Geloof Vermeerdering

"Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God." R10:17

Die skrywer van Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 3 skryf dat ons, ons geloof kan vermeerder deur God se Woord en die getuienisse van ander. En dat ons, onsself moet omsingel met vrouens wat baie gelowig is dat as ons nie meer geloof oor het nie, moet jy die bietjie wat jy het weggee deur iemand te bel wat aanmoediging nodig het en juis vir haar jou laaste druppel van geloof gee, want dis dan wanneer God jou met geloof sal vul.

Natuurlik het ek al baie dae gehad wat ek gevoel het asof my geloof te kort skiet en ek kan getuig die oomblik wat ek die Bybelverse lees wat ek al op 'n vorige keer onderstreep het (juis omdat ek so swak in geloof voel dat geen ander Bybelverse vir my uitstaan nie), versterk dit my geloof. En ek het nou al agter gekom wanneer ek dan juis wanneer ek so voel, God se beloftes memoriseer en daarop te mediteer, voel ek hoe ons kosbare Liefling Here my geloof versterk.

Ek weet dis so maklik om in selfbejamering te verval sodra ons voel dat ons niks geloof oor het nie en daarvan kan ek ook getuig, maar die oomblik wat ek iemand anders bemoedig, voel ek sommer beter. So kosbare vrou kom ons bemoedig ander en gee ons laaste druppel van geloof, juis wanneer ons voel asof ons nie meer geloof oor het nie.

4 thoughts on “Geloof Vermeerdering”

  1. Dankie liefste Janine, om te gee as dit lyk en voel asog jy niks het nie, is so kragtige beginsel. En die belangrikste ding wat ek geleer het is dat dit nie altyd finansieel hoef te wees nie, maar wanneer ons voel ons het nie tyd nie, gee tyd aan iemand wat alleen is en wanneer ons nie hoop of geloof het nie, gee vir iemand anders hoop en geloof.

    Hier is nog ‘n kragtige les oor gee: “Gee dit weg” (https://uiteindelikhoop.com/vind-die-oorvloedige-lewe/h4/)

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige les deel kosbare Adina. Ek het altyd gedink die saai en maai gaan net oor finansies, maar ek is dankbaar dat ek geleer het dat dit nie finansiëel hoef te wees nie.

  2. Ek stem saam met albei van julle, maar ek besef ek doen dit nie altyd nie. Sjoe, dankie dat julle my herinner het om te gee as ek voel ek het nie. Ek het hierdie boodskap vandag baie nodig gehad.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel Yvonne, ek doen dit ook nie altyd nie. Ek is so dankbaar dat ek teruggekom het om na die kommentaar te kyk, want hierdie week het ek net afgevoel, maar dit het my nou gemotiveer om iemand anders juis te bemoedig.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui