Verlede week het ek gesê dat dit dalk vir my lekker sal wees om ‘n paar fotos te deel van toe ek gereis het, wat ek ook gesê het my so dikwels herinner aan ‘n lewensles wat ek baie graag met jou wil deel. En as dit van Hom af kom, as dit Sy plan is, dit maklik sal gebeur.

Matteus 11:29-30— “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Wel, dit lyk asof dit gebeur het.

Die oomblik toe ek verlede week se boodskap klaar gemaak het, het Hy my gelei na waar ek my fotos gebêre het en kon ek maklik ‘n paar fotos bymekaar maak om te deel, ek het ook kort onderskrifte bygevoeg vir jou om te lees. So voordat jy my boodskap lees, neem asseblief ‘n oomblik om deur my Fotos te gaan, lees die onderskrifte—en kom dan terug sodat ek ‘n bietjie meer kan deel oor my ervaring in Hamamatsu, Japan….

Noudat jy ‘n foto van Sandra en haar familie gesien het, laat ek ‘n wonderlike storie deel wat ek so dikwels met my eie kinders en noue vriende gedeel het.

Toe Sandra gehoor het dat ek uitgenooi was om Asië toe te reis saam met ‘n vennoot wat aangebied het om vir die toer te betaal (wat 5 Asiatiese lande ingesluit het), het Sandra gevra of ek by haar kerk kon praat. Wat ek gesukkel het om te verstaan, was hoe sy die HJH boek in Portugees vertaal het, maar in Japan gebly het. Toe het ek ontdek dat ‘n baie groot Brasiliaanse bevolking in hierdie stad woon as gevolg van werksgeleenthede. Sandra se man het haar verlaat om in Japan te gaan werk, maar nadat sy RMI gevind het en die HJH gevolg het, het sy aangebied om die boek te vertaal. Kort daarna het sy vir my vertel dat sy herstel was en was besig om te trek om by haar man aan te sluit waar sy en haar gesin nou bly. Natuurlik was ek opgewonde, het aanvaar, en het onmiddelik gekyk hoe naby sy aan my broer gebly het—dit was reg op pad na en van die lughawe!

Soos wat ek voorheen gedoen het, het ek nie “beplan” nie en geen idee gehad waaroor die Here wou hê ek moes praat nie. Maar wat interessant was, was dat oppad soontoe, terwyl ek op die sneltrein was, het die Here met my gepraat en gesê dat ek GEEN geld van hulle moes aanvaar nie. Dikwels word ‘n offerande opgeneem en die spreker kry alles of ‘n deel daarvan, tog het Hy gesê, aanvaar GEEN geld wanneer dit aangebied word nie.

So, toe ek by die kerk kom, het ek dit aan Sandra verduidelik en gevra dat sy dit vir die pastoor sê. Ek het gesien hy knik sy knop toe sy vertaal wat ek gesê het en ek het geglimlag, my kop geknik en aangeneem dat dit afgehandel is. Nadat ek gepraat het, het ek gesien hoe hulle die offersakkies aangee, maar ek het nie veel aandag daaraan geskenk nie aangesien dit in elke kerkdiens gebruiklik is om offerandes op te neem. Dit was later, toe ons in die pastoor se kantoor was en hy vir my ‘n groot manilla koevert gevul met Yen (die Japanese geldeenheid) gegee het, dat ek besef het dat hulle vir MY ‘n offerande opgeneem het, selfs al het ek voordat ek gepraat het verduidelik dat ek nie geld van hulle af kon aanvaar nie.

Ek het probeer om dit terug te gee, maar hy het aanhoudend sy kop geskud en my hande en die geld terug na my toe gestoot, so toe draai ek om en gee die koevert vir Sandra. Ek het weer aan haar verduidelik dat Hy vir my gesê het om GEEN geld van hulle af te aanvaar nie en dat hulle dit vir hulle kerk moes gebruik of dit vir ‘n ander liefdadigheidsorganisasie of bediening moes gee.

Na ‘n gesprek wat ek nie verstaan het nie, het sy na my toe gedraai en gevra of hulle ten minste vir my reis na Japan toe kon betaal.  Ek het gesê dat dit klaar betaal was. Wat van die treinkaartjie? Toe hoor ek die Here sê dat ek kon aanvaar, maar “net” die bedrag vir die treinkaartjie. Ek het gekyk hoe die pastoor en sy vrou note uithaal en in ‘n kleiner koevert sit wat sy met ‘n glimlag aan my oorgehandig het. Ek het geknik en hulle bedank en toe iets aangevoel. Ek het na Sandra toe gedraai en gevra, “Is dit net vir die treinkaartjie of is daar meer? Sy het gevra en teruggedraai na my toe, “Daar is ook genoeg vir ‘n maaltyd by die treinstasie.” So, toe gee ek die koevert terug en verduidelik dat ek NET die treinkaartjie se bedrag kon aanvaar, niks meer nie.

Terwyl sy begin vertaal wat ek gesê het, terwyl ek haar dopgehou het, het my kop omgeswaai toe ek ‘n harde, verbysterende snak hoor wat van die pastoor af gekom het wat onbeheers gehuil het. Ek het geen idee gehad wat hierdie plofbare emosies aangehits het nie, alhoewel ek hom sien huil het dwarsdeur my boodskap, wat op die ou einde oor my suster gegaan het wat “lief is vir die ongeliefdes.”

Dit het ‘n rukkie geneem, maar hy het homself vinnig goed genoeg gekomponeer om aan Sandra te verduidelik, wie vertaal het en my vertel het. Die pastoor het gebieg dat hy geglo en dikwels gepraat en gesê het dat daar nie “ware Christene” in Amerika was nie. Hulle was almal vals, geldgierige vals profete. Nou, het hy gesê, het hy besef dat hy so verkeerd was en wou belei daaroor. Hy het vorentoe beweeg om vir my ‘n drukkie te gee, gevolg deur sy vrou en gou was ek in ‘n groot groep omhelsing toegevou.

Hoe belangrik is dit om te volg en te luister na die Here, maak nie saak wat nie?

Dit sou makliker gewees het om net genadiglik die geld te aanvaar en te rasionaliseer dat ek wel verduidelik het en dat dit is wanneer ek inskiklik moet wees. Ek kon baie geseën het met wat ek aanneem baie geld moes wees. Tog, ek het toe geweet en ek weet nou, of ek nou oorsee reis of geestelik reis op my Herstel Reis—daar is te veel mense wat op my staatmaak om in die middel van die nou pad te bly—om veilig te bly en ook om alles te ervaar wat Hy vir my/ons het.

Net toe ek op die punt staan om die storie met jou te deel, het die Here my herinner dat dit belangrik is dat ons daagliks ons lewens op hierdie manier moet lewe, want soos ons weet, is ons aanbevelingsbriewe wat deur alle mense gelees word—mense hou ons dop. Mense soos my vyf-jarige kleinseun wie se ouers hom die belangrikheid van gehoorsaamheid leer.

‘n Paar weke gelede het Huxley uit sy kamer gekom net om te vind dat die hele eetkamer deur water oorstroom was. Sy ma was langsaan saam met my, toe gaan hy na die deur wat na die motorhuis toe lei. Maar eerder as om dit oop te maak, het hy gehoor dat sy pa die houtsny masjien aan het en hy het geweet dat hy vir veiligheidsredes nie die deur mag oopmaak nie. So, toe begin hy die motorhuis se ligte aan en af skakel, oor en oor. Gelukkig, toe sy pa aangevoel het dat iemand nie net met die ligte speel nie, het hy die deur oopgemaak en die vloed gesien en kon hy by die sluitring uitkom om die pyp wat losgekom het te verstel!

Van toe af, het ons dikwels met Huxley gepraat om hom in die geselskap van ander te prys omdat hy gehoorsaam was. Hierdie klein seuntjie het nie regverdig wat hy kon aangeneem het was omstandighede waar dit “reg” sou wees om ongehoorsaam te wees nie. Dit bewys dat dit nie saak maak watter verskoning of rede jy het nie, maak nie saak hoe goed dit mag wees nie, dit is nooit net “reg” om ongehoorsaam te wees nie. En om ‘n rede te vind om gehoorsaam te wees, sal gevolglik veroorsaak dat die beproewing ‘n gunsteling hoofstuk in jou lewe se aanbevelingsbrief sal wees—een waarna jy dikwels sal verwys en iets wat ontsaglik inspirerend is om met ander te deel om hulle aan te moedig.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui