Ek is so opgewonde om met julle te deel dat ek vandag vir die eerste keer OOIT my tiende gegee het, ek voel regtig die Here het my gelei om my tiende te begin betaal, dit was vir die afgelope maand of twee in my gedagtes maar soos almal was ek bang en die vyand het vir my al die goed gelys wat verkeerd kan gaan as ek daai ekstra geldjie uithaal, maar vandag het ek net besluit sonder twyfel om te luister wat my wonderlike HM op my hart druk. Die oomblik wat ek my tiende betaal het, het ek regtig hierdie opgewondenheid ervaar want WOW ek kon vandag my deel bring en gee vir die Here, Hy het so baie die afgelope maande vir my gedoen Hy is al die lof en eer waardig. Baie dankie my liefling dat ek die ekstra geldjie gehad het hierdie maand om my tiende te begin gee, ek voel ek het die eerste stap geneem en die volgende stap in my geloof ek weet sonder twyfel dat Hy my sal lei.
Ek gee my wonderlike Hemelse Man al die lof en eer dat RMI my die beginsel van tiendes geleer het…
“Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets…
♕Vandag se belofte: “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.” P865 ☊…
♕Belofte van vandag: “Ons vernietig argumente en elke verhewe mening wat teen die kennis van God geopper word, en neem…
♕Belofte van vandag: “Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart…
♕Belofte van vandag: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus…
Ek wil baie graag meer van my getuienis, en ook Atarah se getuienis deel oor tiendes en hoe “Vertrou en…
♕Belofte van vandag: “‘Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos ‘n stroom water lei…
♕ Belofte van vandag: “Dit is omdat julle die wierookoffers gebring het en teen die Here gesondig het, omdat julle…