"Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm." J41:10(DB)
Kosbare liefste vrou luister asseblief hoe die Here my op die snelweg geleer het dat ek ek Hom moet vertrou en Hom nie moet vra om my uit die beproewing te haal nie, maar net saam met Hom daardeur moet gaan.
"As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie." J43:2
En boonop het die Here my geleer om Hom te prys terwyl ek in 'n beproewing is.
"Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!" P150:6
"Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik." P145:3
So kosbare liefste vrou, vertrou die Here, Hy weet hoekom Hy 'n beproewing in jou lewe toelaat. Dis altyd vir 'n groter doel en terwyl jy in daardie beproewing is, loof en prys Hom vir wie Hy is.
Loof die Here, al die nasies. Prys Hom, alle volke. Want sy liefde is groot oor ons; die trou van die Here bly vir altyd. Prys die Here!PS117:1-2 NLV
https://bible.com/bible/117/psa.117.1-2.NLV
Dankie baie liefste Janine dit laat my dink aan die kortste psalm en wat dit so mooi bymekaar sê.
Dankie dat jy hierdie pragtige vers deel kosbare Kristy.
Dankie liefste Janine, ons kan rus in die wete Hy is by ons in die storms!
Ja kosbare Adina, wat ‘n wonderlike versekering om te weet dat die Here saam met ons is en dat ons deur niks alleen hoef te gaan nie.