikel, maar toe ek uiteindlik ‘n sin aanmekaar kon slaan het ek gesĂȘ: “Hierdie huis is ook joune en jy is enige tyd welkom hier." Die helfte van die huis was eintlik syne en hy het die verband betaal en hy was die pa van my kinders. Ongelukkig vir Ian is daar vir hom gesĂȘ hy is nie "toegelaat" in die huis nie (maar dit is 'n storie wat ek 'n bietjie later sal deel). Dit alles het deur my kop gegaan terwyl ek dit vir hom gesĂȘ het, maar ook diep binne-in het ek onthou dat ek wel lief is vir hom en daarom het ek ingestem vir koffie die volgende Vrydag.

Terwyl ek agterna kyk hoe hy wegry in sy wit Isuzu, steeds effens verward oor wat pas gebeur het, dwaal my gedagtes terug na sewe jaar gelede. Soms is dit alles net 'n wasige herinnering, asof dit met iemand anders gebeur het, maar ander kere voel dit soos gister. Dit was die aand wat Ian hierdie noodlottige woorde gesĂȘ het, "Ek is nie lief vir jou nie en ek dink nie ek het jou ooit liefgehad nie, sou ons vandag ontmoet het, sou ons in die eerste plek nooit verlief geraak het nie." Dit was die aand toe ek gaan krap het waar ek nie moes nie. Kom ek vertel jou die hele storie soos dit ontvou het.

 

““Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.”