Toe ek jare gelede geskei het, het ek selfs meer die verkeerde pad gevolg as wat ek en my man saam gevolg het. As ek terugkyk op my lewe besef ek dat God my nie gelos het nie en my aangehou terugroep na Hom toe. Ek het so skaam gekry oor my verlede en God so baie keer gevra om my te help om my net te help om my verlede te vergeet en nooit in my wildste drome gedink my verlede sal tot nut wees om ander vrouens te help en hulle te waarsku wat om nie te doen nie.
Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie. TITUS 2:3-5 AFR83
Dankie my Wonderlike Hemelse Man, dat U my nie gelos het nie, dat ek nie net 'n verlore saak was nie en dat U my slegte verlede vergewe het en gebruik om ander vrouens te waarsku en te help.
Liefste Janine, ons hou partykeer so vas aan wat ons verkeerd gedoen het. Ons weet as ons Hom vra vergewe Hy ons en was ons skoon, maar dit is SOOOO moeilik om onself partykeer te vergewe en ons wil vashou aan die skuldgevoellens. Maar dis so onnodig om vasgevang te bly en gebukkend te gaan onder die skuldgevoellens! Daar is paar Lewenslesse hieroor, een waaraan ek nou so vinnig kan dink is: Week 13 “Vals Skuld en Vergifnis” https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w13/
Jys reg liefste Adina, ek wou my sondes van my vrlede gebruik om ander te waarsku wat om nie te doen nie, toe het my HM vanoggend gesê ek hoef nie al my sondes te ontbloot nie, want ek is alreeds vergewe. Dankie vir die lewensles liefste Adina, ‘n baie waardevolle les, want ons dra baie keer onnodig al die skuld op ons skouers en ek is so ongelooflik dankbaar dat my HM als omdraai en ten goede gebruik.