Wen sonder ‘n woord

Net so moet julle, vroue,aan jul eie mans onderdanig wees,sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is,hulle ook deur die wandel van dievroue sonder woorde gewin kan word. 1P3:1

Uittreksel uit Hoofstuk 8 “Sonder Woorde

Sonder Woorde Gewin kan Word. Wanneer iets my pla, moet ek dit met my eggenoot bespreek? Nee. Vra vir God om met jou eggenoot te praat. Ons moet nie ons vrese of belange of selfs ons begeertes met ons eggenoot bespreek nie. Eerder, moet ons eerste na Bo gaan; ons moet na ons Hemelse Vader gaan en by Hom pleit. Vra God om met jou eggenoot te praat oor wat op jou hart is (aangesien God direk bo alle mans is).

Dit het my herinner dat ek eers met die Here moet praat en stil moet bly. Die Here sal met die persoon praat en sy hart verander in hierdie saak. Dit maak nie saak wie dit is nie, gee dit eers vir die Here en wag dat die Here met daardie persoon daaroor praat. Ek kan wen sonder om 'n woord te sê en die moontlikheid van 'n argument vermy.

Ek wil jou aanmoedig om Hoofstuk 8 “Sonder Woorde te lees.

2 thoughts on “Wen sonder ‘n woord”

  1. Dankie Kristy, ek het altyd te veel gepraat en in meer skade as goed gedoen. Maar Hy het my geleer hoe kragtig wen sonder woorde is, en het al soveel keur gesien hoe Hy vir my deurkom as ek stilbly…

  2. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristy, net weer ‘n baie belangrike herinnering dat ek alles eerder vir die Here moet gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui