Glo Die Here Vir Groot Dinge

“Ek is die HERE die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” J32:27

Met die lees van Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 7 is ek net weereens herinner dat niks vir ons kosbare Here onmoontlik is nie en dat ons Hom vir groot dinge moet glo.

Ek het ons kosbare Here vir die herstel my huwelik vertrou, iets wat rerig heeltemal onmoontlik was, en my huwelik was herstel. Na die herstel van my huwelik het ek gesê ek kan my huwelik weer 'n keer verloor maar solank ek net nie die Here verloor nie en ek het bedoel wat ek sê, dus toe ek weer my huwelik verloor, het ek staande gebly, want in die proses het ek die Here as my Hemelse Man leer ken. Nou vertrou ek die Here dat ek nader en nader aan Hom sal beweeg en vertrou Sy wil vir my lewe.

Ag, Here my GOD, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. U bewys u troue liefde aan duisende geslagte, maar U straf kinders vir die sondes van hulle ouers. Groot en magtige God, u Naam is die HERE die Almagtige. U besluite is magtig, u dade groot. U sien alles wat die mense doen. U gee aan elkeen wat hom toekom, U beloon elkeen volgens sy dade.” J32:17-19

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om die Here te vertrou vir groot dinge, want niks is onmoontlik vir Hom nie.

4 thoughts on “Glo Die Here Vir Groot Dinge”

  1. Dankie liefste Janine, ja ons kan die Here vertrou vir eninge iets maak nie saak hou groot dit is nie, Hy kan eninge iets doen.

  2. Dankie liefste Janine, ek dink ons glo baie keer nie regtig dat die Here groot dinge kan vermag nie, of ons glo nie dat Hy vir ons groot dinge wil doen nie. Maar Hy kan, ons moet net weet niks is vir Hom onmoontlik nie want Hy is die Skepper van die hemel en aarde, en Hy wil ook vir ons groot dinge doen, ons moet Hom net vertrou.

    1. Ja kosbare Adina, ek stem saam met jou soms glo ons dit nie rerig heeltemal nie, as ons net werklik besef hoe groot ons kosbare Here is!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui