Hier waar ek sit en aan die gebeure van die afgelope week dink, besef ek dat ek in die hospitaal kon beland het. Ek het om die blok gaan stap en met die Here gesels, toe daar ewe skielik 'n hond uitgekom het wat my wou byt. Ek kon nie beweeg nie en kan nie verduidelik hoe wreedaardig sy uitdrukking op sy gesig was nie. Ek het onmiddelik gevries en in trane vir die Here gevra om my asseblief te help. Toe het iemand skielik van voor gekom en die hond met 'n klip probeer gooi en toe het die mens voor wie se huis ek gestaan het, uitgekom en gehelp. Ek besef nou dat die Here tussen my en die hond gaan staan het en Sy engele my beskerm het.
Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke. P17:8
Dankie vir hierdie lofverslag kosbare Kristy, die Here is werklik ons beste Beskermer in enige omstandighede.
Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser. P91:4 https://www.bible.com/af/bible/6/PSA.91.4.AFR83
Baie dankie vir die lofverslag Kristy, dit is vir my so lekker om te weet die Here altyd by ons is en beskerm ons oral waar ons gaan. 💕
Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. Ps.121:8
https://bible.com/bible/6/psa.121.8.AFR83