"Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou." P91:2
Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.
Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.
Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Vandag deel ek 'n gedeelte uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 12 "Jou Beste Beskerming"
Wanneer ons op God vertrou vir ons finansies, is Hy die Een wat “in al ons behoeftes voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” As ons dwaaslik probeer om Hom te help, vind ons dat ons finansies gou nie genoeg is om die rekeninge te betaal nie. Dit verg vertroue. Kan Hy vertrou word?
Ons Here voorsien in ons behoeftes, op wonderlike maniere. Ek het dit in my lewe gesien, wanneer ek dink ek kan nie betaal nie, en Hy gee my die geld om dit te doen. Ons Geliefde sorg vir ons, vermeerder ons kos ook, Dankie Janine vir die deel.