"Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie."O2:4
Lees asseblief hierdie kort treffende gedeeltes aangehaal uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 5:
"Het jy, jou eerste liefde verlaat? Wie is jou eerste liefde? Was jou eggenoot jou eerste liefde?...
Wat gebeur waaneer ons iemand meer liefhet as vir God? Wat doen Hy om jou hart terug te draai na Homself? Indien jy, jou eggenoot meer as God liefhet, dan sal God jou eggenoot van jou verwyder... Moenie huweliksherstel voor God plaas nie; jy moet God eerste in jou lewe plaas!"
As ek eerlik gaan wees moet ek erken, nie eens my eggenoot was my eerste liefde nie, maar die obsessie om 'n herstelde huwelik te kry het my eerste liefde geword. Dit het so erg geword dat ek nie omgegee het hoe seer ek die ander vrou maak nie en dit sê ek met soveel skaamte, want sy het dit glad nie verdien nie. En ek het gedink het die volste reg om haar so seer te maak en myself regverdig om te sê dat hy eerste my man was, maar ek was so baie verkeerd.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief nie dieselfde fout as ek te maak nie, niks is so belangrik soos ons kosbare Liefling Here nie, nie eens huweliksherstel nie. Moenie jouself in die proses verloor net om 'n herstelde huwelik te kry nie, dis nie die moeite werd nie, maar ons kosbare Liefling Here is beslis die moeite werd, so maak Hom eerste in jou lewe.
Dankie liefste Janine. Om ‘n herstelde huwelik te he was op ‘n stadium ook vir my my eerste prioriteit. Maar ek kan net vandag vir my Geliefde Here dankie se dat Hy my daarvan genees het en dat ek deur Sy krag niks snaaks gedoen het om ‘n herstelde huwelik te verkry nie. Hy het my betyds na RMI gelei waar ek al die beginsels geleer het, en belangrikste van als, om te laat gaan.
Ek is net so ongelooflik dankbaar dat ons kosbare Liefling Here my daarvan genees het kosbare Adina.
Dankie Janine vir die deel, in my geval was daar ‘n tyd toe ek dit ook gedoen het, die waarheid is dat al my gebede gebaseer was op herstel, en wel, ek is skaam om dit te sê, ek het ook na sy hand gesoek en nie syne nie gesig, die mooi ding is dat ons Geliefde by ons leer dat ons HOM s’n is en ons syne is, en in sy groot proses van liefde en herstel saam met HOM openbaar hy aan ons dat HY meer as genoeg is, dat Ons Geliefde kragtig is, Hy vul ons, Hy versadig ons met sy onuitputlike liefde.
Liewe Janine, My hoogste doelwit was ook om my huwelik te herstel. Die les wat jy deel was ook vir my ‘n eye-opener. Ek het my eerste Liefde verlaat. Ek stel my gewese man eerste. Ek is so baie dankbaar dat Hy my na hierdie bediening gebring het en my geleer en laat ervaar het dat Hy my eerste Liefde moet wees. Dit is so wonderlik om Hom as ‘n Hemelse Man te hê, ek geniet my lewe saam met Hom!