Geloof Is Onsigbaar

"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."H11:1

Kosbare vrou asseblief onthou dat geloof onsigbaar is.

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 4:

Geloof is onsigbaar. Baie vrouens skryf aan my dat hulle op die uitkyk is vir tekens van verandering in hulle huwelike of in hulle eggenote se houdings teenoor hulle. Jy moet onthou dat die Bybel dit baie duidelik stel—geloof is dit wat ons nie sien nie! Wanneer ander jou vra oor jou omstandighede, antwoord hulle met, “Prys die Here, God is besig om te werk!” 

Met so baie dinge in my lewe het ek al gedink ek het 'n teken nodig, want anders niks mos besig om te gebeur nie, maar dis juis wanneer dit so vir my "gelyk" het dat ons kosbare liefling Here agter die skerms besig was. En dis juis in so tyd wat Hy vir my hierdie pragtige prentjie gewys het.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons Liefling Here met jou hele hart te glo.

"Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel nie dat Hy sy beloftes sal hou en om daarna uit te sien. Ons kan dit wel nie nou al sien nie, maar ons weet vir seker dat dit sal gebeur." H11:1DB

2 thoughts on “Geloof Is Onsigbaar”

  1. hallo dierbare janine…
    ek het nog jou video oor hoe die Here agter die gordyn werk. ek is so bly om te sien hoe hy dinge kan doen vir goed .
    Dankie dierbare Janine

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui