Wees Versigtig Met Jou Woorde

"Waar die hart van vol is, loop die mond van oor." M12:34

Kosbare vrou lees asseblief het treffende gedeelte waarmee Hoofstuk 11, Staar Egskeiding In Die Gesig begin:

So baie vroue, mans en veral diegene wat die hoof van hul huishoudings is, val in wat ek beskryf as die “Armoede Mentaliteit.” Groot gesinne word daarmee geteister. Die Armoede Mentaliteit is basies wanneer die frase: “Ek kan dit nie bekostig nie” ‘n persoon se woordeskat oorneem en gou hul harte binne gaan.

Vir jare het ek in die armoede mentaliteit geleef en presies daardie woorde so baie keer gesê: "Ek kan dit nie bekostig nie." Totdat ons Liefling Here my hierdie belangrike bybelvers geleer het en vandag is ek baie versigtig dat ek dit nie sê nie en ek weet ek het 'n Skatryk Man wat ongelooflik mooi vir my sorg:

"Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21

 So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om versigtig met jou woorde te wees en om te onthou waar jou hulp vandaan kom.

"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie." P121:2-3

4 thoughts on “Wees Versigtig Met Jou Woorde”

  1. Dankie liefste Janine vir die mooi boodskap,ja die Here ons geliefde is skat ryk en sorg vir ons in als.

  2. Dankie Janine, ek het daardie einste woorde ook so lank geuiter, maar ons moet dit omdraai en glo dat ons dit wat ons “nie kan bekostig nie” vir Hom gee en ons Geliefde vertrou daarmee. Dan moet ons net in vertroue wag vir Hom, partykeer in die wag het ek al besef dit wat ek wou he is nie regtig iets wat ek nodig het nie.

    Ons Geliefde is ons enige en ware Bron van ALLES.

    1. Ja kosbare Adina, ons kosbare Liefling Here is ons enige ware Bron van Alles, ek wil nooit ooit weer ‘n lewe sonder Hom hê nie, my lewe was so baie leeg, die tye wat ek dit sonder die Here probeer doen het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui