Hy werk als uit ten goede

"Vind jou vreugde in die Here, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer." Psalms 37:4

Ek moet vanoggend hierdie lofverslag deel want ek het weereens gesien hoe ons Geliefde dinge uitwerk as ons dit net vir Hom gee.

Net voor ek getrek het, het my seun sy kop gestamp toe hy van 'n waterglybaan afgegly het. In die proses het twee van sy maaltande seergekry. Dit het egter nooit probleme gegee nie maar onlangs het ek gesien die twee tande is swart. Ek het hom tandarts toe gevat en hy het my twee opsies gegee: hy kan die tande regmaak deur krone op te sit, maar omdat my seun nou eers 10 jaar oud is, gaan dit hom later baie probleme gee, die tweede opsie was om dit te trek wat nie regtig vir hom sal probleme gee nie want hy moet oor paar jaar draadjies kry. My Geliefde het my dadelik die tweede opsie laat kies, die enigste probleem is agv. sy ouderdom, moet dit in die teater gedoen word onder narkose.

Die datum vir die operasie is geskeduleer vir die Vrydag. Die kinders is nie die week en naweek by my nie, so my voormalige man (VM) sou hom vat en dan sou hy by hulle wees na die tyd. Nou vir my as mamma was dit nie die beste opsie nie want jy wil graag daar wees vir jou kinders as hul deur so iets gaan en in pyn is, maar ek het dit net vir my Geliefde gegee en dit daar gelos.

Dinsdag middag laterig het ek 'n epos van my VM gekry dat die tandarts die operasie moes uitskyf na volgende week omdat die narkotiseer eers dan beskikbaar is... ek moes die epos twee keer lees voor ek besef het dat my HM dit als ten goede uitgewerk het want volgende week is hul by my.

Maar dis nie al nie, my dogter kry volgende week Dinsdag haar boonste draadjies, so ek moet haar vat en sy gaan by my wees as dit begin seer word. Dan is my seun se operasie geboek vir Donderdag. So ek gaan daar kan wees vir altwee my kinders!!

Dit is so wonderlik om te weet ons kan net als in ons Geliefde se hande los, Hy sal als ten goede uitwerk!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Hy werk als uit ten goede”

  1. Dankie dat jy hierdie getuienis met ons deel kosbare Adina, net weer ‘n bewys as ons “let go”. Ons wonderlike Here is die Beste ooit!!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui