“Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” L6:38
Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 9 "Gee"
Dit sluit ook in om nie te vra of te luister na almal se opinie oor wat jy moet doen nie. Selfs al “vra” jy nie vir advies nie, gaan jy advies kry as jy vir almal vertel (of slegs net ‘n paar of somtyds net een persoon) wat besig is om in jou lewe te gebeur. Dit is wanneer daardie “sagmoedige en STIL gees” in aksie gesit moet word. Wees stil oor wat in jou lewe aangaan en praat eerder met die Here daaroor—skakel jou foon af sodat jy Sy stem bo enigiemand anders se stem sal ken.
Hierdie is nie net 'n pragtige gedeelte nie, maar so belangrike gedeelte wat ons moet volg. Ek weet nie van julle nie, maar ek moet erken ek het 'n manier om te veel oor my lewe te deel en moet werklik stil raak oor my lewe.
Ek onthou hoe ek met iemand gesels het oor tiendes en dat ek my tiende (van 'n bedrag geld moes gee wat ek ontvang het - geld wat ek toe nodig gehad het). Die persoon het begin sê dat dit nie nodig was nie en ek moet erken, dit het my so deurmekaar gemaak en ek het begin twyfel of ek my tiende van daardie geld moes gee. Ek moes eers werklik met die Here gaan sit, toe Hy vir my gesê om dit net dadelik te betaal en glo my ek het niks kortgekom nie. Ek wil dit eintlik so stel (en jammer vir die Engels tussenin): Moet niks second guess wat die Here vir jou sê om te doen en wat jy weet die regte ding is om te doen nie. En dit gaan nie net oor finansiële gee nie, as die Here sê jy moet 'n persoon kontak en bemoedig, doen dit.
“Moenie die gedrag en gebruike van hierdie wêreld naboots nie, maar laat God jou in ‘n nuwe mens verander deur van plan te verander. Dan sal jy weet wat God se wil vir jou is—dat dit goed en aanvaarbaar en volmaak is.
3 Op grond van die voorreg en gesag[a] wat God aan my gegee het, waarsku ek elkeen van julle oor die volgende: moenie jouself beter dink as wat jy werklik is nie. Wees realisties om julleself te evalueer, doen dit volgens die mate van geloof wat God vir julle gegee het.”
https://www.biblegateway.com/passage/?search=romans%2012%3A2-4&version=NTV
Dankie vir die verse wat jy hier kom deel het kosbare Jewel.
Voordat ek dinge vertel het wat met my gebeur het, dinge wat my aardse man my vertel het, het ek dit vir my ma gaan vertel. Maar hierdie Beginsel het my so baie gehelp op hierdie Reis, en nou bly ek stil. Dit veroorsaak natuurlik dat ander jou vertel of vra, en soms nie op ‘n vriendelike manier nie, maar dit is nodig om niks te sê nie. En soos jy sê, neem alles na die Here toe, om nie geskud te word of in twyfel te kom nie.
Dankie Janine vir die deel.