"Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met 'n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry." 1P3:9
Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 8 "Sonder Woorde" sê dat as 'n vrou uitvind dat haar man by 'n ander vrou betrokke is, moet sy "laat gaan" deur hom nie te volg of te konfronteer nie. Dat jy van sy rug moet afklim. Die hoofstuk sê ook verder dat as jy met die belediging of woorde wat seermaak saamstem en dit beantwoord met vriendelike woorde of 'n seëning sal dit jou situasie onmiddellik omdraai.
Wel hierdie moet ek erken dit is baie beslis nie wat ek gedoen het nie. Ek was ongelooflike kwaad vir my eggenoot en vir die ander vrou en het altwee gekonfronteer, so gevolglik het ek dinge net erger en erger gemaak met al my woede. En buiten dat ek dit erger gemaak het, het ek net meer en meer stukkend gevoel met al die woede binne my. Ek wou met alle mag hê hy en sy moet verandwoordelikheid vir hulle dade aanvaar, maar dit het my net meer en meer in 'n swak lig by almal gestel.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om nie my baie foute te maak nie en te doen wat die hoofstuk sê deur stil te bly en uit jou eggenoot se pad uit te kom en vir hom te bid.
"Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag." J5:16
Liefste Janine ek kan myself vereenselwig met wat jy gedeel het. Ek was net so kwaad en dit het op die verkeerdste maniere uitgekom, ek het altyd baklei en beleddig wat dinge net soveel erger gemaak het en die haat muur net versterk het, in hoogte en breedte! En die resultaat van my gedrag en tekort aan kennis was dat my huis inmekaar getuimel het.
Ek het al soveel keer gewonder wat so gebeur het as ek die kennis gehad het wat ek nou het en net laat gaan het. Maar die beginsels help my nou om vreedsame “co-parenting” verhouding met my voormalige man te he.
Ek het ook al gewonder kosbare Adina, want my huis het ook inmekaar getuimel as ‘n resultaat van my gedrag, maar ek weet ook ons kosbare Geliefde Here gebruik dit ten goede.