Lees Paula se HERSTELDE Huwelik getuienis,
"Pappa"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

Hoofstuk 3 “Jy moet Geloof in God Hê”

“Jesus antwoord en sê vir hulle:
Julle moet geloof in God hê.

—Markus 11:22

Is jy gevul deur Geloof of Vrees?

Vrees is een van die grootste aanvalle wat jy sal moet oorwin. Rom. 12:21 sê vir ons: “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Vrees sal jou geloof steel en van jou ‘n kwesbare teiken maak vir die vyand. Wanneer jy na ander luister oor jou eggenoot se doen en late, instede daarvan dat jy, jou oë op Jesus en Sy Woord hou, sal jy begin sink!

Jy moet geloof hê in God se vermoë en Sy begeerte om jou huwelik te restoreer. Weereens, lees die getuienisse van ander herstelde huwelike; en glo dat God joune by hulle s’n sal byvoeg!

‘n Voorbeeld van geloof: Petrus. Lees die storie van Petrus in Mattheus 14, wat begin by vers 22. Jesus het vir Petrus gevra om op die water te loop. Indien Jesus vir jou vra om op die water te loop, gaan jy uit die boot klim? Kyk wat gebeur wanneer Petrus na Jesus uitroep – dit word gevolg deur die woord onmiddellik. Jesus het onmiddellik met hulle gepraat en vir hulle gesê dat hulle moet moed skep. Toe later, wanneer Petrus begin sink het, het hy na Jesus uitgeroep, “…En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp.” (Matt. 14:31).

Vrees. ‘n Vraag wat ons vir onsself moet vra is: “Hoekom het Petrus gesink?” “Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword.” (Matt. 14:30). As jy na jou situasie kyk en jou oë op jou omstandighede fokus, dan sal jy sink! Petrus het sy oë van Jesus afgehaal en die gevolge daarvan was vrees! Dit sê: “Hy het bang geword.” Indien jy, jou oë van Jesus afhaal, sal jy ook bang word.

Kyk na Jesus en styg uit bo jou storm. Wanneer jy in ‘n vliegtuig sit, in die midde van ‘n storm, is dit baie stamperig terwyl jy stuig tot bokant die wolke. Maar as die vliegtuig eers bokant daardie swart wolke is, is die vlug glad, die son skyn en jy kan amper sien en voel dat God daar is! Snaaks genoeg, vanaf daardie posisie, lyk die wolke onder jou sag en wit!

Jou getuienis. ‘n Ander punt wat baie belangrik is, is om te kyk wat gebeur het met die ander mense wat in die boot was. (Het jy vergeet dat daar ander was wat nie uit die boot geklim het nie?) Dit sê: “Toe kom dié wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, Jy is die Seun van God ” (Matt. 14:33). Is jy gewillig dat God jou gebruik om Sy goedheid, Sy beskerming en Sy welwillendheid aan ander te wys? Daar is ‘n groot belooning! Dit is evangelieleer. Ander sal na jou toe kom wanneer hulle probleme ondervind omdat hulle gesien het hoe kalm jy was ten spyte van jou omstandighede.

Oormeester

Die wind het gaan lê. “Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.” Matt. 14:32. Jou stryd sal nie vir ewig aanhou nie. Hierdie toets was nodig om Petrus sterk genoeg te maak sodat hy die “Rots” genoem kon word, waarvan Jesus gepraat het (sien Matt. 16:18). Satan (en ander wat vir hom werk) sal vir jou probeer vertel dat jy vir ewig in hierdie situasie sal bly lewe, totdat jy omdraai en wegloop, moed opgee of ophou glo in God se Woord.

God het nooit bedoel dat jy “in 'n dal van doodskaduwee” bly nie. In Psalm 23 sê dit dat ons “deur 'n dal van doodskaduwee” sal gaan. Satan wil hê dat ons moet dink dat God wil hê ons moet vir altyd daar bly! Hy wil hê dat ons “hopeloos” moet voel! God is ons hoop, en hoop is die geloof in Sy Woord wat in ons harte gesaai is.

Geloof

Abraham. ‘n Tweede voorbeeld van geloof is toe Abraham 90 jaar oud was en nog nie die kind gehad het wat God aan hom belowe het nie. Dit sê: “Hy het teen hoop op hoop geglo” (Rom. 4:18). Is dit nie goed nie? Toe daar geen hoop meer was nie, het hy nogsteeds in God geglo en geglo dat God sy belofte sou nakom. Ons moet dieselfde doen.

Tree op met geloof. “En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Matt. 17:20).

Indien jy ‘n gebrek het aan geloof. Indien jy ‘n gebrek het aan geloof moet jy vir God vra vir nog. Daar is tot ‘n stryd vir ons geloof. “Stry die goeie stryd van die geloof” (1 Tim. 6:12). “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou…” (2 Tim. 4:7). “En Hy (Jesus) kon geen wonderwerk daar doen behalwe dat Hy ‘n paar siek mense genees het. Hy was verbaas oor hulle ongeloof.” (Mark. 6:5). Wanneer die Here jou huwelik herstel, sal Hy verbaas wees oor jou ongeloof?

Navolgers van Geloof. Ons sal goed doen as ons die Gelowiges in die Bybel na-aap. (Jy kan alles lees oor geloof in Hebreërs, hoofstuk 11). Ons moet glo in God se beloftes: “…sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.” (Heb. 6:12). Daar is baie vrouens wat die beginsels in hierdie boek gevolg het en wie oorwinning gehad het oor hulle gebroke huwelike. Hulle getuienisse sal jou bemoedig in jou geloof. Glo wat die liedjie sê: “Wat Hy vir ander al gedoen het, sal Hy vir jou ook doen!” Lees al die getuienisse van herstelde huwelike wat God herstel het op ons webblad by EncouragingWomen.org.

Onsekerheid sal jou vernietig

Dubbel-hartigheid of Onsekerheid. Jy moet nie ‘n dubbel-hartige mens wees nie. Jou verstand moet nie in God twyfel nie. “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie - so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” (Jak. 1:6–8). “Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief” (Ps. 119:113).

Indien jy ‘n probleem ondervind met dubbel-hartigheid, moet jy God se Woord lees en op God se Woord mediteer, want dit is die enigste waarheid! Jy moet ook jouself afsonder van enigiemand wat vir jou aanhou vertel dat jou huwelik nooit kan of sal herstel word nie, of iemand wat aanhou om vir jou te vertel dat wat jy wil doen verkeerd is. En jy moet die waarheid aan almal vertel oor jou geloof in God om jou huwelik te herstel.

Geloof sonder werke. “Maar iemand mag wel sê: ‘Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.’” (Jak. 2:18). Wys vir ander dat jy geloof het deur jou dade. Indien jy glo dat jou eggenoot huistoe sal kom, bewys dit deur jou dade. Los sy kant van die klerekas leeg, sy kant van die bed netjies, sy bedkassie se laaie leeg—en maak seker dat jy, jou trouring dra! “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?” (Jak. 2:20). Indien jy glo dat waarvoor jy bid bewaarheid gaan word, moet jy daardie persoon hanteer asof hulle klaar verander het!

Moenie voor God uit hardloop nie. Moenie beweeg nie. Moenie ‘n huis koop met die gedagte dat dit vir jou en jou eggenoot gaan wees wanneer hy tuis kom nie. Wag eerder aan hierdie kant van die Jordaanrivier – moenie die Beloofde Land ingaan sonder jou eggenoot nie! God is ‘n God van wag. Dringendheid is gewoonlik van satan.

Standvastig in Geloof. Herinner jouself aan diegene wat oorwin het en God se belofte ontvang het. “Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.” (1 Pet. 5:9). Lees die getuienisse op ons webblad en in ons boek “By the Word of Their Testimony.” Hou die getuienisse van ander in gedagte elke dag. Deel hierdie getuienisse met jou familie en vriende wat nie geloof het, dat God jou huwelik sal herstel of glo jy nie dat God jou eggenoot sal kan verander nie. (Hy het jou verander, het Hy nie?)

Hoe om jou Geloof te vermeerder

God se Woord. Hoe kan ons, ons geloof vermeerder? “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.” (Rom. 10:17). Lees God se Woord en die getuienisse van ander. Omsingel jouself met vrouens wat baie gelowig is en saam met jou sal glo. Daardie vrouens wat glo in God se beginsels sal by jou staan en jou help. Baie keer as jy voel dat jy nie meer geloof oor het nie, moet jy die bietjie wat jy het, ook weggee. Bel iemand wat aanmoediging nodig het en gee vir haar die laaste druppel van jou geloof. Jy sal die telefoon neersit en verheug wees omdat God jou gevul het met geloof. Lees 1 Konings 17:12–15 om te onthou hoe die weduwee haar laaste stuk brood vir Elia gegee het en die wonderwerk wat sy ontvang het!

Baie vrouens kom na ons toe om hulp, maar hulle huwelike word nie gerestoreer nie, omdat hulle nie ander help wat deur dieselfde stryd gaan nie. God se Woord stel dit duidelik dat dit teen God se beginsels is om nie ander te help nie. Kry vir jou ‘n vriendin wat in dieselfde situasie is en bied jou hulp aan. Bid vir mekaar en bid dat jy dalk ander ook kan help wat in jou kerk is en hulself in dieselfde situasie bevind. God het my gebruik (en ander) om vrouens met huweliksprobleme te bemoedig en God het ons met ‘n herstelde huwelik geseën!

Gehoorsaamheid. Moenie vergeet dat gehoorsaamheid die sleutel is tot oorwinning nie. Moenie vergeet wat Jesus gesê het nie, “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. En dan sal Ek aan hulle sê: EK HET JULLE NOOIT GEKEN NIE. GAAN WEG VAN MY,JULLE WAT DIE ONGEREGTIGHEID WERK!’ ”(Matt. 7:21, 23). Indien jy aanhou om te doen wat jy weet die teenoorgestelde is van dit wat in die Bybel staan – sal jou huwelik nie herstel word nie!

In God se wil. Indien jou hart jou oortuig dat jy nie in God se wil lewe nie of dat jy nie die beginsels in hierdie boek volg nie, dan sal jy glad nie geloof hê om enigiets van God te vra nie. Jy sal nie glo dat God jou gebede sal beantwoord nie. Vra vir God om jou wil te “breek”, sodat jou wil God se wil word.

Jy MOET Wag

Wag vir God se tydsberekening. Dit blyk asof God een ding op ‘n slag in ons verander. Ons moet saam met God werk in Sy tydsberekening. Dit beteken nie dat ons moet wag om te bid nie; dit beteken net dat ons moet wag totdat God op die regte tyd ons situasie sal verander. Dank God dat Hy jou nie toegooi met al jou sondes op een slag nie (deur skuldigverklaring)! Gebruik die tyd wanneer jy wag om te bid. Die stryd sal aanhou, terwyl jy nie eers bewus is daarvan nie. Onthou net een ding, “Wanneer die stryd God s’n is, is die oorwinning ons s’n!”

Ons word aangemoedig deur die wete dat God ons onmiddellik hoor, indien Sy antwoord lyk of dit stadig is. In die boek van Daniël, het ‘n engel met hom gepraat en aan hom hierdie insig gegee: “…want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde se ontwil het ek gekom; maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan…” (Dan. 10:12–13). Dit sal tyd vat om die stryd te wen, so moenie moeg word nie. “En julle, broeders, moet nie in goeddoen verflou nie.” (2 Tess. 3:13).

Persoonlike verbintenis: om God toe te laat om my te verander. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek my om God en Sy Woord te begeer en om meer geloof te hê in die feit dat God my huwelik kan herstel. Ek sal vrees oorwin deur my oë op Jesus te rig.

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui