"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig" 2K1:3-4
Ek weet as mens deur seer gaan kan mens jou nooit ooit indink dat dit as getuienis gebruik kan word nie. Ek het ook nooit ooit gedink dat dit waardeur my suster is as kind, eendag gebruik kan word om ander vrouens te help nie. Ja dis baie aaklig wat aan my suster gedoen was, maar vandag is dit 'n getuienis hoe die Here haar gehelp het om te vergewe en om haar vrede in die Here te vind. Mens hoef nie met daai rou seer rond te loop nie, die Here wil dit genees. Moenie dat jou seer veroorsaak dat jy probeer weg hardloop vir die Here nie, hardloop na die Here toe en laat Hy jou genees.
Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde. P147:3
Ek deel weer Esther se getuienisse, oor die Here se genesende liefde.
Dit wat jy vanoggend hier se is so mooi en waar wat jy se liefste Janine, baie dankie <3
Dankie liefste Meagan, ja ons moenie toelaat dat seer dat ons weg van die Here af beweeg nie, maar eerder nader aan die Here, want Hy is die Een wat daardie seer kan genees.