Verlede week het ek geëindig met ‘n N.S., nadat ek ontdek het dat wat in die skatkissie was, was nie hoe ek dit onthou het nie. In plaas daarvan, het dit gesê, dat die bron van my krag was om my teenspoed goed te “ontmoet”
Daar is baie paaie wat ons kan neem om meer van hierdie beginsel te ontdek, maar die eerste prentjie wat ek opgemerk het, wat iets belangrik veroorsaak het, was toe ek die woord “ontmoet” my teenspoed opgemerk het.
Jare gelede terwyl ek op ‘n klein plaas gebly het, die plaashuis wat die Here eintlik gebruik het om my seun se huwelik aan sy vrou te herstel, was soos meeste plase. Dit was afgeleë. Ons naaste bure (ou familie vriende; vriende na wie my kinders as “tannie en oom verwys”) het presies 1.6 kilometer verder gebly. Selfs om by die plaashuis van die selde-gereisde hoofweg te kom, was ‘n kwart kilometer ver langs ‘n gruis oprit.
Die aand wat ek my teenstander “ontmoet”” het, was toe ek baie laat teruggekom het uit die stad uit. Met geen straatligte, geen ligte van enige aard, het ek in my oprit ingedraai en het stadig op die kwart kilometer lange gruis oprit gery, net om hoofligte te sien wat my gevolg het en ook ingedraai het. Natuurlik, het my hart in my bors begin klop en dit is toe wat ek ‘n besluit moes maak. Wanneer ek by my motorhuis kom, sou ek vinnig inry, dit styf toemaak en in hardloop na ‘n veiliger slaapkamer om te wag vir watookal op pad was? Of...
Wat ek gedoen het was om in te trek, uit my motor te klim en na die opening van die motorhuisdeur te stap terwyl ek gewag het vir die trok wat my gevolg het. Ek is nie seker hoe ek gestaan het nie; ek glo nie ek het uitdagend met my hande op my heupe gestaan nie (soos wat ons in die rolprente sien nie), maar ek weet een ding, ek was kwesbaar vir watookal op die punt gestaan het om te gebeur. Toe die trok stadig ingery het, het die venster afgerol en alhoewel dit donker was, was ek in staat om te besef dat dit my bure se seun was. Wat hy gesê het was, “Wow, jy is braaf! Ek is seker Gladys (die vrou wie se plaas dit was) sou ingehardloop het om my pa te skakel om sy haelgeweer te bring! Hoekom het jy net daar gestaan?” Ek het vir hom gesê eerder as om te hardloop en in vrees weg te kruip, vir God weet hoe lank, sou ek eerder wat op die punt staan om te gebeur van aangesig tot aangesig ontmoet.
Weereens lag ek omdat verlede week se boodskap gegaan het oor “Loer Uit, Moenie die Deur Oopmaak nie;” nou, hierdie week, sê ek om die teenstander te ontmoet en die opposisie van aangesig tot aangesig te ontmoet.
Tog, glo ek wat anders is, ek was nie veilig binne saam Hom nie, aan die slaap in Sy arms. Hierdie keer, en so dikwels, is ons buite in die oopte, kwesbaar vir die aanvalle wat seker is om met ons te gebeur. Dit is dan wanneer ons ons vrese, ons teenstander “ontmoet”… Nee, nie om gereed te wees om te veg nie, maar om nie gou te hardloop en weg te kruip nie, is wat ons kan doen wanneer ons in die Bron van ons krag in skakel. As Sy bruid, die ware bron van ons krag is Sy liefde en dit is hoekom ons kan glimlag en lag vir die toekoms Spreuke 31:25.