Ons Het Nodig Om Te Laat Gaan Van Alles

“Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle onregtigheid” 1J1:9

Net soos die skrywer van die "Laat Gaan Les" moet ek bely dat ek nog steeds moet laat gaan van sekere dinge in my lewe. Laas week het ek gedeel oor hoe Bevrydend dit is om te Laat Gaan en ek moes seker verwag het dat ek getoets sou word daarmee. 

My kar het moeilikheid gegee en sommer in die ry begin uitsny. Ek het my seun gevra om my te help (ja ek weet ek was heeltemal verkeerd en moes net op my Liefling Here se hulp gewag het), wel my seun het my nie gehelp nie en ek was baie ongelukkig en seergemaak daaroor.

Natuurlik het ons Liefling Here my gehelp om my kar vir 'n ongelooflike goedkoop prys uit te sorteer en vanoggend toe sê my Liefling Here vir my omdat ek so ongelukkig was oor my seun wat my nie gehelp het nie (iets wat ons kosbare Here natuurlik toegelaat het, omdat Hy my wou help) het ek gister die wonderwerk van my kar wat so goedkoop reggemaak was misgekyk, eina ek weet!

Vandag moes ek my eie selfbejammering in ons kosbare Liefling Here se hande in laat gaan. En eerlik dit kon ek net doen met die Here se hulp, want as die Here my gelos het, het ek myself nog so bietjie jammer gekry en ek sou nie in staat wees om my seun te help toe hy my gevra het om hom te help met iets wat hy vir sy meisie wil koop nie.

So kosbare liefste vrou ek wil jou vandag weer herinner laat gaan van alles in ons kosbare Liefling Here se hande in, Hy weet wat Hy doen, jy moet Hom net vertrou.

Ek deel hierdie treffende gebed uit die les, wat jy saam kan bid:

My liefling Jesus. Baie dankie dat U my van al my laste wil bevry. U verlang dat ek laat gaan en U toelaat om met alles in my lewe af te reken en somtyds kan ek dit doen maar ander tye, neig ek om te dink ek kan beter doen as U. Ek is jammer dat ek nie op U genoeg vertrou nie. Ek is gewillig om alles voor U te lê by U voete, maar ek het regtig U hulp nodig omdat ek dit nie op my eie kan doen nie. Ek is lief vir U Jesus en dankie vir al die baie seëninge wat U ieder en elke dag vir my in stoor het. Amen. 

3 thoughts on “Ons Het Nodig Om Te Laat Gaan Van Alles”

  1. Liewe Janine,
    Baie dankie vir hierdie mooi les.
    Laat gaan is juis iets wat ek mee besig is en ek moet bieg, ek sukkel nogal sukkel.
    Dankie dat jy ons net weereens herinner het dat ons àlles aan Hom kan gee en mòet gee en dat Hý vir ons ‘n uikoms gaan gee.
    Sy uitkoms is permanent en vol seëninge, maar die wêreld se uitkoms is net tydelik.

    1. Liefste Betty, ek het self gesukkel om te laat gaan, maar ek het my Geliefde Here gevra om my te help, om my hart volkome na Hom toe te draai. Dit het ie dadelik gebeur nie, dit was ‘n proses, maar Hy het my gehelp. En vergifnis was een van die belangrikste aspekte vir my gewees om op die punt te kom waar ek waarlik kon se ek het laat gaan, maar daarmee het my Geliefde my ook gehelp, want uit my eie kon ek dit nie doen nie.

    2. Kosbare Betty oor jy dit erken is jy klaar ‘n stap nader aan laat gaan en glo my ek sukkel ook soms om party dinge te laat gaan en ek stem saam met kosbare Adina, dit was vir my ook ‘n proses en is nog steeds op sekere gebiede (soos wat ek moet erken met my kinders), maar dan vra ons ons kosbare Liefling Here se hulp en net weer ‘n bewys sonder Hom kan ons dit rerig nie doen nie.

      En ek weet sommer jy gaan een van die dae nog ‘n getuienis kom los en laat weet jy het heeltemal laat gaan. En ons hou aan probeer om heeltemal van alles te laat gaan saam met ons Liefling Here.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui