Sit In Die Wagkamer

Vandag se Belofte: “Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.” JESAJA 40:31

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Liewe Bruide, een van die redes hoekom ek mal is oor hierdie hoofstuk in die “Die Armoede Mentaliteit,” is dat dit ‘n plek is waarin ons onsself kan voorstel.  Ek kan selfs party van julle saam met my sien sit in die wagkamer.  Wag om geroep te word...in hierdie hoofstuk 9; sê die skrywer: “Wat ek en jy doen gedurende die wag, sal niks te doen hê daarmee om die wag korter te maak nie---daar is eenvoudig ‘n ‘vasgestelde tyd.’”

Ek sit in hierdie wagkamer en wag vir my dierbare Hemelse Man om tuisonderrig vir my moontlik te maak.  Hy het alreeds vir my ‘n wonderwerk gewys want my voormalige man (VM) wou my bekommernisse hoor omtrent die kinders terug stuur skool toe, teenoor tuisonderrig in hierdie moeilike tyd.  En alhoewel my voormalige man saamstem dat ons nie die risiko kan vat om hulle terug te stuur skool toe nie, keur hy ook nie goed dat Ek die tuisonderrig doen nie.

So dit is my bekommernis.  Op hierdie stadium spandeer my kinders ‘n week of twee by my huis, dan ‘n week of twee by my voormalige man (VM) se huis en dit word as vakansie beskou terwyl dit die tyd moet wees wat ons onsself gereed maak en seker maak dat hulle nie agter raak met enigiets nie.  Alhoewel hulle die werk doen wat die skool uitstuur, is ek net nie seker hulle kry die onderrig wat hul nodig het nie.

Ek sê nie dat ek dit beter doen as my voormalige man (VM) nie, want ek weet ek doen nie. Maar om twee huise te hê wat die tuisonderrig doen, met die een wat nie weet wat die ander doen nie, is net nie die standvastigheid wat my kinders op die stadium nodig het nie.

Ek wil gereeld dinge doen om die wag te probeer korter maak.  Probeer om dinge deur my eie krag te doen en al wat ek doen is om myself moeg te maak.  Ek sit in die wagkamer, sodat Hy dit kan laat gebeur.  Ek het al my bekommernisse na Hom toe gevat en ek wag vir Hom om my naam te roep.  Daar is niks anders vir my oor om te doen as om net te wag nie, oorgawe en vertroue.

Om die wag te geniet wanneer dit by my kinders kom, is een van die moeilikste dinge wat ek geroep is om nou te doen.

En dan dink ek aan ‘n vers in die Psalms.  Tweekeer in Psalm 42 en weer in 43, skryf die Psalmdigter:

Waarom is ek so in vertwyfeling

en waarom kerm ek so?

Vertrou op God!

Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.

Hy is my helper en my God!

Liefste Bruid, plaas jou vertroue in God, want ons sal weer vir Hom ‘n loflied sing, ons Redder en God.  Laat ons die wag geniet en alhoewel ons siele neerslagtig mag voel, laat ons ons vertroue in ons Hemelse Man plaas, die een wie die hemel en aarde gemaak het, is enigiets te moeilik vir Hom? Vertrou jy Hom om dit vir jou te doen?  Natuurlik, Hy kan enigiets doen!

“Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.” JESAJA 40:31

Ek het onlangs hierdie presiese vers in ‘n Lofverslag (LV) gebruik, hoe wonderlik bevestig Hy vir my dat as my hoop in Hom is, my krag hernu sal word.

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende vennoot. Leer meer.