Loof die Here want Hy is goed

Ek kom vanoggend net weer om vir ons wonderlike Vader te sê dankie vir alles.

Gisteraand, was my man vroeg bydie huis. Ek het ons dogtertjie klaar gebad, en hy het na my kamer toe geloop om ons te groet, kan ek net sê my man het my hello gesê met ‘n warm drukkie. Ek, my man en my dogtertjie is sitkamer toe waar ons so lekker gespeel het, my man het weer uit sy eie Jesus liedjies op gesit, en ons twee het so lekker gesing – terwyl ons “worship” draai my man om en sê vir my “dit is so wonderlik hoe mens vrede in jou hart het as jy vir Jesus gevind het. Ek kan nie ‘n dag gaan sonder God nie.” WHAT WOW, DANKIE LIEWE JESUS. My hart is so vol, daai woorde kom uit iemand se mond uit wat verlore is, iemand wat stukkend is, maar die Here help hom, nou is hy iemand wat na God toe hardloop, na 8 maande se bid dat hy sy hart terug sal draai na die Here toe. Julle werk net saam God, hou op alles in jou eie krag probeer doen, ek weet dit is makliker gesê as gedaan want ek maak self daai fout maar elke dag staan ek op en ek probeer weer! Terwyl jy in God se wagkamer is loof en prys die Here, sing uit jou hart uit vir hom want as jy dit doen vlug die vyand – “worship” so hard dat jy nie die vyand kan hoor nie. God verdien dit en MEER! Ek wil sommer huil want God is so GOED!

2 thoughts on “Loof die Here want Hy is goed”

  1. Kosbare Meagan dankie vir hierdie mooi getuienis, my hart loop oor van dankbaarheid oor wat die Here besig is om te doen, die Here verander harte van klip na harte van vlees, al die lof en een aan ons wonderlike Here.

  2. Dankie Meagan vir hierdie wonderlike getuienis van die Here se getrouheid! Ons kan net alles en almal in Sy hande laat gaan en vertrou dat Hy die goeie werk wat Hy begin het, sal voltooi!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui