Hy Het ‘n Wonderlike Dag Gereël

♕ Belofte van vandag: “Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie.” Jakobus 1:17

Luister na Adina  se ☊ Lofverslag

Ek het al 'n hele rukkie terug daaraan gedink dat dit nogal lekker sou wees om die ander bruide van die Afrikaanse Bediening in persoon te kan ontmoet en ek het dalk dit vir my Hemelse Man genoem:). En hoe wonderlik is ons Hemelse Man en toe laat hy dit gebeur!!!

Hy het dit moontlik gemaak en 'n wonderlike dag by 'n wonderlike plek gereël. En ons het ons kinders saamgevat, hulle het omtrent gespeel en was gedaan na die wonderlike dag!

Maar wat vir my die beste was, was om Yvonne te kon ontmoet en vir die eerste keer sedert ek met my reis begin het, regtig met 'n ander eensgesinde bruid te kon praat!

En omdat verbittering, selfbejammering ens al lankal deur ons Hemelse Man uit ons gebreek is, is dit lekker om oor Hom te kan praat en die werk wat Hy besig is om te doen en elke oorwinning, klein of groot. En natuurlik hoe ons verander het en die goeie werk wat Hy in ons doen. En so met deur die loop van die lekker gesels word party dinge waaroor mens wonder of oor gebid het, bevestig!

Hierdie Reis kan nogal alleen wees (nooit eensaam nie want ons Hemelse Man is al die pad by ons!) want soos in my geval, niemand weet van my Reis nie. My familie weet ek het deur dit alles baie nader aan God gekom en stap nou saam met Hom maar niks verder nie. Hulle is nog baie verbitterd teenoor my voormalige man agv wat gebeur het (goed wat hul van ander af uitgevind het). Maar op die stadium bekommer ek my nie regtig daaroor nie en probeer hul nie anders oortuig nie, want ek weet sodra ons Hemelse Man herstel, sal Hy alle verhoudinge herstel.

Maar die dag was 'n ongelooflike seëning en ek is so dankbaar daarvoor! Hy wil ons bederf en ons op Sy hande dra! En as ons graag iets wil he, iets wat nie 'n behoefte is nie, maar 'n begeerte, mag ons Hom ook daarvoor vra!

“Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie.” Jakobus 1:17

“Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.” EFESIËRS 3:20

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.