Ons Kosbare Here Se Woord Genees

"Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink." P1:1-2 

Ek deel net 'n paar gedeeltes uit Hoofstuk 1, van Die Wyse Vrou, wat my ongelooflik gehelp het met my genesing en wat ek tot vandag toe nog beoefen:

  • Memoriseer ‘n vers en herkou dit oor en oor in jou gedagtes. Dan, op ‘n dag, sal dit wees asof die lig aangeskakel word in ‘n donker kamer; jy sal die Waarheid ken!
  • As jy jou hart vir God kan oopmaak en voortgaan om Sy Woord te lees, wat in die volgende lesse gevind kan word, sal Sy Woord veroorsaak dat jy sal honger en dors na Hom en Sy Waarheid.
  • Sy Woord genees. “Hy het hulle met ‘n enkele Woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.” Ps. 107:20. Sy Woord is die lig wat die donkerte sal verlig. “U woord is die lamp wat my die weg wys.” Ps. 119:105. Sy Woord is Waarheid.” Op U woord kan ‘n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig.” Ps. 119:160.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om gereeld asseblief God se woord te lees en te memoriseer want "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." H4:12

2 thoughts on “Ons Kosbare Here Se Woord Genees”

  1. Dankie vir die deel liefste Janine.Ja ons het Sy woord so nodig,Sy woord genees, gee wysheid, bemoedig en Sy beloftes.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui