HHG – “Die Pyn En Verwerping Het Amper Ondraaglik Geword”

♕ Vandag se belofte: “Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie.” Romeine 12:12

Nia erken dat die seer net meer toegeneem het omdat sy gekies het om nie te vergewe nie. Vergifnis is so ongelooflik belangrik, ek het self gesukkel om te vergewe en moet erken, dat dit my naderhand so dooie gevoel gegee het en dit het later vir my gevoel of ek net bestaan, as dit sin maak. Op ons Wyse Vrou naweek in die Kaap, het Adina ‘n les gedeel oor vergifnis en dis toe wat ek vir die Here gevra het om my te help om te vergewe en dit was so bevrydend.

Vergifnis – Adina in Suid-Afrika🎤

Nia sê sy het haar eie huis afgebreek, omdat sy dit nooit op die Rots gebou het nie. Sy het geen idee gehad wat God oor enigiets gesê het nie, maar sy het begin leer. Nia sê dit was 'n unieke en lewensveranderende oomblik in haar lewe toe sy by ‘n groep vrouens aangesluit het wat die Wyse Vrou bestudeer het.

Nia het God gevra vir ‘n teken of sy die stryd vir haar huwelik moes voortsit en dis toe dat ‘n suster by ‘n vrouediens vir haar die Herstel Jou Huwelik boek gegee het en natuurlik was dit ‘n antwoord op haar gebed en die teken wat God haar gegee het.

Nia sê die Here het haar gehelp om haarself van al die angs wat in haar hart was, te bevry. Hy het haar hart gevul met Sy vrede sodat sy nie onder die omstandighede sou ly nie en sodat sy altyd kon leer om op Hom te vertrou. Die Here is werklik so wonderlik, Hy is die Een wat ons vrede en vreugde kan gee wat alle verstand te bowe gaan, Hy wil nie hê ons moet in vrees en angs lewe nie.

Nia sê die keerpunt van hulle herstel was toe sy elke situasie laat gaan het en dit aan God oorgegee het. Sy het met haar Hemelse Man gepraat en alles aan Hom oorgegee en Hom alles in haar lewe laat beheer.

Die Here wil elke situasie in ons lewe beheer, Hy weet in elke geval presies hoe om ons lewens te beheer, alles tot eer van Sy naam, gee oor kosbare bruid.

Asseblief lees Nia se volle herstelde huweliksgetuienis:

HERSTELDE Huweliksgetuienis: “Die Pyn En Verwerping Het Amper Ondraaglik Geword”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui