https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/w-h/

Maak die Meeste van

Jou Dag

Vestig ‘n Roetine

Julle moet eerder sê:
“As die Here wil,
sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”
—Jakobus 4:15

Om ‘n plan te hê en ‘n roetine vas te stel om deur jou dag te kom is belangrik in elke huis. Met meer buitemuurse aktiwiteite, meer kinders, of meer verantwoordelikhede wat jy en/of jou kinders het, word ‘n gevestigde roetine selfs meer noodsaaklik. As jy sekere tye stel om op te staan, bed toe te gaan, maaltye, en dieselfde take in dieselfde orde elke dag te doen; sal jy minder tyd spandeer om omtrent alles te doen, en jou met tyd los om meer te doen as wat jy nou doen, of jou tyd gee om eenvoudig te ontspan. En wanneer jy kinders het, deur ‘n goed-gedefinieërde roetine te hê, sal jy minder tyd spandeer om nuwe aanwysings te gee, jy sal goed-opgeleide en goed gemanierde kinders hê, en dit sal hulle help om baie meer elke dag te bereik.

Sy staan op! Spreuke 31:15 sê vir ons, “Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; en ook haar slavinne kry hulle deel.” Alhoewel die Spreuke 31 vrou “eintlik verwys na die gidslyne wat ‘n moeder vir haar seun gegee het om ‘n kosbare vrou te vind, en is nie ‘n maatstaf om te sien of ons dit as ‘n eggenoot maak nie, kan ons soveel leer uit die wysheid wat gevind is in hierdie verse in Spreuke.

Net onlangs, het ons na ‘n buurt toe getrek, en een van ons pastore woon om die hoek. Tot my skok, het my jong kinders huis toe gekom na hulle hom besoek het en uitgeroep dat hy ‘n bediende het! Hulle moeder is baie jonger as wat ek is, met hulle oudste dieselfde ouderdom as my jongste kind. Toe ek een dag gaan besoek aflê, het ek haar vertel dat hoe ek van die eerste dag die vers in Spreuke 31 gelees het oor “‘n deel vir haar slavinne gee,” Ek het gebid en geglo dat een dag ek net een bediende sal hê om wakker te maak en voer! Nou hier was sy met ‘n bediende, vir wie sy nie moontlik kon gebid het so lank as wat ek het nie!

Na ons lighartige gelag, het ek vir haar gesê ek raai dat die Here nie vir my een gaan gee sodat ek vrouens kan aanmoedig wie ook nooit een sal hê nie. As jy in die V.S.A. is, is daar ‘n goeie kans dat jy nie huishulp het nie, maar ek was verras hoeveel ander vrouens rondom die wêreld geseën is met in bly daaglikse hulp (dit laat my dink om een dag uit die land uit te trek, spesiaal wanneer ek minder klein helpertjies het, my kinders, wie help om my huis goed aan die gang te hou en skoon van bo na onder. So God het my die begeertes van my hart gegee, baie kinders, en ek sou hulle eerder rondom my wou hê as enige gehuurde hulp.

Soos wat jy deur hierdie hoofstuk lees, mag jy dalk sê, “Wel my kinders is te jonk om te help” of “ek het net twee kinders.” Eerstens, ek het ook, eens op ‘n tyd, net klein kinders gehad, jong kinders. Tog, sal ek jou eerlik sê dat as jy die tyd neem om in hulle toekoms (en joune) te belê, deur hulle op te lei om te doen watookal hulle kan op daardie jong ouderdom, sal jy groot belonings later maai. Teen die tyd wat ‘n kind loop, kan hy of sy aangemoedig word om dinge na jou toe te bring en hulle speelgoed weg te pak. As jy tyd, inspanning, en jou entoesiasme om jou kinders kry om te “help” belê (selfs al sal dit jou nie ‘n fraksie van die tyd neem nie), elke keer wat jou geduld vir jou werk, belê jy in albei van julle se toekoms.

Nietemin, laat my verduidelik dat met ‘n huis wat ontrommel is en goed bestuur word, jy as jy net ‘n paar kinders het of as hulle jonk is, jy minder gemors sal hê om mee af te reken. In ons huis wat tot nege mense gehad het (huidiglik is daar ses kinders wat by die huis bly), het ons meer skottelgoed, meer wasgoed, en meer mense wat goed laat rond laat lê. Maar ek het ook soveel meer hulp om alles te doen as ek die tyd neem om hulle op te lei.

Met jong kinders wie behoorlik opgelei is met een of ander soort roetine, sal jy vind dat daar regtig nie so ‘n groot gemors is anders as die speelgoed wat rondlê nie—maar ek sal oor daardie metode later deel, as dit gevolg word, sal dit basies die gemors uit jou lewe elimineer!

Vestig slapenstyd roetines vir jouself en vir jou kinders op; dinge wat jy op dieselfde manier doen, in dieselfde orde, ieder en elke aand. Volgende, vestig ‘n roetine om op te staan. Bid oor iets wat opstaan die moeite werd sal maak. Baie volwassenes word wakker met n lekker warm koppie koffie, tee, of warm sjokolade terwyl hulle, hulle Bybel lees en/of bid. Terwyl ek in Florida met vakansie was, was ‘n vars uitgedrukte lemoensap vir my ‘n lekker verandering. Soos wat ek gesê het, bid oor iets wat jou sal aanmoedig om uit die bed te spring (of ten minste om nie die sluimer knoppie te druk nie) en doen dieselfde vir jou kinders. Op Vrydae so ver terug as wat ek kan onthou, het ons “Suiker Graanvlokkie Dag” gehad —dit is een dag, ten minste, wat my kinders nie laat slaap of misluk om uit die bed uit te klim nie!

As jy vir werk vertrek, en/of jou kinders vertrek vir skool, skep dan ‘n roetine om vinnig en doeltreffend uit die deur te gaan. Dink en beplan vooruit, en dan deur dit getrou te doen is wat maak dat jou lewe vlot verloop. Verskeidenheid is “die spesery van die lewe,” maar te veel verskeideinheid maak die lewe te pittig en onverdraagsaam.

Roetines

Elke oggend, gaan ek my spyskaart vir die dag na wat ek die vorige aand uitgeskryf het. Ek berei ontbyt voor en begin om voor te berei of die bestanddele vir middagete en aandete uit te lê. Maar, voorheen toe ons so ver van die winkel af gebly het, op ‘n plaas, was meeste van ons vleis en ander items in een van ons diep vrieskaste gestoor. So as ek gewag het, selfs tot die oggend om my spyskaart na te sien, sou die vleis nie ontdooi gewees het nie, spesiaal nie gedurende die winter maande nie. Dit is toe wat ek die spyskaart die aand vantevore begin nasien het. Nietemin, die maandelikse spyskaart is ook in ‘n later hoofstuk, so vir nou, die tyd om te besluit, “Wat is vir aandete?” moet wees net na aandete of niks later as voor jy bed toe gaan snags nie.

Laat my ‘n ompad hier in ons voorbeeld roetines neem om jou ‘n paar goed te leer wat jou sal help. As jy gevriesde vleis gebruik, maak seker dat jy dit in jou roetine inwerk om jou spyskaart na te sien, die aand vantevore (basies, wat jy die volgende dag vir maaltye sal hê). As jy vars vleis gebruik, dan moet jou maaltyd plan nie later as eerste ding in die oggend gedoen word nie.

Moet nie doen wat meeste vrouens doen en wag totdat jy aandete behoort te maak om uit te pluis wat jy gaan hê, net om uit te vind dat jy bestanddele kort kom, en dan uitgaan om daardie een bestanddeel te kry (en ‘n peer meer goed op te tel wat jy nie nodig het omdat jy honger is nie) net om aandete weer— laat te hê! Of erger, hulle hardloop om kitskos te kry. Die statistieke wys dat Amerikaners kitskos vir meer as 40% van hulle maaltye eet, en dit is die rede hoekom hierdie presiese persentasie van Amerikaners oorgewig en ongesond is!! Al gee jy nie om oor gerieflikheid nie, jou familie se gesondheid (of jou gesondheid) is op di spel wanneer dit die roetine in jou huis is.

In plaas daarvan om in hierdie vetsugtige en ongesonde kategoriëe te beland, begin nou dadelik om uit te pluis wat jy vir aandete gaan hê of in die oggend of selfs beter die aand vantevore (spesiaal as jy jou vleis vries). In ‘n opkomende hoofstuk, sal ek jou help om ‘n maand se spyskaart te skep (nie om vir ‘n maand vooruit te kook nie, maar net ‘n spyskaart sodat jy “weet” wat jy gaan hê en om te “weet” dat jy die bestanddele het voor jy dit begin maak) en ‘n inkopie lys om jou spyskaart te ewenaar. Hierdie klein belegging van jou tyd, belowe ek, jou lewe sal radikaal verander en die vrees uit maaltye en kruideniersware inkopies neem! Alles wat ek doen is eenvoudig. Elke metode neem net ‘n klein belegging van jou tyd, maar hou vir jare om ‘n huis en lewe te skep wat vlot verloop!! Nou terug na ons roetines.

Nadat ek my spyskaart nasien, skryf ek die spyskaart vir die dag op ‘n bordmerker vir my familie om te sien. Ek het vir ‘n rukkie opgehou om dit te doen, toe het ek besef dat dit my, sowel as my familie gehelp het om te weet wat op die spyskaart is. Die rede waarom ek dit begin doen het wat om die vraag uit te sny wat moeders haat om te antwoord—” Wat is vir aandete?” Dit help ook my dogters om te weet of hulle een of ander koekie beslag vir nagereg moet maak, of brood bak. Vir my om die volgende dag se spyskaart op die bordmerker te skryf is om vooruit te bly eerder as agter te raak. Wat ‘n wonderlike gevoel.

As jy ‘n besige ma is, mag jy ‘n drukpot soveel as jy kan gebruik, sodat jou aandete op tyd reg is. My buurvrou wat my genooi het om met al haar vriende en bure te praat oor maaltyd beplanning, het vir my gesê sy maak tot op drie drukpot resepte per week. Sy is een van die moeders wat ek weet deel van die Amerikaanse kultuur was wat soveel as vyf keer per week uit geëet het!! Ter aanvulling om die versoeking om uit te eet uit te wis, maak ‘n drukpot jou huis die hele dag wonderlik ruik! Ek het die tafel na ontbyt vir aandete gedek. Toe het ons by die tafel begin tuisskool, so dan het ek dit na skool gedoen. Toe ons op die plaas gebly het, het ons ‘n formele eetkamer gehad, so, die tafel is onmiddelik gedek na ons aandete geëet het om gereed te wees vir die volgende dag. Doen watookal vir jou familie werk, en as jou familie verander, verander jou roetine om die tafel te dek.

Die punt met hierdie beginsel is om die tafel onmiddelik te dek nadat die aandete skottelgoed opgeruim is (soos wat ons doen vandat ons ‘n formele eetkamer het), na jou ontbyt of middagete skottelgoed, of na jy klaar is met tuisskool of as jy tuisskool by jou tafel. Moet net nie wag totdat jy probeer om die maaltyd voor te berei, soos wat meeste mense doen nie, om jou tafel af te dek en te dek nie.

My beste vriendin sedert my agste graad bly in ‘n baie klein plekkie saam haar man en twee kinders. Alhoewel ek besef dat dit baie klein is, kon ek nie glo dat hulle net goed opsy stoot sodat net een persoon by die tafel kan sit. As jou tafel jou “vang alles”, is gaan asseblief uit en kry een of ander emmer of mandjie om jou gemors in te sit terwyl jy ‘n lekker maaltyd by die tafel geniet. Jy en jou familie verdien om ‘n lekker maaltyd saam te hê, en dit beteken nie voor die televisie nie!

Meeste jong mense, wat oorkom vir aandete, kommentaar oor die feit dat ons familie aansit en ons meeste van ons maaltye saam eet. Ons saam eet het nie na die egskeiding verander nie. In werklikheid, wat verander het was die aantal gaste wat ons amper daagliks vir aandete oor het of vir ontbyt Saterdae. Toe ek uitgevind het dat my man my weer gaan skei, was ek vasbeslote om vir seëninge te kyk in alles en het volle voordeel uit elke situasie geneem. Maaltye was een van hulle. My eks-man was altyd bekommerd oor geld, maar ek weet dat God voorsien in AL ons behoeftes en Hy moedig ons aan om te gee! As jy probleme het met finansiële ellende, lees dan asseblief my boek Die Armoede Mentaliteit aanlyn. As dit die egskeiding is wat ou moeilikheid veroorsaak, lees my boek Staar Egskeiding in die Gesig. Hierdie is gratis aanlyn beskikbaar.

Kos van ver. Huidig, bring ek een keer per week “kos van ver” vir my vars bestanddele, soos vrugte, groente, vleis, en suiwel van ‘n plaaslike kruideniersware winkel. My groot inkopies word ook een keer per week gedoen nadat ek my maaltye vir die maand beplan het. Toe ons op die plaas gebly het (en ons geseën was met ‘n diep vrieskas), het ek een keer per week inkopies gedoen. Doen watookal vir jou en jou familie se situasie werk. Maak jou vars kos en maaltyd inkopies deel van jou roetine.

Toe ons na ons plaas getrek het, was amper al ons vleis op ons land grootgemaak en geslag. Ons het verskeie maande van vleis in ons vleis vrieskas gehad om van te kies en ons spyskaart om te werk. Die res van ons een-keer-per-maand inkopies was in die “groot stad” gedoen by Sam’s, ‘n afslag pakhuis, wat ‘n uur weg was by en “in die stad” by Wal-Mart, wat omtrent ‘n halfuur weg was.

Ek het verskeie kere probeer om al my inkopies op een dag te doen, maar nie eens ons 15-passasier vervoer wa kon al die kos hou met net een helper en myself. Ek was ook so uitgeput van die twee ure ryery, inkopies, en dan om dit alles weg te pak. Na baie gebed, het ek die inkopies in twee dae een keer per maand verdeel. Ons was ook geseën met drie spense op ons plaas, maar selfs al het jy nie hierdie seën nie, kan jy baie in jou motorhuis stoor waar ons, ons oorvloei soos papier produkte stoor.

Soos die wolk beweeg het, en so het ons! Nou bly ons nader aan die stad, net vyf minute weg van ‘n groot supermark Wal-Mart en ‘n 15- minute ry na Sam’s. Ons het in ‘n groter huis ingetrek, maar dit het ‘n baie kleiner kombuis gehad, en geen spens nie. Dit beteken dat ek moes terugkeer na inkopies doen een keer per week, en vir ‘n rukkie het my dogters al my inkopies gedoen.

Ek raai dat God baie voorbeelde wil hê om hierdie boek behulpsaam vir almal van julle te maak, so Hy hou die wolk aan die beweeg in my lewe.

As jy daarvan hou om geld te spaar (of jou man het jou op ‘n begroting), doen jou inkopies by die afslag bakery winkels. Daar was baie afslag bakerye toe ons in Florida gebly het, en elkeen het sy eie spesialiteite gehad. So, vra rond om te sien of hulle in jou area beskikbaar is.

Jy kan ook uitkyk vir ‘n dubbel-afslag dag wanneer jy meer besparings sal ontvang. Meeste vleis departemente plaas hulle vleis laat in die aand op afslag en jy kan hulle baie vroeg die volgende oggend (omtrent 6 VM) opraap. Moet nie bang wees vir te min slaap nie—God waarsku ons net van te veel slaap! Ek het vroeë oggend inkopies een keer per maand vir vleis beplan. Dit was wonderlik om heeltemal alleen uit te glip aangesien my man daar was saam die kinders toe hulle klein was. Tye het verander, nou is ek ‘n enkel ma, maar ek vind nog steeds dat om vroeg inkopies te doen help my om die skare te oorwin en my tyd alleen toe te laat wat ek so baie geniet.

Familie maaltye. Een van die mees belangrikste take as ‘n vrou en/of moeder is om ‘n lekker aandete voor te berei wat nie haastige of “kitskos” is nie. Dit behoort ‘n tyd te wees waar na die familie uitsien en ‘n tyd wat elke dag opsy gesit is om oor die gebeure van die dag te praat. Om ‘n nagereg, van ‘n stukkie vrug na ‘n klein peperment tot iets groot soos poeding, koek, of tuisgemaakte koekies, sal help om jou maaltye spesiaal te maak. My eks-man kom uit ‘n lyn van Swede, so nagereg het deel van ons maaltye geword.

Praat van mans, maak seker dat jy nie probeer om “moeder” te speel met jou man se eetgewoontes nie. Selfs al het sy dokter jou streng bevel gegee het, jou man is nie jou pasient nie. Ek sou eerlik eerder wou vredevol met my man gebly het en in onderdanigheid tot hom (om die seëninge om hom Here te noem te maai, wat ek gedoen het, sien 1 Petrus 3:6 as jy die konsep skrikwekkend vind) vir ‘n kort rukkie, as om ‘n lang en bitter lewe te lei, wat is wat sal gebeur as jy sy gesag ondermyn! As sy dokter, sy ouers, of sy baas probeer om jou te druk om bo jou man se gesag te gaan, glimlag en sê vir hulle, hulle praat met die verkeerde persoon en om met jou man te praat. Nou terug na hierdie les:

Om ‘n gelukkige toekoms te verseker, het ek “bak lesse” in my dogters se opvoeding inkorporeer. Ek het my oudste dogter toe sy omtrent nege jaar oud was geleer, en nou doen haar jongste susters die bak werk. Bak is die beste plek om te begin wanneer jy jou dogters of seuns leer, voor hulle leer om te kook.

Die mans in ons familie is LIEF daarvoor om vars, warm koekies of enige ander gebakte lekkernye vir nagereg te hê! Ons familie is bekend om vars-gebakte koekies te offer wanneer vriende oorkom om te besoek. Dit is nie hoe ek groot geword het nie, maar ek is so bly dat die Here my gehelp het om te verander sodat dit deel van my kinders en hulle eie families se erfenis sal wees sodra hulle trou.

Om te leer hoe om te bak (dan kook) is wonderlike opvoeding vir jou dogters se toekoms. Watter man sal nie gelukkig wees met ‘n vrou wat uit niks kan bak.! Werklik, bak is ‘n spesiale en verlore ministerie vir die kerk. Toe ons, ons op plaas gebly het, het my dogter koekies en pasteie gebak vir baie van die pastore in ons kerk. Meeste van hulle vrouens het nie gebak nie, so dit was n regte trakteerinkie en seën vir die hele familie.

Kyk vorentoe! Weereens, moet nie wag tot vier uur in die namiddag wanneer alles in ‘n dol toestand is (wanneer die huis ‘n ramp is en die baba net uit sy middagslapie wakker word) om te wonder, “Wat moet ons vir aandete hê?” Gaan jou spyskaart net na ontbyt na, maar selfs beter, die aand vantevore, spesiaal as jy beplan om gevriesde vleis te gebruik.

Maak dit maklik! Beplan jou spesiale groot maaltye net nou en dan. Ek maak net Saterdae ‘n warm, groot ontbyt vir my familie. My best resepte is in ‘n later hoofstuk, baie het blou linte gewen maar is maklik om te maak. Toe ons op die plaas gebly het, het dit nodig geword om ‘n groot, warm ontbyt vir twee tot drie oggende gedurende die week te maak. Maar God is goed—my oudste dogter was lief daarvoor om die lof by die familie te kry, en sy het vroeg wakker geword om hierdie ekstra warm maaltye vir my te maak!

Onthou net, moet nooit bang wees vir eenvoud om jou lewe te balanseer nie. Ek gebruik papier borde op kleur gekodeerde bord houers vir middagetes—O, ja, ek glo in energie besparings—myne. En ek gee om oor die omgewing: ons huis omgewing van vrede en minder twis! Nietemin, ek hou ook daarvan om my familie te behandel soos gaste deur ‘n pragtige tafel te dek vir al ons aandetes en vir ons groot Saterdag ontbyt. My familie is meer spesiaal vir my as die gaste en hulle weet dit deur die tyd wat ek neem om hulle spesiaal goed te behandel.

Wie is Eerste in die Huis?

As jy huidig getroud is, wees asseblief seker dat die dinge wat jou man jou gevra het om te doen bo jou “Te Doen Lys” is eerder as onder. (Dit sal baie kwaad en gegrieftheid van sy part en baie seer gevoelens van jou part spaar!) Ons voorbeeld, Sara, het selfs vir Abram heer genoem! (Sien “Vrouens, Wees Onderdanig” in ‘n Wyse Vrou as jy probleme met hierdie konsep het!) Daarom, as jy huidig getroud is, maak dit jou hoofdoel om jou man se versoek as top prioriteite te plaas! Deur dit te doen het my opgelei om my nuwe Man bo aan my lys te sit en ek is vandag so geseën!

Wat is die punt? Wel, baie vroue vertel my van hulle opstandige of disrespekvolle seun of dogter wie hulle voel hulle mee vervloek is. Normaalweg, word kinders geteel om opstandig te wees as ‘n resultaat van hulle ouers wie opstandig is teen hulle gesag. Die ontsagwekkendheid van God is dat alhoewel my eks-man opstandig was, is my kinders nie as gevolg van die respek wat ek my man gegee het toe ek getroud was, en wat ek nou aan my eks-man gee (op ‘n verskillende manier, natuurlik) aangesien hy nog hulle vader is.

My doel is om ‘n voorbeeld te wees vir almal wat my dophou, om ‘n getuienis te wees van my liefde vir my Here, en Redder, Jesus, wie nou werklik my Man is! Dit begin in die huis, en selfs dieper, in my hart. Wat van jou?

Ter Afsluiting

Deur ‘n roetine in jou lewe te vestig sal jou lewe vlot en effektief laat verloop, en sal meebring dat jy in jou wat jou kinders baie minder instruksies en dissiplinering hoef te gee. Jou stres vlak sal in vreugde vervaag, wat ‘n gelukkiger huis, kinders, en man ( as jy getroud is) sal vergesel. Neem die tyd om ‘n werkbare roetine in jou lewe te vestig!

As jy wonder hoe dit in jou lewe sal werk, met al die veranderlikes wat elke week aangaan, dan sal die volgende hoofstuk jou voorstelle gee soos wat ek my gevarieerde skedules met jou deel wat jou idees mag gee wat vir jou sal werk!

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui