"Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21
Lees asseblief hierdie kort treffende gedeelte uit Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 4:
"Ons moet God se Woord spreek, sonder om te twyfel, met hoop op ons lippe. Maar wag totdat jy gevra word, voordat jy getuienis lewer."
Ek moet erken ek het glad nie God se Woord in my lewe ingespreek nie en inteendeel soveel negatiewe woorde in my lewe ingespreek. Ek het sonder om te dink woorde geuiter soos, skei my en my eggenoot het. Hy gaan seker nog met die ander vrou trou ook en hy het. My finansies is 'n gemors en dit was en so gaan my lysie aan en aan totdat ek geleer het om ons kosbare Liefling Here se Woord in my lewe in te spreek.
Ek deel 'n paar verse wat ek lief is om in my lewe in te spreek:
"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het." P121:2
"...Ewige vreugde sal op hulle hoof wees (is op my hoof); vreugde en blydskap sal hulle verkry (het ek verkry), maar kommer en gesug vlug weg." J35:10
"Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof." J17:14
Kosbare vrou onthou om God se Woord vandag in jou lewe in te spreek en nie jou eie vrese nie.
Liewe Janine, Dis reg, baie keer misluk ons deur te veel te praat of wat ons nie moet nie, ek dink dit is hoekom ons Geliefde ons nooi om volgelinge van HOM te wees, want in hom is daar woorde van die lewe, en deur sy woord is daar is opstanding, genesing, vertroosting en baie goed van ons Geliefde, ek dink ook dat ons so gepraat het, want dit was wat in ons harte was, maar noudat ons by ons Geliefde is, verander hy ons en word ons harte elke dag gevorm , heilig wat nie aan hom behoort nie en vul dit met hom… 💖
“Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.””
MATTEUS 12:37 AFR83
https://bible.com/bible/6/mat.12.37.AFR83
“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.””
LUKAS 6:45 AFR83
https://bible.com/bible/6/luk.6.45.AFR83
Dankie dat jy hierdie twee pragtige verse met ons deel kosbare Viera. Ek stem saam ek misluk soveel keer deur my eie mond, maar ja as ons ons meer en meer vul met Hom sal dit oorspoel.