Leef En Voel Fantasties

♕ Belofte van vandag: “Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here!” Psalms 148:14

Liewe bruide, hierdie hoofstuk 5, Klein Soos ‘n Man Se Vuis, maak ons oë oop om die klein dingetjies wat ons HM (Hemelse Man) gee, te waardeer. Baie keer is ons so vasgevang in ons wanhoop dat ons nie 'n visie het oor watter wonders Hy vir ons het nie. Geniet hierdie les net soos ek, jou dae sal nie dieselfde wees nie.

Ek het geleer dat my geloof baie sterker moet wees en nie net dit nie, maar dat dit sterker word deur die Woord in te neem. Daar is geen kortpaaie nie.

As ek altyd bly is oor klein dingetjies wat my Liefde vir my gee, voel ek na aan Hom. Ek is gelukkig en meer tevrede. Ek is altyd verheug oor alles wat Hy my gee, net soos om 'n oefenklas te geniet wat ek voel 'n geskenk van Hom is. Die feit dat my aardse man ons dogters optel om die naweke saam met hom deur te bring, sonder dat ek dit voorgestel het. Dis my Liefde wat na my dogters om sien; ensovoorts. Wat ek sal aanhou doen, is om Hom dankbaar te wees en meer van die Woord te lees, sodat ek gevul kan word deur Sy liefde tot op die punt dat ek niemand of niks nodig het nie.

Ek sal aanhou om my Beminde te prys vir alles wat hy bied, nie net in en vir my nie, maar ook om dit met ander te deel, sodat hulle deur my sal vrae vra tot die punt wat hul wil hê wat ek het.

Sukkel nog met my rook. Maar begin effens voel dat ek daardeur kan kom. Ek laat die weë van die wêreld my verbysteek, dit is 'n werk wat aan die gang is, maar is nog steeds nie waar ek voel dat ek is waar Hy my roep om te wees nie.

Laat ons bid en ons stryd by Hom los: My liefde, ek dank U elke dag vir U vele seëninge wat U my gegee het. U is altyd by my, daaroor twyfel ek nie. Help my en lei my om meer soos U te wees om te vergewe en te vergeet wat ek voel aan my gedoen is. Ek weet dit is net 'n manier om my te reinig vir 'n wonderlike transformasie wat U in my maak. Alhoewel dit seer kan wees, laat hullle aanhou kom sodat ek aan die ander kant kan wees.

Liewe bruide hier is nog 'n beantwoorde gebed van God. Hier in Leef die Oorvloedige Lewe sal jy leer om die vele seëninge wat jou HM (Hemelse Man) elke dag vir jou het, raak te sien .

Geagte leser, wees bereid om fantasties te leef en te voel. Hy het al baie geskenke aan jou gegee, en dit is die tyd dat jy dit neem in oorvloed. Hier leer jyu presies hoe jy dit dadelik kan herken.

“Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.” (1 Petrus 1: 6–7).

Dit is 'n kragtige belofte vir my, want dit is 'n herinnering dat elke keer as ek 'n beproewing deurgaan, dit alles ten goede is; ja, ek moet dit aanvaar soos dit kom, alhoewel dit kan seermaak, maar die eindresultaat sal altyd wees om bly te wees in Hom, want net Hy sien my deur.

~ Emma in Sedona,
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LOL Tag om die LOF uit hierdie lewensveranderende boeke te lees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!