Die Obsessie Om ‘n Herstelde Huwelik Te Kry

"Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie."O2:4

Lees asseblief hierdie kort treffende gedeeltes aangehaal uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 5:

"Het jyjou eerste liefde verlaat? Wie is jou eerste liefde? Was jou eggenoot jou eerste liefde?...

Wat gebeur waaneer ons iemand meer liefhet as vir God? Wat doen Hy om johart terug te draai na Homself? Indien jyjou eggenoot meer as God liefhet, dan sal God jou eggenoot van jou verwyder... Moenie huweliksherstel voor God plaas nie; jy moet God eerste in jou lewe plaas!"

As ek eerlik gaan wees moet ek erken, nie eens my eggenoot was my eerste liefde nie, maar die obsessie om 'n herstelde huwelik te kry het my eerste liefde geword. Dit het so erg geword dat ek nie omgegee het hoe seer ek die ander vrou maak nie en dit sê ek met soveel skaamte, want sy het dit glad nie verdien nie. En ek het gedink het die volste reg om haar so seer te maak en myself regverdig om te sê dat hy eerste my man was, maar ek was so baie verkeerd.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief nie dieselfde fout as ek te maak nie, niks is so belangrik soos ons kosbare Liefling Here nie, nie eens huweliksherstel nie. Moenie jouself in die proses verloor net om 'n herstelde huwelik te kry nie, dis nie die moeite werd nie, maar ons kosbare Liefling Here is beslis die moeite werd, so maak Hom eerste in jou lewe.

8 thoughts on “Die Obsessie Om ‘n Herstelde Huwelik Te Kry”

  1. Dankie liefste Janine. Om ‘n herstelde huwelik te he was op ‘n stadium ook vir my my eerste prioriteit. Maar ek kan net vandag vir my Geliefde Here dankie se dat Hy my daarvan genees het en dat ek deur Sy krag niks snaaks gedoen het om ‘n herstelde huwelik te verkry nie. Hy het my betyds na RMI gelei waar ek al die beginsels geleer het, en belangrikste van als, om te laat gaan.

  2. Dankie Janine vir die deel, in my geval was daar ‘n tyd toe ek dit ook gedoen het, die waarheid is dat al my gebede gebaseer was op herstel, en wel, ek is skaam om dit te sê, ek het ook na sy hand gesoek en nie syne nie gesig, die mooi ding is dat ons Geliefde by ons leer dat ons HOM s’n is en ons syne is, en in sy groot proses van liefde en herstel saam met HOM openbaar hy aan ons dat HY meer as genoeg is, dat Ons Geliefde kragtig is, Hy vul ons, Hy versadig ons met sy onuitputlike liefde.

    1. My gebede ook kosbare Viera, ek is so dankbaar vir Sy genade en liefde wat ons transformeer en ja beslis versadig Hy ons met Sy onuitputlike liefde, waarvoor ek so dankbaar is.

  3. Liewe Janine, My hoogste doelwit was ook om my huwelik te herstel. Die les wat jy deel was ook vir my ‘n eye-opener. Ek het my eerste Liefde verlaat. Ek stel my gewese man eerste. Ek is so baie dankbaar dat Hy my na hierdie bediening gebring het en my geleer en laat ervaar het dat Hy my eerste Liefde moet wees. Dit is so wonderlik om Hom as ‘n Hemelse Man te hê, ek geniet my lewe saam met Hom!

    1. Ek is net so dankbaar dat Hy ons na hierdie bediening toe gelei het kosbare Hanna, want Hy leer my so baie deur hierdie bediening en ek is ongelooflik dankbaar daaroor. ‘n Lewe saam met Hom kan werklik met niks vergelyk word nie, Hy maak alles net die moeite werd.

  4. Dankie Janine dat jy jou hart vir ons oopgemaak het, daar was ‘n tyd toe ek ook ‘n obsessie gehad het met die herstel van my verhouding, dit is baie maklik om daardie dun lyn oor te steek sonder om dit te besef, en ek het so geïdentifiseer gevoel as jy sê dat jy nie eers glo dat jy jou man meer liefgehad het nie, ek voel dat dit soos iets word om te wys dat ons nie heeltemal verloorders was nie en ons regtig verloor as ons nie besef nie en ons volg daardie pad, Omdat ons ons geliefde verloor en alles wat Hy vir ons het.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Aminta, jys reg daardie is ‘n baie dun lyn en voor jy jouself kry het mens fokus verloor, maar ek weet ook dat dit nie eens ons kosbare Liefling Here onkant gevang het nie en dat Hy ons foute ook ten goede sal gebruik, want dis net Wie Hy is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui