WOW! Ek wil net vanoggend dankie se vir my liefling dat ek so rustig kon slaap gisteraand. My dogtertjie het Saterdag deur die aand begin siek word, sy het die laaste paar aande so onrustig geslaap, ek was so so moeg! Ek het met die Here gepraat en vir Hom vertel hoe moeg en voel en dat ek asseblief net 1 aand ‘n goeie nagrus wil he, weereens was Hy so getrou, nie net het ek lekker geslaap nie; my dogtertjie is soveel beter vanoggend! Dankie my wonderlike Hemelse man dat U so mooi na my en my dogtertjie kyk.
Dankie vir die mooi getuienis kosbare Meagan, dis werklik net die Here wat ons so rustig kan laat slaap en Hy is die beste Geneesheer ooit.