Sonder Die Here Kan Ons Nie

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie." J15:5

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 8 "Na Wie Luister Jy?"

Wanneer beledigings of aanvalle na my geslinger word, verwyder ek myself emosioneel en kruip agter my Beminde en Sy Liefde weg. So as jy huidiglik ‘n emosionele aanval ervaar, hou op om te luister (en ook om dit oor en oor in jou kop te herhaal) na wat hy of sy sê en skakel in by wat die Here vir jou sê.   

Hierdie is iets wat ek gereeld gedoen het deur elke emosionele aanval of enige probleem oor en oor in my kop te herhaal. Dit het bygedra dat my depressie net erger en erger geword het (maar deur ons kosbare Geliefde Here se genade is ek verlos van depressie). En natuurlik word ek nog steeds aangeval en kan ek nie in my eie krag stop en dit nie oor en oor in my kop herhaal nie, ek is totaal en al afhanklik van ons kosbare Geliefde Here se hulp om dit nie te doen nie.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om te glo wat die Here vir jou en oor jou sê in Sy Woord. Mediteer op Sy beloftes vir jou, dit help my ongelooflik baie nog steeds.

“Stel julle dit goed voor: Ek is soos die druiwestok; julle is soos die takkies. Sonder die druiwestok beteken die takkies tog niks nie. Net so beteken julle ook niks sonder My nie. Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My. Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees. So sal julle vir God ’n vrugbare lewe kan lei." J15:5(DB)

1 thought on “Sonder Die Here Kan Ons Nie”

  1. Ja, die vyand wil hê ons moet aanhou om te herhaal wat hulle vir ons sê, daardie beledigings wat ons seermaak, maar ons moet na Hom kyk en altyd onthou hoeveel dinge Ons Geliefde sou ly, altyd stilbly.
    Dit is medisyne vir my, met die wete dat HY deur sulke moeilike dinge gegaan het, en dat hy altyd sy blik op die Beloftes van God gevestig het.
    Dankie Janine vir die deel.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui