3 Finansiële Seëninge in Een Week

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. F419

Ek het 'n fantasiese lof om met julle te deel. Net om julle bietjie agtergrond te gee sodat julle kan verstaan. Die kinders se pa se besigheid het vanaf covid begin agteruit gaan en hulle sukkel om die verlies weer op te bou. Die gevolg is dat hy nie meer alles kan betaal nie en so met die jare saam moes ek die dinge wat hy veronderstel is om te betaal oorgevat. Die laaste van die was die huis gewees wat ek so paar maande terug moes begin betaal het so finansieel het ons begin sukkel om alles by te bring, maar natuurlik sal die Here voorsien.

Die week kon ek nie sien hoe ons deur die res van die maand gaan kom nie, maar ek sê toe vir my Man, ek weet Hy sal voorsien. Toe ek eendag my epos oopmaak, toe sien ek iemand het vir my geld in my Paypal rekening betaal. Wow, dankie, dit is genoeg om ons deur die maand te bring.

Natuurlik stop my Man toe nie daar nie, die week kom maak my boetie 'n draai by ons en sit 'n "air fryer" op my tafel. Hy sê toe dit is 'n vroeë verjaarsdag geskenk, want hy het dit vir hulle gekoop, maar dit is te klein vir hulle. Dankie my Man, ek wou so graag een hê.

Daar is nog. My sussie se dogter trou in Desember en ons genooi, maar die troue is 5 ure weg en ons moet self betaal vir ons verblyf en hoe om daar te kom. Ek kon nie sien hoe ons kon gaan nie, want ek het geen idee wat die toekoms vir ons inhou met die betaling van die huis nie en ek is ook nie seker of ek die 5 ure met ou karretjie sal kan maak nie. Ek het klaar my kinders begin voorberei dat ons dalk nie sal kan gaan nie en net gisteraand toe bel my boetie my en sê vir my hulle sal vir ons betaal en ons kan sommer saam met hulle ry. Wow, ek laat weet toe my sussie ons kan kom en sy sê toe vir my, hulle was van plan om vir ons te betaal en toe spring my boetie haar voor! Kan jy dit glo??? My Man het dit op altwee van hulle se harte gelê om vir ons betaal.

Hoe wonderlik is Hy? In een week wys Hy vir my dat Hy al ons behoeftes sal voorsien, maar nie net behoeftes nie, maar soveel meer. Dames, vertrou Hom en Hy sal vir jou deurkom, maak nie saak wat nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “3 Finansiële Seëninge in Een Week”

  1. Dankie dat jy al hierdie getuienis met ons deel kosbare Yvonne, wow en sommer drie seëninge in een week. Ons kosbare Here is werklik wonderlik!!! Ek sien uit om die getuienis te sien aangaande julle huis en die Here se voorsiening verder, want ‘n getuienis is beslis oppad.

    Dit laat my nou dink aan jare gelede: jy het my vertel van iets wat nie betaal was nie en ek het vir jou gevra wat gaan jy doen (want ek onthou jy het getrou jou 10de betaal en ek moet erken ek het gedink hoe betaal jy jou 10de nog). En ek sal nooit ooit jou antwoord vergeet nie: “ek weet nie, maar die Here sal voorsien en die Here het, want Sy woord sê:
    “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. M3:10 https://www.bible.com/af/bible/6/MAL.3.10.AFR83
    https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/vensters-van-die-hemel-oopmaak/

  2. Sjoe dankie dat jy gedeel het Yvonne, en soos jy altyd se; natuurlik stop Hy toe nie daar nie…. natuurlik gaan Hy ook nie nou stop nie, want Hy het altyd meer as wat ons ooit kan indink!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui