“Deel is Omgee” Boekdag – ‘n Wyse Vrou

“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard." J1:2-3

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek gedeelte uit 'n Wyse Vrou, Hoofstuk 10 "Allerlei Beproewings"

Die belangrikste ding wat ons moet besef gedurende ons beproewings, verdrukkings, toetse en versoekings, is dat God in beheer is! Dit is Sy hand wat toelaat dat hierdie beproewings ons aanraak of nie aanraak nie. Wanneer Hy dit wel toelaat, stuur Hy Sy guns en genade, wat ons in staat stel om uit te hou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui