Om Te Laat Gaan Is So Bevrydend…

"Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie." J17:7-8 

Ek moet erken ek het baie lank gesukkel om my eggenoot te laat gaan. Ek was seker bang as ek my eggenoot laat gaan dat ek hom vir altyd sou verloor. Dit was eers baie later toe ek laat gaan het, dat daar 'n verandering in my lewe gekom het.

As ek net geweet hoe bevrydend dit is om te laat gaan, het ek my eggenoot van die begin af laat gaan, maar nou kan ek vir jou kosbare vrou vertel, laat gaan is ongelooflik bevrydend. Ek weet as ons laat gaan wys ons vir ons kosbare Liefling Here dat ons Hom totaal en al vertrou. (En dit geld nie net vir 'n eggenoot nie, maar alles in ons lewens, ons kinders, ons finansies...) Dan moet ek nou ook erken ek kry dit nie altyd reg om dadelik te laat gaan nie, maar dan herinneer my Liefling Here my weer dat ek moet onthou om te laat gaan want Hy weet wat om te doen.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om werklik ons kosbare Liefling Here te vertrou, Hy weet wat Hy doen en Hy soek al jou aandag en buitendien verdien ons kosbare Liefling Here al ons aandag. Ek wil jou ook aanmoedig om asseblief hierdie baie belangrike les aandagtig te lees en werklik die beginsel van laat gaan te volg - https://uiteindelikhoop.com/kursus/k2/d15/

4 thoughts on “Om Te Laat Gaan Is So Bevrydend…”

  1. Dankie liefste Janine, ek het ook lank gesukkel om te laat gaan, ek het my Geliefde gesmeek om my te help, en Hy het. “LET GO and LET GOD” Ons kan niks aan ons situasies verander nie, ons kan niemand se harte verander nie, MAAR ons kan ons situasies en ons geliefdes in Sy hande los om te doen wat net Hy alleen kan doen, ons moet Hom net vertrou en fokus op ons eie verhouding met ons Geliefde Here.

  2. Dis so pragtig kosbare Adina: “LET GO and LET GOD” en ja as ons mooi daaroor nadink kan ons niks aan ons situasies doen nie, ek maak in elk geval ‘n gemors as ek dit probeer oplos.

  3. Dankie liewe Janine, dat jy ons herinner het aan hierdie kragtige beginsel, wat vir my een van die mees ongelooflike beginsels is, en ek dink dit is waar dit alles begin, wanneer ons uiteindelik onsself bevry en in staat is om vorentoe te beweeg op ons reis, en verlaat alles agter vir ons om net aan Hy, ons Geliefde 🙏 vas te klou
    Ons weet dit is nie maklik nie, maar ons Geliefde is aan ons sy om ons te help en ons te lei op die pad om te volg… Trouens, ons gee vryheid vir die Here om met ons te doen WAT HY WIL, op alle gebiede 💖

    1. Ja kosbare Marta, ons Liefling Here is aan ons sy en gereed om ons te help, want ek weet ek faal ook nog partykeer om net heeltemal te laat gaan. En dis presies soos jy sê ons gee ons kosbare Here die vryheid om doen doen Wat Hy Wil en die oomblik wat ons dit doen wys ons vir die Here ons vertrou Hom totaal en al.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui