Hardloop Agter Die Here Aan

"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” M11:29-30

Ek dink nie ek kan dit anders stel as om reguit te sê vir so lank het ek agter my eggonoot aangehardloop en glo my dit was 'n uitputtende gehardloop, geen wonder hy het so vinnig weggehardloop nie😂. In plaas van om net agter ons kosbare Liefling Here aan te hardloop en die beste is Hy het nie weg gehardloop vir my nie, Hy het my met ope arms verwelkom.

Toe ek Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 16 lees het hierdie pragtige gedeelte vir my uitgestaan wat ek met jou kosbare vrou wil deel:

Kosbare mens, onthou die hoofstuk, “Hunker na Wie?” in my eerste boek, Vind die Oorvloedige Lewetoe dit bewyse gegee het dat om agter die Here aan te hardloop sal beteken dat geluk agter jou aanhardloop? Dit is nou meer waar as ooit liewe bruid. Wat ook waar is, is dat sodra jy agter die Here aanhardloop, en Hy jou toelaat om Hom te vang—Sy liefde alles sal verander, alles. Want daar is niemand soos Hy nie, nie in hierdie hele groot wêreld nie.

Ek kan getuig na jare en jare se agterna hardloop agter my eggenoot aan en dinge van die wêreld, dat daar niemand in hierdie hele grote wye wêreld is soos die Here nie!!! Sy liefde verander werklik alles, dis net Hy wat my hierdie vrede en geluk kon gee wat alle verstand te bowe gaan. En ek sê weer dit beteken glad nie dat Hy nie jou huwelik wil herstel nie, my punt is hardloop agter ons kosbare Liefling Here aan en kyk hoe Hy jou hele lewe verander en jy vrede en geluk ervaar ten spyte van jou omstandighede.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui