Niemand Het My Verstaan Nie

"U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is." J26:3

Toe my eggenoot my jare gelede gelos het vir 'n ander vrou het ek baie beslis gevoel asof niemand my verstaan nie. Ek het myself dan nie eens verstaan nie, so hoe kon ek verwag dat enige iemand anders my verstaan.

Die skrywer van Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 2 sê dat baie vrouens vir haar vertel dat sy nie verstaan nie, as sy hulle probeer aanmoedig of troos. Sy sê eintlik is hulle reg, want niemand behalwe ons kosbare Liefling Here kan heeltemal verstaan waardeur hulle gaan nie. Sy sê ons moet met die Here praat oor ons omstandighede en ons moet dat Hy vir ons gemoedsrus gee, want Hy weet wat die beste vir ons is. Ons moet net saam met Hom werk.

Ek stem heeltemal saam, want deur al my seer het ek ontdek dat my kosbare Liefling Here my verstaan en ek is ongelooflik spyt ek het nie van die begin dadelik na Hom toe gehardloop nie. Ek het gevoel ek werk so hard daaraan dat mense my net moet verstaan, om keer op keer teleurgestel te word, want ek kon dit nie regkry nie. En dit terwyl ons kosbare Liefling Here gewag het om vir my te wys dat Hy my heeltemal te goed verstaan. Hy het verstaan dat ek met 'n warboel emosies sit, wat net Hy kon uitsorteer.

Kosbare vrou voel dit of niemand jou verstaan nie? Voel dit asof hulle nie verstaan waardeur jy gaan nie? Wel ek wil jou aan hierdie feit herinner, ons kosbare Liefling verstaan jou en Hy verstaan al te goed waardeur jy gaan! So hardloop met alles na Hom toe en werk saam met Hom.

2 thoughts on “Niemand Het My Verstaan Nie”

  1. Dankie Janine, ek het ook geleer dat net ons kosbare Here verstaan waardeur ons gaan. Ek het met soveel mense gepraat wat nog nooit eers owerspel in hul huwelike ervaar het nie, en alhoewel ek weet hul het goed bedoel, kon hul raad my nie help nie en boonop was dit wereldse advies. En al het hul amper dieselfde beleef, ons almal se reise is anders en ons ervaar dit anders, daarom moet ons na die BESTE toe gaan, on Wonderbare Raadsman (https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/fda/h14/).

    1. Ek het ook met soveel mense gerpaat kosbare Adina en ek moet erken dan het ek nog boonop soveel verkeerde raad gevolg, maar ek is so dankbaar dat ons kosbare Liefling Here dit tot ten goede gebruik. En ja Hy is die Beste Raadsman ooit!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui