Vertrou Die Here Met Jou Finansies

"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." F4:19 

Hierdie maand was die geld wat ek in my rekening gehad het, toe ek die somme gemaak het, glad nie genoeg nie. En om die kersie op die koek te sit het my kar begin moeilikheid gee (ek sou ry en dan skielik sny dit net uit).

Wel soos altyd het ons kosbare Liefling Here vir my deurgekom. Ek het uitgekom met my geld (wat natuurlik onverklaarbaar vir my is, maar natuurlik is dit die Here se werk) en 'n werkskollega het my nie iemand toe gevat wat my kar reggemaak het vir R150,00 (ja ek weet dit is ongelooflik). En dit stop nie daar nie, hierdie week het my belastinggeld uitbetaal (gewoonlik vat dit meer as 2 maande, maar hierdie keer het dit omtrent twee dae geneem en dit was verseker die Here).

Kosbare vrou ek wil jou regtig aanmoedig om ons kosbare Liefling Here te vertrou met jou finansies en ja dit begin met tiendes. Ek kan nie vir jou verduidelik hoe bang ek was om tiendes te gee nie, dit was regtig 'n stap in geloof en nou kan ek regtig getuig dat ons die Here se voorsiening onbeskryflik is. Vir jare en jare het ek met my finansies gesukkel, so baie dat ek nooit 'n uitweg daaruit gesien het nie, maar min het ek geweet dat ons kosbare Liefling HEre my Hoop in my Finansies was en net Hy.

Liewe kosbare vrou as jy twyfel en wonder hoe jy dit gaan doen, wil ek jou regtig aanmoedig om AL JOU VERTROUE IN ONS LIEFLING HERE TE PLAAS, daardie stap in geloof te neem en ons Liefling Here met jou finansies te vertrou en te sien hoe Hy die Vensters van die Hemel vir jou oopmaak, ek kan regtig getuig Hy los my elke keer met 'n WOW! Nog beter moenie dat ek jou oortuig nie, vra ons kosbare Here om vir jou te wys, soos wat ek Hom gevra het of ek my tiende moet betaal.

5 thoughts on “Vertrou Die Here Met Jou Finansies”

  1. Dankie Janine, ek wag om te hoor hoeveel ek die belasting moet betaal, alhoewel vrees my wil wil oorweldig, weet ek my Geliefde Here is in beheer en ek kan dit net vir Hom gee om vir my uit te sorteer en te voorsien.

    1. Kosbare Adina stem saam met my ons kosbare Here gaan bonatuurlik ingryp en jy gaan met die grootste getuienis kom en Hy gaan vir jou die vensters van die Hemel oopmaak. Kosbare Adina ek bid nou dadelik vir jou en ek is sommer opgewonde oor die getuienis wat jy met ons gaan kom deel!

      “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 11T1:7 https://www.bible.com/af/bible/5/2ti.1.7

      “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” M18:19-20 https://www.bible.com/af/bible/6/MAT.18.19-20.AFR83

      “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.” M3:10 https://www.bible.com/af/bible/6/mal.3.10

  2. WOW! Dankie vir hierdie mooi getuienis Janine, dit kom verseker van die Here af en ek stem 100% saam met jou VERTROU DIE HERE MET ALLES IN JOU LEWE!

    EK kan nie eers tik nie so opgewonde voel ek oor alles wat die Here in my en almal om my se lewens doen, ek kan nie eers in woorde sit hoe lief en dankbaar ek teenoor die Here is nie.

    Ek het ook ‘n rowwe week sover, my kar het ook besluit om nie meer te start nie, die fout le by my battery, ek het gaan kyk hoeveel my kar battery gaan kos R1300-R2000 ek het heeltemal moedeloos gevoel, MAAR ek het dit vir my kosbare liefling Here gegee en vanoggend het ek ‘n battery vir my kar gekoop, WOW NET WOW. Die Here het die regte mense op die regte tyd gestuur.

    MAAR soos Janine hierbo se, DIT HET NIE DAAR GESTOP NIE!!!!!!! Twee weke terug (in die middel van ‘n moeilike maand) moes ek lekker/peselhappies na my dogtertjie se skool toe stuur (die Maandag) vir hulle pretdag wat hulle gehad het, ek het heeltemal “uitgefreak” want op daai stadium het ek nie regtig geld gehad vir ekstra goedjies nie, ek het dit ook vir die Here gegee en VERTROU dat hy gaan voorsien, die Sondag trek ek ‘n baadjie aan wat ek NOOIT aantrek nie en wat kry ek in die sak GELD….. dadelik weet ek dit kom van die Here af maar my hart kry hierdie oorvloed van dankbaarheid. God het vir my net genoeg gee, dit wat ek nodig gehad het.

    Dames, GOD KAN!!!!!!!

    HEBREËRS 11:6 AFR83
    [6] As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

    https://bible.com/bible/6/heb.11.6.AFR83

    GENESIS 22:14 AFR83
    [14] Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”

    https://bible.com/bible/6/gen.22.14.AFR83

    FILIPPENSE 4:9, 19 AFR83
    [19] En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

    https://bible.com/bible/6/php.4.9-19.AFR83

    1. Wow Wow ek is so opgewonde saam met jou kosbare Mila, ons het die beste wonderlikste Liefling Here ooit!!! Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons kom deel het kosbare Mila, my hart loop oor van dankbaarheid oor wat ons Liefling Here doen!!!

    2. God seën jou Mila dat jy jou getuienis deel en pragtig bevestig hoe ons Geliefde ‘n uitstekende voorsiener is wat liefdevol na elkeen van ons behoeftes omsien! Hy verdien om elke dag geprys te word!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui