Hierdie week het ek aan een van my mees gebruikte bybelbeginsels gedink. Die bybel is vol versteekte edelstene, so kosbaar maar tog so duister vir die meeste predikers wie regtig nog nooit die soort intimiteit ervaar het wat meeste van ons, as bruide geseĂ«n is om te ervaar nie. Een so ‘n edelsteen wat heeltemal “lewensveranderd” is soos een van my skoondogters graag sĂȘ. Die edelsteen is om op ‘n begripvolle manier saam met ander te lewe. En, alhoewel “ander” enige geslag kan wees, het ek dit hoofsaaklik gebruik wanneer ek met ander vrouens in ons lewens gewerk het (vriendinne, susters, tannies, kollegas, skoondogters, skoonmas, ens, ens, ens). Ek glo dat dit ook werk wanneer dit op mans toegepas word, wanneer Hy ons roep om dit te doen. Tog glo ek dit is hoofsaaklik van toepasing op vrouens wie deur ons Skepper ontwerp is as uniek ingewikkeld omdat ons gelei word, gemotiveer word en dikwels beheer word deur ons harte.

Hoe dit werk is eenvoudig dit. As gevolg van pynlike seerkry, sit meeste vrouens ‘n masker op, onderdruk of ignoreer hulle die pyn wat dan, dikwels onbewus of somtyds doelbewus, veroorsaak dat hulle ander seermaak. Om ons seer te maak. Dit is met die mees moeilikste vrouens in jou lewe dat hierdie beginsel, hierdie edelsteen, so ongelooflik werk. En vir dit om te werk, moet jy ‘n sterk intimiteit met jou HM hĂȘ, wat die primĂȘre rol in hierdie beginsel speel.

Jare gelede het ek dit regtig moeilik gevind om met een van my skoondogters te werk en wat ek wou gehad het was om haar regtig regtig innig lief te hĂȘ. So ek het Hom eenvoudig gevra hoe Hy dit kon maak gebeur.

Onthou, Hy wil hĂȘ dat Sy bruide moet wees soos met wie ons Een is en Hy is die Man wat Sy lewe opgegee het “terwyl ons nog sondaars was.” Daarom, wanneer iemand onvriendelik of vermetel is of selfs beledigings na ons kant toe gooi, as gevolg van Sy liefde vir ons, kan ons lief wees vir hulle. Regtig lief wees vir hulle en nie “hulle oortredings tel nie.” Lief wees vir hulle soos wat Hy wil hĂȘ ons moet doen deur Sy liefde aan hulle oor te dra.

So toe ek Hom gevra het om my te help, wat Hy gedoen het, was dit—Hy het my herinner aan die vers wat bedoel is om toegepas te word op ‘n verhouding met ‘n vrou.

“...bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe
” (1 Pet. 3:7).

Tog, was hierdie vers hoofsaaklik ontwerp vir mans om hulle vrouens lief te hĂȘ, wat ons almal weet, kan dikwels die moeilikste uitdaging vir enige man wees, maar hierdie beginsel werk absoluut wanneer dit deur enigiemand toegepas word.

So gou as wat ek regtig met haar op ‘n “verstandige wyse” wou werk, was toe Hy die mees buitengewone ding gedoen het. Hy het vir my in my geestesoog en hart al die baie redes begin wys om haar lief te hĂȘ! Eerste was hoeveel ek geweet het en keer op keer gesien het hoe baie lief sy vir my seun was. Amper soos ‘n fliek wat speel, het Hy vir my soveel redes gewys om vir haar lief te wees. Haar regtig en werklik lief te hĂȘ.

Die volgende ding wat Hy gedoen het, was om my al die maniere te wys waarop sy seergemaak was terwyl sy grootgeword het. Soos almal, behalwe een van my vier skoondogters, het haar pa weggeloop met ‘n AV. Daar was baie meer dinge wat Hy vir my gewys het, tye of dinge wat ek van haar geweet het en selfs sommige dinge wat ek regtig nie geweet het nie en wat ek geweet het, het haar laat reageer op maniere wat minder as liefdevol was. 

Gou na ek hierdie insig met Tara gedeel het, van die beginsel af tot die besonderhede oor haar skoonsuster, het Tara, dit natuurlik, onmiddellik omhels en daarby baat gevind op dieselfde wyse as waarop ek het. En van daardie oomblik af—is dit maklik om vir hierdie spesiale vrou lief te wees soos ek geweet het Hy wou gehad het ons haar moes liefhĂȘ.

Toe, ja, natuurlik, het ons opgewonde dieselfde beginsel begin gebruik met iedere en elke ander vrou in ons lewens wanneer ons ‘n belediging in die gesig staar of ‘n uitbarsting of ‘n pynlike interaksie. Dit het om lief te wees vir ander baie makliker gemaak en ongelooflik belonend.

Nou vir wat dit nie sal doen nie.

Beteken dit dat jy nooit deur hulle seergemaak sal voel nie? Nee. Beledigings maak seer. Maar hier is hoe Hy dit ten goede gebruik. Deur ons toe te laat om die pyn van beledigings te voel, eerstens onthou ons. Dit help ons om te onthou hoe pynlik dit is om seer te kry sodat ons instaat sal wees om deernis vir ander te hĂȘ. Wanneer ons ver verwyderd is of nooit weer pyn voel nie, is dit onmoontlik vir ons om voort te gaan om deernis vir ander te hĂȘ wat seer het. Tweedens, hou dit ons eg. Godsdiens en godsdienstige mense is nie eg nie. Hulle is valslik godsdienstig en dit verafsku die Een wat sĂȘ, Hy het “geween.” Ons HM het en voel ons pyn, daarom, vir ons om lief te hĂȘ soos Hy doen, moet ons ook, voortgaan om die pyn te voel. En tog... 

Net soos wat jy elke dag ervaar, die oomblik wat ons in ons pyn na Hom toe gaan, is Hy net daar om ons te troos. Hy wys vir ons die situasie met soveel wysheid en begrip solank as wat ons vra en eenvoudig stilsit om te hoor waarna Hy hunker om vir ons te sĂȘ. Dit beteken dat elke ontmoeting van pyn wat ons gevra word om te ervaar tot gevolg het dat ons wegstap met selfs ‘n dieper, meer intieme, meer liefdevolle verhouding met Hom as voordat Hy ons gevra het om daardeur te gaan. En dit is nog ‘n rede waarom ons altyd “kan glimlag oor die toekoms”.

So wanneer jy geroep word om geslaan te word en jy instinktief die ander wang draai en heel moontlik dit weer en weer terugdraai—tye wat Hy wil hĂȘ jy die pyn moet voel van veelvoudige houe van iemand vir wie jy innig lief is (soos wat Hy met my gedoen het wat hierdie Lewende Les aangespoor het). Jy sal daardeur kom en die grootste hoogte ervaar, as gevolg van die grootste Liefde denkbaar.  

Moenie bang wees om Hom te vra om jou deur hierdie beginsel te help nie. In hierdie lewe sal ons dit moeilik hĂȘ, almal sal. Maar wat ons as Sy bruid onderskei, is dat ons eintlik by hierdie moeilikhede kan baat. Lees elkeen van hierdie waarhede stadig...

Johannes 16:33 “Dit sĂȘ Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wĂȘreld sal julle dit moeilik hĂȘ; maar hou moed: Ek het die wĂȘreld klaar oorwin.” AFR 83

“Ek sĂȘ dit alles vir julle sodat julle vrede kan hĂȘ omdat julle aan My behoort. Die mense van die wĂȘreld sal julle laat swaarkry, maar julle moenie moedeloos word nie. Ek het die wĂȘreld klaar oorwin.” ABA

“Ek sĂȘ hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wĂȘreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wĂȘreld reeds oorwin.” NLV

“Ek vertel hierdie dinge vir julle met ‘n goeie rede. As my vriende kan julle maar rustig wees oor alles. Die ongelowiges sal alles wel vir julle probeer moeilik maak. Moenie dat hulle julle ontstel nie. Troos julle daaraan: Ek het bewys dat ek sterker is as enigiets of enigiemand in hierdie wĂȘreld. Ek en niemand anders nie is die regte Wenner.” DB

“Dit het Ek vir julle gesĂȘ, dat julle in My vrede kan hĂȘ. In die wĂȘreld sal julle verdrukking hĂȘ; maar hou goeie moed, Ek het die wĂȘreld oorwin.” AFR 53

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui