Verlede week het ons die resultate van vorentoe tree en op Hom te vertrou bespreek sodat ons hoĂ«r kan beweeg. So, wat gebeur wanneer die resultaat van jou wat Hom volg, nie is wat jy gehoop het nie en miskien is dit ver bo wat jy dink of wat jy kan hanteer? Daar is geen twyfel dat ons almal dan begin twyfel en bevraagteken of dit nie Sy plan was nie. Jy wonder “Waar het ek Hom gemis, watter draai het ek misluk om te maak? God help my, doen ek dinge in die vlees? Hoekom? O, hoekom sweef ek nie, maar in plaas daarvan ploeter ek weereens deur die diepste modder in die vallei van die skaduwees?” 

So hoe bestry ons twyfel sodat ons kan voortgaan om die oorvloedige lewe te lei, ‘n lewe sonder spyt wat op geen manier selfsugtig en selfgestentreerd is nie en dat jy voortgaan om meer oor ander as jouself om te gee, jouself as Sy bruid te gedra?

Dit wys wanneer jy ‘n kalmte en ‘n koninklike reaksie uitbeeld vir wat na jou gegooi word of waarin jy gegooi word—dit weĂ«rspieĂ«l Sy liefde en bewys (aan ander en aan jouself) dat jy Hom inderdaad glad nie gemis het nie. Ons weet dat dwarsdeur Sy lewe en enigiemand wat geroep is om vir Hom te lewe, beproewings ervaar het, maar dit is in die vreedsaamheid, die stadig-bewegende en grasieusheid, wat boekdele spreek en bewys dat jy Hom nie gemis het nie.

Toe ons kinders was het ons soos kinders opgetree en reageer. Tog, nou soos wat ons daardie kinderlike optredes wegsit kan ons met vertroue in Sy gesig kyk en ons gerusstelling daar kry—dikwels sonder dat ‘n woord ooit gespreek word. Dan met die sagmoedige hand op ‘n klein gedeelte van ons rug of om ons hand liggies te neem, is dit amper asof Hy ons uitswaai op ‘n dansvloer in die wolke. Dit is Hy wat ons sal navigeer rondom die ander paartjies wat swaai en draai. Al wat ons nodig het om te doen is om Sy leiding te volg. Duidelik ‘n lewe met geen spyt nie.   

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui