Hy Sal Ons Dubbel Vergoed

♕ Vandag se Belofte: “Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het.” Jesaja 61:7-8

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Liewe Bruide, Niemand anders kan ons vergoed of ons probleme oplos nie, net ons Hemelse Man (HM) kan en Hy sal ons dubbel vergoed. Ons moenie na mense of ons aardse mans/voormalige mans (AM/VM) kyk om dinge vir ons reg te maak nie. Gaan met al jou probleme na jou Hemelse Man toe, hy sal die regte persoon, op die regte tyd stuur om jou dubbel te vergoed. Mense "het dit nie" (Hoofstuk 6, Vind die Oorvloedige Lewe). Alles wat jy verloor het of van jou weggeneem is, sal Hy vir jou teruggee en DUBBELD!

Ons is almal feilbaar, niemand van ons kan regtig in 'n ander persoon se behoeftes voorsien nie. Boonop is ons almal tog bietjie selfsugtig en as jy iets vir iemand anders doen verwag jy dalk iets terug. Net ons Hemelse Man (HM) kan vir ons gee wat ons nodig het, liefde, vrede, geluk en sekuriteit en vergoeding. En Hy sal ons op alle gebiede seën as ons net na Hom kyk om vir ons te gee of probleme op te los. En alles wat ons op hierdie reis verloor het, sal Hy vir ons teruggee en Hy sal ons dubbel vergoed as ons net na Hom kyk want dit is vir Sy glorie.

Ons Hemelse Man (HM) is ons ware en enigste bron en daarom help dit nie ons soek dit van mense af nie. Hy sal voorsien en vergoed.

Ek is besig om te leer om net na Hom te kyk vir alles wat ek nodig het, dit is moeilik veral as 'n mens 'n aardse man (AM) gehad het waarna mens altyd gekyk het of na enige mens om probleme op te los. Maar sover het Hy my nog elke keer gehelp of vergoed en so raak dit makliker om net na Hom te kyk vir alles. Ek gaan hierdie beginsel toepas deur Hom altyd eers te vra en elke probleem eers na Hom toe te vat. Om nie meer na mense te kyk vir hulp nie. As Hy iemand wil gebruik om jou te help sal Hy daardie persoon in staat stel en dit op hulle hart sit om jou te help.

Liewe Bruide, ons Hemelse Man is ons enigste bron. Alles wat ons het behoort aan Hom en het Hy vir ons gegee. Geen mens kan jou vergoed of in jou behoeftes voorsien nie, hulle "het dit nie!" Kyk na Hom en Hom alleen om te voorsien en te vergoed. Hy sal jou dubbel vergoed as jy net na Hom kyk en Sy bruid is!

“Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het.” Jesaja 61:7-8

Alles wat van jou weggevat is sal dubbel aan jou teruggegee word AS jy na jou Hemelse Man kyk om dit vir jou terug te gee.

“Maar Abram het hom geantwoord: ‘Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die HERE, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: “Ek het vir Abram ryk gemaak” nie.”’ Genesis 14:22-23

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!