"Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie." H2:3
Lees asseblief hierdie gedeelte uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 5 "Dit is SO die Wag Werd" want dit is 'n vraag wat ek self so baie gevra het en ek glo jy ook vra:
Sal jy ooit daardie plek bereik van vrede, vooruitgang en (kan jy jouself voorstel?) vreugde in jou lewe? JA! Ek was waar jy nou is vir jare en jare en jare...Maar ek raai ek was deur genoeg om julle te vertel dat JA, inderdaad dit is die wag werd—en jou wag het ‘n wonderlike, beplande doel!
En hier is ek om ook te beaam dat dit beslis die wag werd is!
Jare gelede toe my eggenoot my gelos het vir 'n ander vrou en ek in die onbeskryflikste hartseer was, het ek gedink dat niks dit ooit beter kan maak nie, hetsy nog sê dat dit die wag werd is nie, want ek wou onmiddelike genesing hê en as ek nie onmiddelike genesing van my gebroke hart kon kry nie, wou ek dan eerder nie leef nie. Ja dis hoe erg dit vir my gevoel het.
Lees asseblief wat die skrywer verder sê wat ek weereens kan beaam:
Soos wat ek terugkyk, was dit die wag wat my gemaak het wie ek vandag is. Die wag het my in staat gestel om die Here te ken soos nou. Ek sou Hom nooit so intiem geken het en sou Hom nooit kon waardeer het, of my lewe, soos ek nou doen nie, sekerlik nie soos ek nodig gehad het om Hom te ken nie.
Vandag kan ek getuig dat al die wagtydperke so nodig in my lewe was en glo my ons kosbare Geliefde Here het die wag die moeite werd gemaak en ek sal my lewe saam met Hom vir niks verruil nie. Saam met Hom het ek die plek van vrede, vreugde en vooruitgang bereik en kosbare vrou as jy nog nie daar is nie, wil ek jou bemoedig met hierdie woorde: "Jy ook gaan nog daardie plek bereik, solank jy Hom net vertrou en styf vashou aan ons Geliefde Here."
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons Geliefde Here te vertrou en te vertrou hoekom Hy toelaat dat jy deur seer gaan en as jy dalk in 'n wagtydperk is, wil ek jou aanmoedig om dit saam met Hom te geniet, want Hy is die Een wat die wag die moeite werd gaan maak.
Die wag is absoluut die moeite werd. Daarvan kan ek ook getuig. Alhoewel mý wil nie geskied het nie, het Gòd se wil in my lewe geskied en dit is baie meer as wat ek ooit voor kon vra. Ek het ook ‘n pad van hartseer gestap, vir sò lank, omdat ek God nie toegelaat het om Sy wil in my lewe te doen nie, ek het sò vasgehou aan wat èk wou hê dan ek die seeninge wat God vir my gehad het gemis het.
Maar toe ek oorgee en God vra wàt Sy wil is en om my te wys, het Hy nie versuim nie.
En hier is ek, met God as my Hemelse Man, en ek wil dit nie anders hê nie.
Wow wat ‘n pragtige getuienis kosbare Betty. Ons kosbare Geliefde Here is die beste ooit!!!
Ek sal nooit vergeet as ek vir my vriendin sê maar wat as die Here se wil dit of dat is, dan herinner sy my so mooi, maak nie saak wat nie die Here het vir jou planne van voorspoed en nou na al die seer glo ek dit met my hele hart, want Hy het my nog nooit teleurgestel nie.
Hierdie gedeelte het my herinner aan die laaste hoofstuk van Herstel Jou Verhouding, waarin die skrywer sê dat ons nie in die vallei van die skaduwee sal bly nie, dat ons daardeur sal gaan, maar dat ons nie daar sal vashaak as ons die leiding van ons geliefde volg nie. En ek het ook geglo dat die pyn wat ek aan die begin van my reis gevoel het, nooit oorkom sou word nie, maar dat hierdie wag daartoe gelei het dat ek my Hemelse Man gevind het en opgehou het om dieselfde strydlustige vrou te wees. Wag reinig ons, transformeer ons en bring ons bowenal nader aan intimiteit met die Here. Dankie, skat, dat jy hierdie wonderlike deel gedeel het.
https://loveatlast.org/ryr/c18/
Dankie dat jy met ons kom deel het kosbare Liza. Dis so pragtig wat jy uit daardie les gedeel het. Ja juis wanneer ons, ons Geliefde se leiding volg sal ons nie daar vashak nie, dankie dat jy ons daaraan herinneer. Ek het ook gedink daardie pyn sal nooit weggaan nie, maar dit het en plek gemaak vir genesing en getuienisse, wow is Hy nie net wonderlik nie!