My Baie “Wat As” Vrae Het Vrees Net Meer Aangewakker

"Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing." IIT1:7

Die skrywer van Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 3 sê dat vrees een van die grooste aanvalle is wat jy sal moet oorwin.

Ek het die gewoonte gehad om te sê wat as my eggenoot rêrig skei... wat as hy by haar intrek... wat as hy met haar trou... en so gaan my lysie aan en aan.

Vandag weet ek, ek het alles in bestaan geroep want God se woord wat kragtig, lewendig en skerper as enige tweesnyende swaard is (H4:12) sê dood en lewe lê in die mag van die tong en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet (S18:21) en glo my ek het beslis die vrug van woorde geëet.

En sê nou maar net ek het nie alles in bestaan ingeroep nie en dit was bedoel dat ek deur alles moet gaan (want ons kosbare Liefling Here weet net beter), wil ek nog steeds erken en getuig dat my baie wat as vrae my absoluut niks gehelp het nie. Dit het net 'n groter vrees in my aangewakker en dit het baie beslis my geloof gesteel en natuurlik het dit my 'n groot kwesbare teiken vir die vyand gemaak.

En ek gaan nie nou vir jou sê dat vrees glad nie soms nog in my gedagtes wil opduik nie, maar lees die pragtige oplossing vir as vrees wel opduik:

"Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou." P56:4

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om al die wat as vrae te los en jou fokus op ons Liefling Here te hou en nie op jou omstandighede nie.

"Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word." S29:25

4 thoughts on “My Baie “Wat As” Vrae Het Vrees Net Meer Aangewakker”

  1. Liefste Janine, ek weet presies wat jy bedoel, die “wat as” vrae boesem ongelooflik baie vrees by mens in en ek het dit net so baie gevra. Ek weet vandag ek het lewe in daardie vrae gespreek. Daar is nog steeds tye wat ek wil vra “wat as”, maar dan is my Geliefde Here altyd vinnig om my aan ‘n belofte in Sy woord te herinner.

    Hierdie vers is een wat my altyd so gerustel en ek weet ek kan Hom vertrou en daaraan vashou:

    ‘ Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die Here. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle ‘n toekoms en hoop te gee. ‘
    Jeremia 29:11
    https://www.bible.com/af/bible/3499/JER.29.11

  2. Kosbare Adina ek moet ook erken daar is nog steeds tye in my lewe wat ek ook net wil begin vra wat as, maar ek is so dankbaar vir my Liefling Here wat my dan ook die versekering gee met Sy beloftes dat ek nie hoef te vrees nie.

  3. Hierdie is so mooi verse Janine “Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.” P56:4 Ja, ek het ook die laaste jaar baie te doen gekry met vrees en die vers wat my Liefling Here vir my gegee het was: “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” https://www.bible.com/af/bible/5/2TI.1.AFR53

    Maar somtyds kom vrees nog oor my. Ek gaan die twee versies kombineer.

    1. Somtyds oor my ook kosbare Yvonne.
      Ja dit gaan so mooi wees om dit te kombineer:
      “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” maar “Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui