"Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar." S21:23
In Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 7 vra die skrywer hoeveel keer jou mond jou al in die moeilikheid laat beland het oor wat jy gesê het. Daar word verder gesê dat dit wat jy sê baie belangrik is.
Hierdie pragtige belofte word uit die les aangehaal:
“Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig” (Spr. 16:20).
My antwoord op die vraag is dat my mond my ongelooflik baie al in die moeilikheid laat beland het en nee ek het nie ag gegee op die Woord nie. Ek het so maklik van egskeiding gepraat as dinge nie reg verloop het nie.
En mens sou dink toe my eggenoot my los dat ek toe sou stil bly, maar ek het nie. Ek het vir hom gesê dat as hy my dan so graag wil skei, hy dit moet doen en ek het sommer vir hom 'n nommer gegee waar hy my goedkoop kon skei, wat hy toe gedoen het.
Ek het met so baie goed wat my eggenoot gedoen het nie saamgestem nie en my mening gelig. Selfs toe hy by die ander vrou ingetrek het en my kort kort opgesoek het, het ek te veel gepraat, want ek wou net sê hoe ek voel, maar vandag weet ek, ek het meer skade aangerig en moes net my vertroue in die Here geplaas het en stil gebly het. Vandag is my raad aan vrouens om net eerder stil te bly en die Here te vertrou, laat Hy die praatwerk doen, want Hy weet presies wat en wanneer gesê moet word. Sy tydsberekening is perfek!
Lees asseblief hierdie baie belangrike gedeelte geneem uit die les:
Probeer eerder iets vind waarmee jy saamstem in plaas daarvan om te verskil met alles wat jou eggenoot sê. As jy met niks saamstem nie, bly stil en glimlag!
Wow en lees hierdie gedeelte:
Om te vas is die enigste manier om waarlik bevry te word van `n groot mond! Glo vir my, jy sal te swak wees om te praat! Dit het vir my gewerk! Doen dit—vinnig!
Kosbare vrou kom ons hou ons monde in toom en bly net liewer eerder stil as wat ons onsself in die moeilikheid bring met te veel woorde.
"Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer." S13:3
"Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde." S18:21
"Meer woorde bring nie minder sonde nie. Hy wat sy woorde tel, is verstandig." S10:19