"Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig." S10:19
In Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 7 sê die skrywer dat dit nie 'n tekort aan kommunikasie is wat probleme in ons huwelik veroorsaak nie, maar wanneer daar 'n stortvloed van woorde en besprekings is.
Ek moet erken ek wou altyd net dinge uitpraat en praat en sommer nog praat. My bekende woorde was: "kan ons asseblief praat" en ek onthou hoe dit my eggenoot net meer en meer weggedryf het van my af. Hy het nogal genoem hoe hy dit haat as ek sê kan ons asseblief praat.
Lees asseblief hierdie treffende gedeelte geneem uit die les, wat fantastiese raad is (en boonop uit die Woord van God):
Bly stil. Mense sê ons moet ons mening lug en sê wat ons dink, maar God sê: “Die verstandelose verag sy naaste, maar ‘n verstandige man bly stil” (Spr. 11:12). “Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang” (Spr. 13:3).
Ek het altyd my mening gelug, met natuurlik nie goeie gevolge nie, dus was ek glad nie verstandig nie. En ek gaan nou erken, dis nog iets waaraan die Here my werklik nog moet verander, want sonder Hom kan ek dit nie doen nie.
So kosbare vrou ek jou aanmoedig om eerder stil te raak en nie toe te laat dat jou mond jou ondergang is nie en natuurlik kan ons dit net met ons Liefling Here se hulp doen.
Liewe Janine.
Baie dankie vir hierdie herinnering.
Ek het ‘n worsteling vanoggend gehad of ek my mening moes gee oor ‘n situasie en hierdie gedeelte het my laat besef dat ek ‘n dwaas sou gewees het. Baie dankie!
Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Betty en ek is so dankbaar hoe ons Liefling Here met ons praat, want hierdie les was net weer vir my ‘n herinnering, want wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe, wow.
“Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang” (Spr. 13:3).