In verlede week se brief, het ek belowe om klaar te maak met wat jou seëninge van God sal blokkeer en gaan ons hierdie week aanbeweeg met wat jou seëninge sal VERMENIGVULDIG! Maar, soos wat die Here dit wou hê, het ek oorweldig geword om meer van die Here te wil hê, so ons het daar stil gestaan!

Ek hoop dat die Here jou op ‘n baie kragtige manier ontmoet het terwyl jy Hom op ‘n dieper manier gesoek het.

Wat God se seëninge sal blokkeer: boosheid

Jakobus 4:17 AFR 83—

“As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.”

Nuwe Lewende Vertaling—

“Hou in gedagte: As ‘n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.”

Gebaseer op hierdie vers, kan ons ook boosheid definieer as sonde—ten minste die boosheid in elkeen van ons is sonde wanneer ons: ‘n verkeerde gedagte “koester”, boosheid in ons huise toelaat, of om in te gee aan wat ons weet verkeerd is in ons lewens.

Somtyds is boosheid iets in ons lewens waarvan ons nie bewus is nie—waardeur ons uiteindelik verwoes word as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.

Noah's 1928 Webster's Dictionary definieer dit as volg: “Vertrek van die reëls van die godgerigte wet; bose geaardheid van praktyke; immoraliteit; misdaad; sonde; korrupte maniere.  

Boosheid beteken gewoonlik die bose dinge wat ons beoefen, met ander woorde dit herhalend doen.

Moenie vergeet hoe belangrik dit is om nie die wet van God te oortree nie, as gevolg van wat Jesus in hierdie verse gesê het: “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. GAAN WEG VAN MY AF, JULLE WAT DIE WET VAN GOD OORTREE.” Matteus 7:21, 23

Tog, is boosheid ook dit wat die korrupte geaardheid of karakter van die hart ontbloot.

Wanneer ons “vertrek” of afdwaal van die beginsels wat God opgestel het, in die goddelike en onveranderlike wette van die heelal, ly ons uiteindelik onder die gevolge. Selfs al is ons onkundig oor die wet, sal ons die gevolge dra.

Hierdie week het ek gehoor dat baie vrouens die Here begin soek het oor wat in die pad staan van hulle herstel en ‘n dieper verhouding met Hom. Ongelooflik, het God aan elkeen van hulle geopenbaar dat dit sonde is.

Een vrou, wat geskei was, het gebieg dat sy uiteindelik besef het dat sy in sonde lewe, nie deur oortuiging nie, het sy gesê, maar deur die verpletterende nagevolge. Dit was toe sy in wanhoop ‘n laagtepunt bereik het en na die Here uitgeroep het. Onmiddellik het Hy uitgereik om haar te help, maar terselfdertyd het Hy haar herinner aan die sondes wat die verwoesting veroorsaak het, wat tot wanhoop gelei het.

Die vrou het by haar man ingetrek, wat sy “gedink” het die antwoord was op haar gebed, maar die waarheid was (en is) dat ‘n man of vrou wat nie meer wettiglik getroud is nie, sondig as sy/hy intiem met hulle eggenoot is.

Die grootste seën, wat ons nooit moet vergeet nie, is dat ons ‘n liefdevolle en vergewensgesinde Redder het wat daar is en gereed is om ons te vergewe en te reinig! En met dit, hoef ons nie meer met skuld of vernedering of enige ander negatiewe emosie wat ons onderdruk, getreiter te word nie.

Hierdie vrou het nederig bely en “van haar bose weë af terug gedraai” net soos in 2 Kronieke 7:14 waar dit ons belowe dat as “...My volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” Dit beteken nie net sal jou hart genees word nie, maar so ook jou huis.

‘n Ander vrou het gebieg oor iets waaraan die Here haar herinner het, iets wat sy gedoen het voor sy na RMI toe gekom het. Net nadat haar man weg was, was sy by die okkulte betrokke, om enigiets te soek wat haar man sou terugbring. Sy was nie seker of dit nog steeds in haar pad gestaan het nie aangesien sy dit in trane aan die Here bely het.

Tog, toe die Here haar hieraan herinner het, was sy gewillig om dit aan haar man te bely aangesien baie daarvan hom betrek het. Alhoewel sy haar man nie gesien het nie, het sy geweet dat as dit die Here se wil was, hulle paadjies sou kruis.

Toe sy die volgende keer haar vorm invul, het sy gesê dat sy geweet het dat dit “klaar was.” Die Here het aan die einde van die sewe-dae vas aan haar geopenbaar dat HY hierdie vesting in haar lewe gebreek het. Sy het weer vir die Here gevra vir ‘n geleentheid om met haar man te praat, maar die Here het bevestig dat wat sy gedoen het, genoeg was.

Onthou, God kyk na ons hart en ons bereidwilligheid om toe te gee aan Sy leiding en Sy wil, maak nie saak hoe skrikwekkend dit mag lyk nie. Dikwels, soos met Abraham, sal Hy ons na die berg toe lei, kyk hoe ons “wat ook al dit is”op die altaar neerlê en ons dan dikwels genadiglik keer voordat die mes afsak!

Jeremia 17:9 sê, “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.”

Gehoorsaamheid, maak nie saak wat die koste is nie, maak nie saak hoeveel jy vrees om dit te doen nie—wys ons harte.

Ongelukkig, weet ek van ten minste twee vrouens wat nog steeds sukkel om te “doen wat reg is.” Hulle het albei mans wat in hulle huise bly, maar dit lyk nie asof hulle van hulle kan ontslae raak nie. So as jy in ‘n situasie soos hierdie is, of enige ander situasie waarin jy vasgevang voel—vra eenvoudig vir die Here wat om te doen en doen dit! Moenie die fout maak om enigiemand anders te vra nie, of om iemand te laat weet wat jy van plan is om te doen nie. As jou hart reg is, sal Hy aan jou openbaar hoe om selfs die ergste foute wat jy gemaak het op te klaar. Baie dikwels, vra Hy jou net om te wag en op Hom te vertrou en dan klaar Hy dit op, sonder ons hulp.

Toe een van ons bedienaars se voormalige man in haar kelder gebly het, het sy dank die Here, van hom ontslae geraak toe sy besef het dat dit nie reg was nie! Nou is sy ‘n kragtige bedienaar wat God gebruik om ander te help wat in soortgelyke omstandighede is. ‘n Vrou in Suid Afrika was uiteindelik gewillig om te doen wat reg is, maak nie saak wat nie, deur vir haar man te sê dat sy nie kon voortgaan om met hom intiem te wees nie aangesien hulle geskei was en 2 maande later was haar huwelik herstel!

Boosheid kom dikwels in ons harte in wanneer ons, wetend of onwetend, “by Sodom jou tent opslaan.” Te vinnig sal jy vind dat jy nie net die gedagte van sonde oorweeg nie, maar dat jy daarin lewe! Dit kan selfs so eenvoudig wees as om jou oë op jou eggenoot en/of huwelik te hou in plaas daarvan om met voorneme na die gesig van die Here te kyk.

Kyk jy in die rigting van Sodom?

Waarna kyk jy op die televisie?

Watter flieks kyk jy of gaan jy na toe?

Wat laat jy jou oë en gedagtes toe om aan blootgestel te word?

Dit bring ons terug na die saak van besluiteloosheid. Jy mag dalk die “Be Encouraged” kyk wat jou help om jou oë na die Here te draai, maar dan laat jy toe dat “vullis” in jou gedagtes bly deur wat jy op televisie of op jou foon kyk.

Jy mag dalk getrou jou Bybel lees, deur die HJH en Wyse Vrou of Wyse Man lees, maar dan kyk jy na goed waarvan jy weg behoort te draai. As jy geteister word met hierdie versoeking, oordink dan hierdie vers en volg die voorbeeld van Job 31:1, wie ons weet God ongelooflik geseën het.

Kom ons gaan voort en sela hier en volgende week sal ek ‘n ongelooflike beginsel deel wat ek nog nooit gehoor het enige prediker of Christen skrywer adresseer nie, wat ons verhinder om die kwaad wat ons aangedoen word, vir ewig te vernietig te sien! Nou is dit tyd om te.......