Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. 2K6:2
Wow! Vandag kàn ek nìks anders doen as om God te loof en prys nie!
Vandag het die Here my sò geseën!
Ek is so dankbaar vir die werk wat die Here vir my gegee het!
Ek wou sò graag die werk gehad het!
Buiten dat die Here die werk, wat ek nie verdien nie, vir my gegee het, is die salaris en voordele soveel beter as wat ek ooit kon dink!
Ek is ongelooflik dankbaar dat die Here my Hemelse Man is en dat Hy waarlik in AL my behoeftes voorsien!
Ek wil nooit weer iemand anders hê behalwe die Here nie.
Ek is sò lief vir die Here!
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak. F4:6-7
Ek is saam met jou dankbaar vir die werk wat ons wonderlike Here vir jou voorsien het kosbare Betty.
Jou lofprysing se opskrif laat my aan hierdie mooi belofte dink: “Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel.” J45:2-3 https://www.bible.com/af/bible/5/ISA.45.2-3.AFR53
Prys ons Geliefde Hemelse Man liewe Betty!! Hy is die een wat vir ons deure kan oopmaak wat niemand anders kan nie!
“Kyk, Ek het voor jou ‘n oop deur gegee, wat niemand kan sluit nie. Al is jou krag min, het jy vasgehou aan my woord, en het jy my Naam nie verloën nie.” Openbaring 3:8
Prys die Here! God is wonderlik, Hy bewys net oor en oor aan ons dat Hy in beheer is. Ons is opgewonde saam met jou liefste Betty!
Hy het geregtigheid en reg lief, die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Die Here verdien lof, want Hy doen altyd wat Hy sê. Jy kan Hom vertrou, want Hy is betroubaar. Ps 33:5
https://bible.com/bible/6/psa.33.5.AFR83
Betty, hoe wonderlik. Hy is so getrou aan Sy beloftes.
Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.
Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!
https://www.bible.com/af/bible/6/PSA.84.AFR83
So baie dankie vir al julle ongelooflike vrouens se bemoedigings! Dit beteken sò baie!
Jy is so baie kosbaar kosbare Betty en ek is so dankbaar vir jou.