Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 5 ”Dit is SO die Wag Werd”
Om te verstaan hoekom ons wag mag selfs belangriker wees as om vir die belofte te glo. Eenvoudig gestel, wanneer God ons iets vir die toekoms wys, is dit omdat ons nie gereed is om dit te hanteer of ten volle te geniet, sonder hierdie voorgenome wag tydperk nie
Tog, die wag is nie net vir ons beswil nie, dit is ook omdat die tydsbereking dikwels nie reg is nie. God orkestreer elke persoon en gebeurtenis om saam te kom op ‘n presiese oomblik in tyd, vir Sy glorie. Ons neig om hierdie deel te vergeet, as gevolg van ons natuurlike self-gesentreerde en self-absorberende self. Al wat ons weet is dat ons moeg is vir wag, terwyl ons vergeet dat die Here binnekort verheerlik gaan word en dit is vir hierdie rede dat God die wonderwerk in elk geval in ons lewe bring.
~~~~~~
As n kind het ons geleer daar is n plek en tyd vir als. Vanogend verstaan ek eintlik wat dit beteken want as ons kry wat die Here vir ons beplan voor ons gereed is, dan gaan ons dit nie reg hanteer nie. Dit is hoekom ons moet wag op die Here se plek en tyd. Wanneer die Here vir ons gee wat Hy vir ons beplan het, is dit juis wanneer ons gereed is om dit reg te kan hanteer en die Here al die glorie kry.
Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd;dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie,want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie—H2:3.
Jou son sal nooit weer ondergaan, of die maan afneem nie. Want die Here sal jou lig wees vir altyd. Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom—J60:20.
Ja kosbare Kristy, die Here se tyd is die heel beste alhoewel ek gevoel het asof die Here laat is besef ek vandag dat die Here nooit ooit laat is nie en daar ‘n grootter rede is hoekom ons moet wag en dit vir ons wonderlike Here se eer is.
Kristy ek moes ook maar leer om te wag vir my HM se bepaalde tyd. Maar hierdie les het my geleer dat die wag ons voorberei op ons wonderwerk, dis ‘n tyd om net te rus in Hom en krag op te bou vir wat voorle. En ons kan rus in die wete dat Hy besig is om te werk terwyl ons net rus in Hom.